Kontak:Sandra Josias
-
Plek: Lecture Hall 1005, Mathematical Sciences Building
Die Departement Fisika aan die Universiteit Stellenbosch nooi u vriendelik uit na 'n openbare lesing deur Prof. Dr. Erwin Frey met die titel “Physics of Life".
Klik hier? om vir aanlyn en in-persoon bywoning te registreer.
Abstrak
Om die fisiese eienskappe van biologiese selle en selagtige sisteme te verstaan is 'n fundamentele wetenskaplike uitdaging. Die kompleksiteit van lewende sisteme vereis nuwe teoretiese konsepteen in die proses word fassinerende verskynsels onthul. Die fisika van lewende sisteme poog om die beginsels van sellulêre funksie te ontbloot deur 'n reduksionistiese benadering, deur kompleksiteit te disilleer tot minimale modelle. Hierdie strategie, wat eksperiment en teorie kombineer, bied dieper insigte in biologiese organisasie. Maar hoe ver kan dit ons neem? Kan dit die fisiese beginsels van sellulêre funksionaliteit openbaar? Nog meer: kan ons hierdie kennis inspan om lewensgetroue stelsels te skep, selfs kunsmatige selle? Hierdie praatjie sal hierdie vrae en die potensiaal van fisika om die fondamente van lewe te dekodeer, ondersoek.
Kort bio
Prof. Dr. Erwin Frey is die voorsitter van teoretiese fisika by Ludwig-Maximilians-Universit?t München, Duitsland, en werk op die raakvlak van fisika, nanowetenskap en biologie. Sy navorsing fokus op teoretiese benaderings tot die verstaan van ontluikende verskynsels in komplekse biomolekulêre sisteme. Dit sluit die biofisika van biopolimere en die sitoskelet, intersellulêre vervoerprosesse, selfsamestellingsprosesse en patroonvorming in. 'n Sentrale tema van sy navorsing is die identifisering en karakterisering van universele beginsels en meganismes onderliggend aan lewende of lewensagtige sisteme. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings, insluitend die Max-Planck-medalje in 2024.