Kontak:Elizna Huysamen
- 021 808 3244
Plek: Van der Sterr building, 2nd Floor, Room 2048
?Die groeiende prominensie van datawetenskap, nie net in praktyk nie maar ook as 'n akademiese veld, plaas druk op Statistiek departemente om hulle huidige kursusse aan te pas of om nuwe kursusse te ontwikkel wat meer onderwerpe relevant tot datawetenskap insluit. Op eerstejaarsvlak is hierdie veranderinge egter dikwels beperk tot die insluiting van meer datamanipulering en -visualisering, terwyl statistiese leerkonsepte tipies eers nagraads of op gevorderde voorgraadse vlak onderrig word. In hierdie praatjie sal perspektiewe gedeel word oor die ontwerp van eerstejaar datawetenskap kursusse, en die waarde daarvan om modelleringskonsepte reeds op 'n vroe? stadium in studente se statistiese opvoeding in te sluit, sal beklemtoon word.