?Beste kollegas en studente
Ek gee graag terugvoer oor die gesprekke
en besluite van die Universiteit Stellenbosch (US) se Institusionele Komitee
vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) by ons geskeduleerde vergadering van Woensdag 28
Julie 2021.
Risikovlak 3
Ons het kennis geneem van president Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondag
(25 Julie) dat Suid-Afrika terugkeer na aangepaste risikovlak 3 noudat daar
aanduidings is dat die derde vlaag COVID-19-infeksies besig is om af te plat.
Vir die Universiteit beteken dít dat die voorskrifte wat die Departement van Ho?r Onderwys en
Opleiding (DHOO) op 29 Maart vanjaar uitgereik het, van krag bly. Die
voorskrifte bied ho?ronderwysinstellings heelwat beweegruimte om hulle eie
werksaamhede te bestuur, onderworpe aan COVID-19-protokolle.
Leer-en-onderrigmetode
Ons het ná deeglike oorweging
besluit om voort te gaan met aangevulde afstandsonderrig, -leer en -assessering
(ARTLA) wanneer die tweede semester op 10 Augustus 2021
begin. Dít beteken dat studente, nes in die eerste semester, vir ’n kombinasie van
kontak- en aanlyn sessies na die kampus sal? terugkeer. Fakulteite sal weer die
modulespesifieke besonderhede op hulle onderskeie webtuistes plaas. Vir maklike
toegang tot die fakulteitsblaaie, klik bloot op die spesiale blokkies op die US se COVID-19-blad.
Koshuisstudente sal ook na die kampus
terugkeer.
Die IKBV bly verbind tot datage?gronde
besluitneming, en dus hou ons die koronavirussiekte-pandemie uiters noukeurig
dop om te sorg dat dit veilig is om op dié manier voort te gaan. Indien daar
enigiets gebeur wat vereis dat ons hierdie plan aanpas, sal ons julle so gou
moontlik laat weet.
COVID-19
Die pandemie hou steeds ’n aansienlike
bedreiging in. Prof Juliet Pulliam, direkteur van SACEMA (die DWI-NNS Sentrum
van Uitnemendheid in Epidemiologiese Modellering en Ontleding), het in haar
voorlegging aan die IKBV uitgewys dat hoewel die derde vlaag nasionaal sy piek
bereik het, dít nog nie in alle provinsies die geval is nie.
Infeksies in die Wes-Kaap styg steeds,
ofskoon op ’n laer vlak. Dit duur langer as wat voorheen verwag is om die piek
van ons derde vlaag te bereik, maar die getal nuwe infeksies behoort binne die
volgende week of twee te begin afneem.
Dit bly noodsaaklik dat ons alles moontlik
doen om die verspreiding van die pandemie te keer. Dít kan ons op twee
maniere doen:
- Ons moet waaksaam bly
en steeds die COVID-19-protokolle gehoorsaam – dra ’n masker, ontsmet, bly op ’n veilige afstand van ander, en vermy ruimtes met baie mense en swak ventilasie. Hierdie protokolle geld nie net vir diegene wat nog op inentings wag nie, maar ook vir persone wat reeds inge?nt is.
- Ons behoort almal so gou moontlik inge?nt te word, want dit bly ons beste verweer teen
ernstige COVID-19-simptome en -sterfte. Inenting is iets wat ons almal kan doen
om die pandemie gouer tot ’n einde te help bring sodat die dinamiese kampus- en
dorpslewe waaraan ons gewoond is, kan herstel.
Inenting
Wat inentings betref, was daar onlangs
bemoedigende ontwikkelings.
Eerstens kan almal in die
ouderdomsgroep 35 en ouer nou inge?nt word, en die ho?ronderwyssektor ontvang
spesiale aandag. Ons het ál ons personeellede (wat insluit voltydse,
deeltydse en kontrakpersoneel, sowel as nagraadse studente en genote wat by die
Universiteit klas gee) vroe?r vandeesweek in kennis gestel van twee Higher
Health-inentingsinisiatiewe wat dié week begin (klik hier).
Let veral daarop dat spesifieke gleuwe op sekere
tye tussen Vrydag 30 Julie en Maandag 16 Augustus 2021 aan
US-personeellede toegeken om by die Momentum-massa-inentingsfasiliteit by Parc
Du Cap, Mispelweg 5, Bellville, inge?nt te word. Om van hierdie geleentheid
gebruik te maak, registreer asseblief op die US se databasis deur jou besonderhede hier in te voer.
Tweedens sal almal in Suid-Afrika bo
18-jarige ouderdom vanaf 1 September ’n inenting kan kry, wat dan ook ons
jonger personeellede en studente sal insluit. Ons werk hard daaraan om deel te
wees van daardie inentingsfase en sal binnekort meer besonderhede bekend maak.
Die eerste stap om inge?nt te word is om op
die nasionale EVDS (die elektroniese inentingsdatastelsel) te registreer.
As jy nog nie geregistreer het nie, gaan asseblief na https://vaccine.enroll.health.gov.za. Registrasie is vinnig en maklik.
