?Hierdie kortkursus gee bied aan akademici wat aan die US-doseer geleentheid om hulle kennis en begrip te verbreed van die rol wat KI in verskeie inklusiewe pedagogiese benaderings vervul. Watter impak kan KI op studenteleer hê? Watter pedagogiese benaderings kan ons oorweeg wat inklusiwiteit en gelykheid sou bevorder?
Die kursus bou voort op jare se navorsing in die digitale veld. Dit steun op gevestigde teoretiese perspektiewe en bewysgebaseerde praktyke om deelnemers te begelei om KI volhoubaar by onderrig-leer-assessering (OLA) te integreer.
Deelnemers kry geleentheid om (1) hulle begrip van sosiale geregtigheid in die huidige digitaal bemagtigde ho?ronderwysomgewing te verdiep; (2) hulle kennis en vaardighede uit te brei om krities met geoutomatiseerde nutsmiddels soos generatiewe KI om te gaan; (3) 'n dieper begrip te ontwikkel van sosiaal responsiewe pedagogie? en hoe dit studenteleer kan be?nvloed; en (4) samewerkend praktiese maniere te ondersoek waarop KI leerervarings in die klas en daarbuite kan be?nvloed.
Hierdie hibriede kursus vind vanaf 3 Maart tot 11 April plaas. Vir meer inligting, besoek die Sentrum vir Leertegnologie? webblad of kontak asb vir Magriet de Villiers (mdev@sun.ac.za).?