中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Nando Ferreira help om lewens van individue met ernstige ledemaatbeserings te transformeer
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 04/09/2024

Prof Nando Ferreira van die Afdeling Ortopediese Chirurgie in die Departement Chirurgiese Wetenskappe van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch het sy intreerede op 3 September 2024 gelewer. Die titel van sy rede was “Reise en transformasies: Stories in ledemaatrekonstruksie".

Ferreira, Hoof van die Kliniese Eenheid: Tumor, Sepsis en Rekonstruksie by die FGGW, het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gepraat oor hoe sy werk oor ledemaatrekonstruksie help om die lewe van individue met ernstige ledemaatbeserings of -misvormdhede te transformeer en om nuwe standaarde in ortopediese sorg te stel.

Vertel ons meer oor jou navorsing en hoekom jy in hierdie spesifieke veld belang gestel het.

My navorsing in ledemaatrekonstruksie het in alle erns in 2007 begin toe ek ? tweedejaar- kliniese ssistent was. Ledemaatrekonstruksie is ? relatief jong veld in ortopedie, en die reis van verkenning en leer was uitdagend én opwindend. Dié veld het my begin fassineer omdat dit die geleentheid bied om ? diepgaande impak op pasi?nte se lewe te maak deur hul mobiliteit en funksionaliteit te herstel. Die kompleksiteit en vinnige vordering in ledemaatrekonstruksie het my geprikkel om tot die bevordering van ons begrip en die verbetering van uitkomste op hierdie gebied by te dra. Om deel van hierdie dinamiese veld te wees en die evolusie daarvan te aanskou, was ? uiters vervullende ervaring.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Die relevansie van my werk in ledemaatrekonstruksie word onderstreep deur dié veld se potensiaal om die lewe van individue met ernstige ledemaatbeserings of -misvormdhede te transformeer. Danksy die vinnige vordering wat in ledemaatrekonstruksie gemaak word, verbeter ons vermo? om komplekse rekonstruksies met meer voorspelbare uitkomste en groter pasi?ntgerief uit te voer voortdurend. My werk help om die gaping tussen gevorderde navorsing en praktiese toepassing te oorbrug, wat uiteindelik ? beter lewensgehalte vir pasi?nte en nuwe standaarde in ortopediese sorg meebring. Deur tot hierdie baanbrekersveld by te dra, help ek die toekoms van ortopediese behandeling en pasi?ntsorg rig.

Gegrond op jou interaksie met pasi?nte, watter diepgaande impak het ? rekonstruksie op ? individu se lewe?

Dit is duidelik dat ledemaatrekonstruksie ? diepgaande en veelvlakkige impak op pasi?nte se lewe het. Baie pasi?nte ervaar ? merkwaardige gevoel van verligting en hernieude hoop soos wat hulle mobiliteit en onafhanklikheid herwin. Dit verbeter nie net hul liggaamlike vermo?ns nie, maar is ook ? hupstoot vir hul geestelike en emosionele welstand. Die vermo? om terug te keer na daaglikse aktiwiteite en ten volle aan stokperdjies en die gesins- en sosiale lewe deel te neem, verbeter hul algehele lewensgehalte. Dis ongelooflik vervullend om die transformasie in my pasi?nte waar te neem – van ? stryd met ernstige beperkings tot ? meer aktiewe en vervullende lewe.

Wat is die bevredigendste aspekte van jou werk as ? ledemaatrekonstruksiespesialis/ortopediese chirurg?

Om die tasbare verbetering in my pasi?nte se lewe te sien en tot vooruitgang in hierdie vinnig ontwikkelende veld by te dra. Dis geweldig bevredigend om te sien hoe pasi?nte se mobiliteit en onafhanklikheid herstel word en om te weet dat my pogings ? rol in hul reis na beter gesondheid speel. Om aan die voorpunt van vernuwing te wees en aan die voortdurende evolusie van ledemaatrekonstruksietegnieke deel te neem is ook ? bron van trots en ? gevoel van uitsonderlike prestasie.

Watter beduidende vooruitgang word op die gebied van ledemaatrekonstruksie gemaak?

Beduidende vordering sluit deurbrake in basiese wetenskaplike navorsing in, wat ons begrip van weefselregenerasie verbeter. Voorts stel tegnologiese vernuwings ons in staat om hoogs komplekse rekonstruksies met meer voorspelbare uitkomste uit te voer. Ontwikkelings soos gevorderde beeldingstegnieke en gesofistikeerde biomateriale het kliniese uitkomste verbeter, met groter pasi?ntgerief en -nakoming. Hierdie vooruitgang verfyn nie net ons chirurgiese benadering nie, maar verhoog ook die algehele standaard van sorg in ledemaatrekonstruksie.

Jy het jare lank in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

My motivering spruit uit my passie om die veld van ledemaatrekonstruksie te bevorder en pasi?ntuitkomste te verbeter. Die vinnige vordering in hierdie veld en die geleentheid om deel van die evolusie daarvan te wees is kragtige bronne van inspirasie. Voorts help die ondersteuning van kollegas, studente en pasi?nte, gekombineer met die wete dat my werk ? beduidende verskil kan maak, om my in moeilike tye gefokus en veerkragtig te hou. Om die bre?r impak van my navorsing en kliniese werk in sig te hou, help my om uitdagings met hernieude vasberadenheid aan te pak.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Een opwindende aspek van my lewe wat mense dalk sal verras, is my passie om motorfietse te versamel en op hulle te ry. Ten spyte van die inherente risiko's bied hierdie stokperdjie ? opwindende en genotvolle ontvlugting van my professionele lewe. Dit is ? unieke manier om avontuur en opwinding buite die operasiesaal te ervaar, wat my help om die intensiteit van my werk met persoonlike genot te balanseer.

Hoe bring jy jou vrye tyd deur?

Ek hou daarvan om gehaltetyd saam met my gesin deur te bring en ons gaan dikwels strand toe wanneer ons kan. Hierdie gesinstyd is van onskatbare waarde en help my om te ontspan en my batterye te herlaai. Ek geniet dit ook om motorfietse te versamel en aan hulle te werk, asook om LEGO saam met my kinders te bou. Hierdie aktiwiteite bied ? kreatiewe en praktiese uitlaatklep, wat my in staat stel om te ontspan en saam met my geliefdes aan genotvolle projekte deel te neem.?