Die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange, in samewerking met die Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool en die Stellenbosch Bestuurskool, nooi jou graag na die gesprek Bemagtig nuwelingnavorsers: Bevorder innovasie in volhoubare ontwikkelingsfinansiering, wat bykomend tot die amptelike program van die Finance in Common-beraad (FiCs) aangebied sal word.
Datum: Dinsdag 25 Februarie 2025
Tyd: 10:00 –13:00
Lokaal: Bestuurskamer, Protea Hotel Breakwater Lodge, V&A Waterfront, Kaapstad, Suid-Afrika
Die sessie bied ’n toegewyde platform vir nuwelingnavorsers om met kenners in gesprek te tree, hulle innoverende navorsing voor te lê, en te bepaal hoe hulle tot die terrein van volhoubare ontwikkelingsfinansiering kan bydra. Die gesprek sal interdissiplinêre benaderings aanmoedig, mentorskapsgeleenthede bevorder, en samewerking tussen die akademie, ontwikkelingsfinansieringsinstellings en beleidmakers versterk.
Waarom dit bywoon?
? Kry insae in innoverende voorpuntnavorsing wat die landskap van volhoubare finansiering help vorm.
? Tree in gesprek met die voorste akademici, beleidmakers, en beroepslui op die gebied van ontwikkelingsfinansiering.
? Brei jou netwerk uit en ondersoek geleenthede vir mentorskap en samewerking.
? Dra by tot praktiese strategie? om navorsing by beleid en praktyk te integreer.
Hoogtepunte van die geleentheid:
? Hoofrede – sal handel oor die bevordering van innovasie in volhoubare ontwikkelingsfinansiering
? Paneelbespreking – sal nuwelingnavorsers, senior mentors en bedryfskenners insluit
? Interaktiewe vraag-en-antwoordsessie & oop gesprek – geleentheid vir gesprek met paneellede en eweknie?
? Sessie-uitkomste – sterker vennootskappe tussen universiteite en die bedryf, en ’n moontlike navorsingspublikasie
Dit sal vir ons ’n eer wees as jy by ons sal aansluit om die toekoms van volhoubare ontwikkelingsfinansiering te help bepaal.
Bevestig asseblief jou deelname teen Vrydag 21 Februarie 2025 per e-pos by Ric Amansure – ramansure@sun.ac.za. Ons sien uit na jou deelname aan hierdie belangrike gesprek.