中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
??????????????????????????????Header.jpg???

Dit is vir ons baie belangrik om jou privaatheid te beskerm. Die volgende inligting sal jou help verstaan waarom ons jou inligting insamel, stoor en gebruik. Ons sal jou inligting vertroulik hou en sal dit slegs bekend maak indien ons wetlik verplig word, indien ons dit móét doen om ons ooreenkoms met jou na te kom, of indien jy ons toestemming gee.?

Vir enige vrae, kontak ons gerus by?info@sun.ac.za?.

Om meer te lees oor ons benadering tot privaatheid besoek die??hand_click.jpgOorsigbestuur van persoonlike inligting webblad hier?.

Hierdie privaatheidskennisgewing (Januarie 2023) is deel van ons ooreenkoms met jou. Ons sal dit dalk van tyd tot tyd moet bywerk, maar ons sal jou in kennis stel wanneer dit gebeur. Lees asseblief hierdie kennisgewing in samehang met die bepalings en voorwaardes van toepassing op die produkte ?of dienste wat jy gebruik.??

?

?


?

?

?

Ons is die Universiteit Stellenbosch (die Universiteit). Ons is ’n tersiêre instelling ingevolge die Wet op Ho?r Onderwys, en ons straatadres is Adminblok B, Victoriastraat, Stellenbosch. ? ?

?

2.1. Wanneer jy ons webtuiste besoek, samel ons persoonlike inligting in.

Wanneer jy ons webtuiste besoek, samel ons die inligting in wat jy aan ons gee wanneer jy ’n vorm invul, soos jou naam en e-posadres.

 2.2. Ons samel inligting in terwyl jy op die webtuiste rondsoek.

Wanneer jy op www.sun.ac.za rondsoek, samel ons standaardinligting oor jou internetverbinding en webtuistegebruik in. Ons gebruik hierdie inligting om ons die webtuiste en ons aanlyn dienste te help verbeter. Die soort inligting wat ons insamel, sluit in die webadres waarvan jy kom, jou IP- adres, domeintipe, weblesertipe, die land en skakelkode waar jou toestel gele? is, die webblaaie waarna jy gedurende jou besoek kyk, die skakels waarop jy klik, en enige soekterme wat jy op ons webtuiste intik (gebruikersinligting).

 2.3. Ons bekom inligting wanneer jy ons kampus besoek of ‘n geleentheid op kampus bywoon.

Die Universiteit is by magte om inligting van jou in te samel om toegang tot kampus of geleenthede op kampus te fasiliteer. Dit kan die versameling van gesondheidsinligting insluit, in ooreenstemming met relevante organisatoriese gesondheids- en veiligheidsregulasies en - wetgewing. wat op kampus plaasvind. Dit sluit in digitale opnames, films, video’s, audio, en foto’s. Enige opnames van besoekers mag gebruik word sonder vergoeding aan die betrokke persone. Sulke opnames sal tipies gebruik word vir verslagdoening van geleenthede, vir bemarking- of sekuriteitsdoeleindes.

Indien jy nie tydens kampusbesoeke of geleenthede by sulke opnames ingesluit wil wees nie, verwittig asseblief jou gasheer of die ko?rdineerder van die geleentheid en ons sal, waar redelik prakties en moontlik, die nodige meganismes voorsien om jou van sulke opnames uit te sluit.

 2.4. Persoonlike inligting van minderjariges.

Ons onderneem om nie doelbewus persoonlike inligting van persone onder 18 jarige ouderdom te bekom sonder geskrewe toestemming van ‘n ouer/voog nie. ? ?

?

3.1. Ons beantwoord jou navrae.

 Indien jy ons met ’n navraag kontak, sal ons die inligting gebruik wat jy voorsien om te reageer.

 3.2. Ons gebruik inligting om jou betalings te prosesseer.

 Ons gebruik die betalingsinligting wat jy aan ons voorsien om die betalings aan die Universiteit te verwerk.

