Die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange dien as gasheer vir scenario-beplanner en futuris, dr Clem Sunter, as die volgende aanbieder van ons Kollokwiumreeks en nooi jou uit om by ons aan te sluit. Met hierdie reeks, “Die wêreld en Suid-Afrika ná 2025: die jongste vlae, scenario’s en waarskynlikhede”, sal Sunter diep delf in die metodologie wat gebruik word om moontlike toekomsopsies te ondersoek, waaronder die identifisering van die hoofkragte – of vlae – wat die hede na die toekoms toe aandryf. Dit sluit opwenvlae, wat die sekondes as hooftendense aftik, en newelige vlae, vol deurslaggewende onsekerhede met verskeie uitkomste, in. Geloofwaardige stelle scenario’s word op grond van die betrokke vlag geformuleer, om positiewe en negatiewe toekomsopsies te dek. Die volgende stap is om ? waarskynlikheid aan elke scenario toe te ken. Dit word gegrond op aktuele bewyse en die posisionering van die vlae. Dr Sunter se aanbieding sal die aanbevole metodologie in aksie illustreer en dek die globale vlae wat uit bronne van regoor die wêreld versamel is, en ook die globale scenario’s wat daaruit voortvloei. Dieselfde benadering word vir Suid-Afrika se toekoms gevolg. Dit beklemtoon dat dit nodig is om ? ‘veelsydige jakkals’ eerder as ? ‘bestendige krimpvarkie’ te wees, wanneer daar in die toekoms in geloer word.
Datum: 20 Februarie 2025
Tyd: 16:00 – 17:30
Kontakbywoning: Lokaal 1041, Van Der Sterr-gebou, Bosmanstraat, Stellenbosch
Aanlyn: Zoom
Registreer by https://forms.office.com/r/6KPaSNi8x7. Registreer teen Woensdag 12 Februarie 2025. Registrasie is verpligtend.
Vir meer inligting, kontak Nadine Christians by nchristians@sun.ac.za. Ligte verversings sal ná afloop van die kollokwium bedien word. Straatparkering is beskikbaar. Ondergrondse parkering is by die Neelsie, op die hoek van Merrimanlaan en De Beer-weg, Stellenbosch, beskikbaar.
Biografie: Dr Clem Sunter
Ná sy studies aan Oxford Universiteit, word Clem Sunter in 1966 in Londen deur Anglo American gewerf. Hy trek in 1973 na Suid-Afrika en bestee die grootste deel van sy daaropvolgende loopbaan in die goud-afdeling, en dien van 1990 tot 1996 as voorsitter en HUB. In die vroe? 1980’s vestig hy ? scenario-beplanningsfunksie in die maatskappy, wat daartoe lei dat twee scenario’s vir Suid-Afrika in die 1990’s voorgestel word: die Grootpad van onderhandeling wat na ? politieke skikking lei en die Ompad van konfrontasie wat na ? burgeroorlog en verwoesting lei. Twee van die hoogtepunte vir dr Sunter was ? voorlegging aan FW de Klerk en die kabinet in 1986 en ? besoek aan Nelson Mandela in die tronk (net voor sy vrylating) om die toekoms te bespreek. Hy is die skrywer van verskeie topverkopers oor scenario-beplanning. Die jongste, Thinking the Future, is saam met Mitch Ilbury geskryf en in Julie 2021 deur Penguin Random House uitgegee. In 2004 ontvang hy ? eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad vir sy werk op die gebied van scenario-beplanning. Voorste Suid-Afrikaanse HUB’s het hom ook ingestem as die spreker wat die mees beduidende bydrae tot en impak op beste praktyk en besigheid in Suid-Afrika gelewer het. Hy het al regoor die wêreld, onder andere by die Harvard Bestuurskool in Boston en die Sentrale Party-skool in Beijing, aanbiedings gedoen oor hoe die toekoms gehanteer moet word.