Strategie en fokusgebiede
???????INLEIDING
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontwikkel by wyse van ’n deelnemende proses elke vyf jaar ‘n nuwe strategiese plan. Ons Strategiese Plan 2019–2024 verskaf die raamwerk waarvolgens die FGGW se strategiese fokusgebiede uitgestip, in bedryf gestel en beoordeel word.
Die huidige plan bou voort op die stewige fondamente van ons vorige prestasies, maar hou ook rekening met ’n aantal nuwe ontwikkelings, die jongste tendense en die verskeidenheid uitdagings in gesondhe?idsorg en gesondheidsberoepe-onderwys. Die Fakulteit se strategie is met die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk: 2019–2024 belyn.
Geen strategie moet as “gegiet in beton” beskou word nie – ons verkies om beplanning in ’n snel veranderende en uitdagende omgewing dinamies te benader en voortdurend te ontwikkel. Die strategiese plan is dus ’n lewende dokument wat minstens een keer per jaar hersien en aangepas word. Ons moet voortdurend bewys dat die Fakulteit rats kan beweeg, dat ons mense veerkragtig is en dat ons ingesteldheid voortdurend vernuwende denke bevorder
STRATEGIESE FOKUSGEBIEDE
?In die FGGW se Strategiese Plan is hierdie institusionele strategiese temas in die onderstaande ses strategiese fokusgebiede omskep:?-
Strategiese Fokusgebied 1
Fokus op sistemiese volhoubaarheid en die aankweek van innovering – neem leiding deur die voorbeeld van ’n florerende fakulteit te stel.
-
Strategiese Fokusgebied 2
Fasiliteer ’n transformerende opvoedkundige ervaring wat ons gegradueerdes daarop voorberei om uit te blink en leiers te wees.
-
Strategiese Fokusgebied 3
Sluit wederkerige vennootskappe en netwerke, wat inklusiewe belanghebberbetrokkenheid bevorder.
-
Strategiese Fokusgebied 4
Verskaf onderrig en leer wat in ’n netwerk gesitueer en samewerkend is; bevorder ’n leergerigte paradigma.?
-
Strategiese Fokusgebied 5
Verrig impakgerigte navorsing van wêreldgehalte; bevorder ons reputasie vir uitmuntende navorsing wat met die ernstigste gesondheidsuitdagings op die kontinent belyn is.
-
Strategiese Fokusgebied 6
Fasiliteer ’n sin van tuishoort; kweek ’n mensgerigte Fakulteitskultuur ?met die oog daarop om die gesondheidswetenskappefakulteit van voorkeur te word.?
?
?
?
?