Transformasie en Diversiteit
Die Universiteit Stellenbosch (US) streef na 'n verwelkomende kampuskultuur waar studente, personeel en besoekers tuis sal voel, ongeag hul herkoms, etnisiteit, taal, geslag, godsdienstige en politieke oortuigings, sosiale klas, gestremdheid of seksuele ori?ntasie. Dit sluit onder meer in die skep van 'n multikulturele omgewing waar verskillende kulture ontmoet en van mekaar kan leer.
Sekere aspekte van transformasie is reeds aan die gang binne verskillende sfere van die universiteits-omgewing, maar in 2012 is die Viserektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel versoek om in 2013 'n omvattende en ge?ntegreerde Transformasieplan voor te lê wat met 'n verskerpte fokus en versnelde tempo in werking gestel sal word. Diversiteitsbevordering is 'n belangrike aspek van transformasie aan die US, maar transformasie strek veel dieper en wyer as net die demografiese samestelling van die kampusgemeenskap. 'n Verwelkomende kampuskultuur, toeganklikheid, 'n meertalige akademiese aanbod, sistemiese volhoubaarheid, beter integrasie tussen leer- en leefruimtes, asook koshuisbewoners en studente wat privaat bly, die ontwikkeling van entrepreneuriese denke, akademiese innovasie en relevansie vir die samelewing is van die ander doelwitte.
Die Universiteit het hom wel verbind tot die diversifisering van sy studente- en personeelkorps in ooreenstemming met die samestelling van die Suid-Afrikaanse samelewing, maar dit gaan ook oor 'n diversiteit van idees en standpunte wat nuwe denke stimuleer en uitnemendheid bevorder. Dié verbintenis word as kernprioriteit in twee koersaanduidende beleidsdokumente uiteengesit: die US se Institusionele Plan 2012-2016, en die die Strategiese Raamwerk vir Eeuwisseling en Daarna (2000).
? Diverse en verwelkomende kampusgemeenskap dra daartoe by dat die US sy kundigheidsbasis sal uitbrei, sy status as voorloper-instansie verstewig, en ? aktiewe rolspeler sal bly in die uitbou van ? demokratiese Suid-Afrika. Dit verseker ook die lewering van kritiese en aktiewe afgestudeerdes wat hul plek in ? multikulturele burgerlike samelewing kan volstaan.
Die US sien 'n noue koppeling tussen akademiese uitnemendheid en relevansie, bre? transformasie, diversiteit, studentesukses en 'n verwelkomende kampuskultuur. Terwyl die Transformasieplan gefinaliseer word, gaan die US voort met bestaande inisiatiewe om die studenteprofiel te verander in ooreenstemming met sy gestelde doelwitte, en 'n meer diverse personeelkorps te vestig. Sport word ook gesien as 'n kragtige instrument om diversiteit te bevorder en mense te verenig..
Transforming Stellenbosch 中国体育彩票 into a national asset and African partner
(net in Engels beskikbaar)
??