中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer ken jou dosent (en waarnemende dekaan): Prof Pieter von Wielligh
Outeur: Aamirah Sonday
Gepubliseer: 24/02/2025

Ons het met waarnemende dekaan en dosent in ouditkunde, professor Pieter von Wielligh, gesels oor sy ondervinding as ?n dosent in die EBW-fakulteit en sy raad aan toekomstige studente. Hier volg sy antwoorde.

Wat het jou laat besluit om ?n akademikus/dosent te word?

Ek wou ?n verskil in die lewens van jongmense maak deur ?n bydrae te lewer tot hul ontwikkeling tot afgeronde, voornemende werknemers wat nie net werkgereed is nie, maar vir wie daar ?n blink toekoms voorlê.

Is daar ?n gedeelte van jou werk wat jy besonder baie geniet?

As ?n dosent: Om in studente se o? te sien hoe die lig opgaan wanneer ek ?n begrip verduidelik waarmee hulle vroe?r gesukkel het.

As waarnemende dekaan: Om so ?n diverse groep interessante en inspirerende mense te ontmoet en met hulle om te gaan, onder meer studente, personeel, ouers en ander; asook om in staat te wees om ?n verskeidenheid wonderlike insiatiewe in die EBW-fakulteit en elders te ondersteun. Hierdie inisiatiewe kan werklik positief inwerk op die ekonomie en samelewing op ?n plaaslike, nasionale, streeks- en internasionale vlak.

Watter raad sal jy aan EBW-studente en/of toekomstige besroepslui gee?

Die mensdom is met verskeidenheid gese?n. Moenie jou met ander vergelyk nie. Stel eerder veeleisende dog bereikbare doelwitte vir jouself en haal dan alles uit om dit te bereik: bereikbare doelwitte is soos drome met sperdatums.

Vertel ons iets van jouself wat nie werkverwant is nie.

Die pragtige Mediterreense Griekeland het ?n baie spesiale plek in my hart. Ek was al sowat 30 keer daar met vakansie en om vriende te besoek. Dit is een van my gelukkige plekke op die planeet aarde.