中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kaapstad-marathon: Help Maties om die wenstreep oor te steek
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 22/08/2025

Personeel, studente en alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) sluit op Sondag 19 Oktober 2025 by meer as 20 000 langasems aan vir die Sanlam Kaapstad-marathon – en ons rig 'n oproep dat selfs meer Maties gaan deelneem.

Of jy nou reeds geregistreer is, nog daaroor dink, of glad nie van plan is om te hardloop nie – jy kan steeds die saak ondersteun. Sluit aan by die #Move4Maties-gemeenskap en help ons om R100 000 in te samel ter ondersteuning van die #GradMe-veldtog.

Wat is #Move4Maties?

#Move4Maties is 'n US gemeenskap van studente, personeel, alumni en vriende van die Universiteit wat fisiese uitdagings aanpak om fondse vir studentesteun in te samel.

#GradMe: Help studente om die wenstreep oor te steek

Die #GradMe-veldtog ondersteun studente wat die einde van hul akademiese reis nader, maar fondse kortkom. Deur saam met #Move4Maties te draf help deelnemers mede-Maties om hulle persoonlike wenstreep oor te steek – akademies sowel as finansieel.

Maties on the move

“Die #Move4Maties Kaapstad-marathon-geleentheid gaan veral oor Maties wat saamstaan en deelneem met die doel voor o? om mekaar te ondersteun," sê Alwin Mabuza, fondswerwer in die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge by die US.

Alwin sê meer as 30 deelnemers van die US, waaronder personeel, studente, en alumni, gaan na verwagting aan die 10 km-, 21,1 km- en 42,2 km-geleentheid deelneem.

Onder hulle is Wilma Riekert, Administratiewe Beampte in die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie by die Universiteit se Fakulteit Teologie.

Wilma, 'n geesdriftige stapper, het die 10 km-Vredeswedloop in 2024 voltooi en is opgewonde om weer deel te neem. “Ek is mal oor stap en na 'n onlangse gesondheidskrisis voel ek besonder gese?nd om weer op my voete en in die natuur te wees," sê sy. “Ek werk met studente en sien hul daaglikse stryd om op soveel terreine te oorleef. So ek kombineer twee van my passies – om te stap en om 'n verskil te maak. Kom draf asseblief saam met my!"

Onthaal voor die wedloop

Die US bied 'n spesiale onthaal aan vir #Move4Maties-deelnemers op Donderdag 16 Oktober, met 'n gasspreker, die kans om mede-deelnemers te ontmoet, en 'n geskenksakkie-insameling.

Hoe kan jy betrokke raak

Nog nie geregistreer nie? Jy kan steeds inskryf en die saak ondersteun.?

  • Registreer hier om by die #Move4Maties-span aan te sluit.
  • Begin om fondse in te samel op GivenGain.
  • Registreer teen 10 September 2025 om die voorwedloop-onthaal by te woon.