 3.3. Ons gebruik jou inligting om skenkings te prosesseer.

Ons gebruik die inligting wat jy verskaf om enige skenking aan die Universiteit te prosesseer. As jy skenk deur 'n trust wat aan die Universiteit geaffilieer is, insluitend die Stellenbosch Trust of Regsfakulteitstrust, kan daardie trust jou skenkerinligting met die Universiteit deel.

 3.4. Ons gebruik koekies om jou webtuiste-ervaring te optimaliseer, maar jy kan dit weier

Ons gebruik inligting wat ons met koekies en ander tegnologie? insamel om jou gebruikservaring en die algehele gehalte van ons webtuiste te verbeter. Ons gebruik anonieme koekies om data in te samel oor hoe jy ons webtuiste gebruik sodat ons jou webtuiste-ervaring kan verbeter en optimaliseer. Koekies alleen kan nie bepaal wie jy is nie; dit herken slegs jou webleser.

Om beter te verstaan hoe besoekers ons webtuiste gebruik en om gebruikers se ervaring te verbeter, gebruik ons derdepartyverskaffers van ontledingsdienste, soos Google Analytics, wat koekies op jou toestel kan plaas. As jy wil, kan jy jou webleser stel om nié koekies te aanvaar nie. ? ??

4.1 ?Ons sal nie jou inligting vir eie gewin verkoop of bekend maak nie.

Ons respekteer jou privaatheid en sal nie jou inligting aan ander instellings of maatskappye verkoop of bekend maak sodat hulle dit vir hulle eie doeleindes kan gebruik nie. Ons maak slegs inligting bekend as dit nodig is om die dienste te lewer wat jy versoek.

 4.2. Ons kan volgens wet verplig wees om jou inligting bekend te maak.

Soms kan ons wetlik verplig word om jou inligting bekend te maak, byvoorbeeld indien die polisie ’n lasbrief uitreik of ’n hof ons beveel om inligting te onthul. Ons sal altyd seker maak dat die versoek geldig is.

5.1. Ons neem jou privaatheid en die veiligheid van jou persoonlike inligting ernstig op.

Ons het redelike veiligheidsmaatre?ls getref op grond van die sensitiwiteit van die persoonlike inligting om dit teen verlies, misbruik en ongemagtigde toegang, bekendmaking, wysiging of vernietiging te beskerm. Ons moniteer byvoorbeeld gereeld ons stelsels vir moontlike kwesbaarhede en aanvalle. Tog is geen stelsel volmaak nie. Daarom kan ons nie waarborg dat niemand ooit die inligting sal kan bekom, bekend maak, wysig of vernietig weens ’n sekuriteitsbreuk in enige van ons fisiese, tegniese of bestuursveiligheidsmaatre?ls nie.

 5.2. Ons sal jou in kennis stel indien jou privaatheid ooit gekompromitteer is.

Hoewel ons nie alle veiligheidsbedreigings kan voorkom nie, het ons maatre?ls getref om die risiko vir jou privaatheid te beperk indien enigiets sou gebeur. Ons sal jou in kennis stel van enige sekuriteitsbreuk wat jou persoonlike inligting raak, tensy die wetlik vereis word om dit te nié doen

Jy het die reg om te weet watter soort persoonlike inligting ons oor jou het, en om dit reg te stel. Jy het die reg: ?

  • om te vra watter persoonlike inligting ons van jou het;
  • om te vra watter inligting aan ons diens- en ander verskaffers of enige ander derde party gestuur is;
  • om ons te vra om enige verouderde of verkeerde persoonlike inligting wat ons van jou het, by te werk, reg te stel of te skrap;
  • om enige direkte bemarkingskommunikasie wat ons dalk aan jou kan stuur, van die hand te wys en nie verder te ontvang nie; en
  • ?om beswaar te maak teen die verwerking van jou persoonlike inligting.?

?

? ?
?
?

?
?Om toegang? te versoek tot die inligting wat ons van jou het óf om jou persoonlike inligting reg te stel, stuur ’n e-pos na?paia@sun.ac.za. Om jou inligting te beskerm, kan ons op bewys van jou identiteit aandring.

?
?