Om inge?nt te word is die verantwoordelike
ding om te doen – nie net ter wille van jouself en jou familie nie, maar om die
groter Universiteitsgemeenskap en die samelewing in die geheel te beskerm.
Vir verdere inligting oor
COVID-19-inenting, raadpleeg gerus ons gereelde vrae.
Studentesake
A3-assesserings:
Studente word daaraan herinner om hul assesseringsrooster na te gaan en veral te let op die
aanvangstye van assesserings op onderskeidelik Saterdag 31 Julie en
Saterdag 7 Augustus omdat sommige assesserings na 19:00 verskuif is.
Let asseblief daarop dat besluite oor toegang tot ’n A3- of A4-assessering
drie dae (wat naweekdae insluit) voor die assesseringsgeleentheid beskikbaar
sal wees. Hierdie drie dae sluit die datum van die aankondiging/kennisgewing en
die datum van die A3- of A4-assessering self uit.
A4-assesserings:
Toe ’n kleiner getal studente nog weens hulle COVID-status vir A4’s in
aanmerking gekom het, is die tydlyn vir A4-assesserings op 13 Augustus tot
4 September vasgestel, met die vrystelling van punte teen 10 September.
Hierdie re?ling (om A4-toegang te verleen op grond van COVID-status en vorige
toetsuitslae) is egter sedertdien herroep. Soos ek in my e-pos van 21 Julie aangedui het, is A4’s nou vir alle
eerstesemestermodules beskikbaar (met enkele uitsonderings, wat spesifieke fakulteite
sal bekend maak).
Ter voorbereiding vir die groter getal A4-assesserings, en om by die
vasgestelde tydlyn te hou en botsings so ver moontlik te beperk, sal van die
aanlyn assesserings saans plaasvind, en sal Saterdae ook benut word.
Die onderskeie fakulteite het studente van hulle bepaalde kriteria vir
toegang tot die A4-assesserings in kennis gestel.
Ons bevestig die vorige re?ling dat studente, in afwagting van hul
A4-uitslae, toegelaat sal word om vir tweedesemestermodules te registreer – op
die voorwaarde dat indien studente nié aan die voorvereistes vir ’n sekere
tweedesemestermodule voldoen nie, hul registrasie vir daardie module
gekanselleer sal word.
Koshuisplasings en studiefinansiering vir 2022:
Koshuisplasings van huidige studente sal eers ná die aankondiging van
die A4-uitslae – met ander woorde ná 10 September – gedoen word.
Dít sal ook ’n onvermydelike domino-effek hê op die plasing van nuwe
eerstejaars, so die plasingstydlyn sal dienooreenkomstig aangepas word.
Dieselfde geld vir beurstoekennings vir 2022. Waar eerstesemesteruitslae as
kriterium vir studieb?eurse dien, sal finansieringsbesluite tot ná die
aankondiging van die A4-uitslae uitgestel word.
Personeelsake
Verlof:
Die IKBV het die vervaldatum vir
jaarverlof van 2020 met ’n maand uitgestel – van 31 Desember 2021 tot
31 Januarie 2022. Dít beteken dat personeellede oorblywende verlof uit
die siklus van 2020 in die loop van Januarie 2022 sal kan gebruik, veral in die
week van 3 tot 7 Januarie, wanneer vergaderings en ander
Universiteitswerksaamhede so ver prakties moontlik beperk sal word.
Hierdie uitstel is egter nie van
toepassing op personeellede wie se diens op 31 Desember 2021 eindig nie – hulle
verlof kan uiteraard nie na Januarie 2022 oorgedra word nie.
Uitgebreide leerruimtes (ELS):
Die projek vir uitgebreide leerruimtes
(ELS) vorder fluks. Hierdie inisiatief beoog om ’n aansienlike getal
lesinglokale op ons Stellenboschkampus met die nodige tegnologie toe te rus
sodat kontaksessies regstreeks vanuit die lokale uitgesaai kan word en sommige
studente dus van aangesig tot aangesig en ander aanlyn kan deelneem. Die
gedagte is om teen die einde van September altesaam 67 sulke lokale klaar te hê.
Slot
Ons gaan deur ’n besonder veeleisende tyd.
Ons dink aan al ons studente, personeellede en ander belanghebbendes wat in
hulle families, vriendekringe of werkplekke koronavirusverwante siekte of
sterftes beleef het.
Dankie aan almal vir julle harde werk en
opoffering om die akademiese projek by die US op koers te hou. Dít is
uiteindelik wat ons sal help vorentoe beweeg ondanks die vele uitdagings
waarvoor ons te staan kom.
Hou gerus ons COVID-19-webblad dop vir gereelde nuusflitse en kontak ons by 021 808 9111
of info@sun.ac.za vir
enige navrae. Ons verseker jou dat ons enige kwessies wat by ons
Kli?ntedienssentrum aangemeld word, vir oorweging aan die tersaaklike
besluitnemingstrukture by ons instelling oordra.
Bly asseblief veilig en sien om na jouself en jou geliefde?s.
Prof Stan du Plessis
IKBV-voorsitter