Kontak:Aamirah Sonday
-
Plek: Van der Sterr buiding, Room 1046
- Onderwerp: Spirituele dimensies van gesondheid as relasionele ontologie: Wat beteken dit vir inklusiewe gesondheidsbestuurspraktyke?
- Datum: 11 September 2025
- Plek: 17:30 – 18:30 followed by light refreshments
- Venue: Van der Sterr building, Room 1046 (daar is geen aanlyn opsie nie)
Wat gaan jy leer?:
Gesondheid is 'n belangrike sektor van die ekonomie en verantwoordelik vir die indiensneming van baie professionele persone in verskeie rolle. Onlangse veranderings in gesondheidsbestuur vereis meer inklusiewe perspektiewe wat verskillende beslissende gesondheidsfaktore in ag neem en hoe dié faktore saamwerk om gesondheidsongelykhede voort te sit. Spiritualiteit, as beide 'n dimensie en beslissende faktor van gesondheid, word wel erken, maar is steeds 'n bysaak. In hierdie meestersklas bied ons 'n geleentheid om te besin oor spiritualiteit as 'n beslissende faktor van gesondheid en die implikasies daarvan vir die ontwikkeling van aktivistiese vakkundigheid.
中国体育彩票 speakers:
Chioma Ohajunwa beskik oor 'n PhD in Gesondheidswetenskappe-rehabilitasie en is tans 'n senior dosent by die Afrika Sentrum vir Inklusiewe Gesondheidsbestuur. Sy het die deurleefde ervaring van gesondheid en welwees ondersoek soos dit in verskillende Afrika-kontekste ervaar word. Haar huidige navorsingsbelangstellings sluit die volgende in: welwees en spiritualiteit, kritiese gestremdheid en inklusiwiteit, dekoloniale en postkoloniale diskoers, en inheemse kennisstelsels. Sy is 'n skrywer wat plaaslik en internasionaal gepubliseer het. Die titel van die mees onlangse boek waarvan sy mederedakteur was, is: Religion, Disability and Sustainable Development in Africa.
Mapheyeledi Sibindlana het 'n PhD in arbeidsterapie/-wetenskap verwerf. Sy is ook die stigter en direkteur van Root_Fed Consultancy, 'n spiritueel-gebaseerde lewensafrigtings- en beradingspraktyk. Haar navorsing is daarop gemik om geweld vanuit 'n krities-dekoloniale perspektief te verstaan, veral waar dit betrekking het op ervarings van onreg en die gevolge daarvan vir gesondheid en welwees. Sy was voorheen 'n senior dosent in die afdeling Arbeidsterapie by die Universiteit van Kaapstad, en meer onlangs hoof van mense in die opvoedkundige tegnologie-bedryf. Sy is passievol oor navorsing en is opgewonde om as nadoktorale genoot by die Afrika Sentrum vir Inklusiewe Gesondheidsbestuur verder te leer en te groei.
Antwoord asb. teen 08 September 2025 (12:00) deur op hierdie skakel te klik: https://forms.office.com/r/7PHnTWsF1W?.?