中国体育彩票

图片
Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) doen navorsing van die hoogste gehalte. As een van die top navorsingsinstellings in Afrika vir mediese en gesondheidswetenskappe, is die fakulteit aan die voorpunt van baanbreker navorsing in die gesondheidswetenskappe. Ons wetenskaplikes ontvang deeglike erkenning by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se Wetenskaplike Merietetoekennings. In onlangse jare het ons navorsers ongekende sukses behaal met die verwerwing van eksterne navorsingstoekennings. Dekades van volgehoue ywer op die gebied van biomediese navorsing, het ons fakulteit en sy Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) op die wêreldtoneel gevestig. Ons presteer as 'n toonaangewende navorsingsryke omgewing met uitgebreide samewerking regoor die wêreld, benewens ons nasionale en kontinentale vennootskappe.

Die FGGW huisves meer as honderd navorsers wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) gegradeer is, en verskeie navorsingsleerstoele van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI); bo en behalwe ons akademiese departemente, sentrums, buro's, en institute. Meer as 90 meesters- en PhD-vlakprogramme word aangebied.

Navorsingsaktiwiteite en uitsette van die FGGW het met die bestek van tyd aansienlike groei getoon. Ons navorsers maak indruk in die mees gerespekteerde internasionale tydskrifte. 'n Getuienis van ons trotse navorsingstradisie is die jaarlikse fakulteitsuitset van honderde eweknie-beoordeelde wetenskaplike artikels en referate wat in Suid-Afrika en in die buiteland gelewer word. Meer as 80 meesters- en 50 doktorale kandidate wat elke jaar aan ons fakulteit gradueer, vorm 'n uitmuntende kohort van biomediese navorsers. 'n Navorsingsagenda wat deur strategiese navorsingstemas gevorm word, verseker dat ons navorsingsaktiwiteite die belangrikste gesondheidsuitdagings aanspreek wat die Afrika-kontinent en die wêreld in die gesig staar.

Ons fakulteit poog om ons bydrae tot die ontdekking, deel en vertaling van kennis voort te sit, wat beide gesondheid en ontwikkeling sal bevorder; en om toekomstige biomediese navorsers as betrokke burgers en denkleiers te ontwikkel.?

 

 

 ? Klik hier om deur die US se navorsersprofiele te blaai.

Hier kan nasionale en internasionale navorsingsmedewerkers en bedryfsvennote die gids vir US-kundiges deursoek; voornemende nagraadse studente kan potensi?le studieleiers identifiseer; en joernaliste kan geskikte kundiges vind om oor spesifieke kwessies in gesprek te tree.?