中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afskeid van die Bellvilleparkkampusbiblioteek: ’n Reis deur die Tyd

Na byna vier dekades van diens sal die Bellvilleparkkampusbiblioteek (USBB) amptelik sy deure as takbiblioteek sluit aan die einde van 2024. Hierdie besluit, geneem deur Biblioteekbestuur in samewerking met die Bellvilleparkkampuskomitee, merk die einde van 'n era en die begin van 'n nuwe hoofstuk vir biblioteekdienste by die Stellenbosch Bestuurskool (SBS) en die Skool vir Openbare Leierskap (SPL).

USBB se reis het in 1986 begin toe die Stellenbosch Bestuurskool (SBS) na die Bellville parkkampus verhuis het. Aanvanklik bekend as USBI, het die biblioteek met 'n beskeie versameling gedrukte materiaal en twee toegewyde personeellede begin. Met die verloop van tyd het die klein “satellietbiblioteek" 'n volwaardige takbiblioteek geword. In 2002 het dit van die tweede vloer van die hoof SBS gebou na 'n nuwe fasiliteit op grondvlak verskuif met vyf personeellede.

Henri?tte Swart, Direkteur van Takbiblioteke, wat in 1987 by USBB aangesluit het, onthou die biblioteek se ontwikkeling met groot waardering: “Dit was 'n hoogtepunt toe ons in 2002 die nuwe USBB fasiliteit geopen het. Die biblioteek het 'n spilpunt geword vir die voltydse MBA studente en die bre?r Bellvilleparkkampusgemeenskap. Oor die jare het ons ontelbare waarderingsboodskappe van studente en dosente ontvang en USBB is dikwels in akkreditasieverslae beklemtoon as 'n sleutelbydraer tot akademiese sukses."

In 2018 is USBB as deel van die Bellvilleparkkampus hernuwingsprojek opgegradeer. Die verbeterings het nuwe naamborde, 'n herontwerpte ontvangs/inligtingslessenaar, twee kantore vir fakulteitsbibliotekarisse en 'n nuwe personeelkamer ingesluit. Mobiele boekrakke is ge?nstalleer om die ruimte meer buigsaam te maak, terwyl gemaklike sitplekke en studie ruimtes navorsing, studie en samewerking gefasiliteer het.

Na die COVID-19-pandemie het voetverkeer in die fisiese biblioteek aansienlik afgeneem. Selfs voor COVID het biblioteekdienste egter toenemend virtueel geraak. Met hierdie realiteit in gedagte moes 'n besluit gemaak word oor die toekoms van die biblioteek. In Oktober 2023 het Biblioteekbestuur drie scenarios aan USBB bestuur voorgelê: handhawing van die status quo (2023–2024), sluiting van USBB (teen die einde van of ná 2024), of voortsetting van 'n biblioteek- en inligtingsdiens op Belvillparkkampus (ná 2024). Na uitgebreide konsultasie en ontleding is besluit om die fisiese biblioteek teen die einde van 2024 te sluit, terwyl 'n virtuele professionele biblioteekdiens behou word.

Vooruitsigte

Alhoewel die fisiese biblioteek gaan sluit, sal die akademiese gemeenskap van die Bellvilleparkkampus steeds omvattende biblioteekondersteuning ontvang. Vanaf Januarie 2025 sal 'n klein versameling van 400 gereeld gebruikte fisiese boeke op die kampus beskikbaar bly vir uitleen. Verder sal SBS personeel ook help met operasionele take soos dokumentaflewering, uitlenings en intertakversoeke.

Belangriker nog, die virtuele biblioteekdiens sal sterk bly en deurlopende toegang tot elektroniese bronne soos databasis, e-boeke en e-tydskrifte verseker. Fakulteitsbibliotekaris vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Judy Williams, Fakulteitsbibliotekaris vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, gebaseer in die US biblioteek, sal voortgaan om virtuele navorsingsondersteuning, opleiding en konsultasies aan te bied met besoeke aan die kampus indien nodig.

Judy Williams beklemtoon die blywende verbintenis tussen die biblioteek en die kampusgemeenskap: “Die USBB personeel was 'n integrale deel van die Bellvilleparkkampusgemeenskap en het akademiese vergaderings en sosiale geleenthede bygewoon. Ons hoop om hierdie spesiale verhouding te behou, selfs al is dit op 'n afstand."

Afsluiting

Terwyl USBB voorberei om sy deure te sluit, laat dit 'n nalatenskap van uitnemendheid, innovasie en gemeenskap agter. Van sy vroe? dae as 'n klein biblioteek met beperkte hulpbronne tot sy rol as 'n noodsaaklike akademiese ondersteuningsisteem was USBB vir bykans vier dekades 'n hoeksteen van die Bellvilleparkkampus.

Alhoewel die fisiese ruimte nie meer beskikbaar sal wees nie, bly die biblioteek se toewyding om die akademiese en navorsingsbehoeftes van die kampus te ondersteun, onwrikbaar. Hierdie oorgang verteenwoordig nie die einde nie, maar 'n transformasie – een wat nuwe maniere om kennis oor te dra en akademiese sukses te bevorder, omarm.

Vir diegene wat in die gange gestap het, in die stil hoeke studeer het, of sy hulpbronne benut het, sal USBB altyd 'n spesiale plek in hul harte hê.

Karel van der Molen, 'n jarelange gebruiker van USBB, reflekteer  “USBB was meer as net 'n biblioteek; dit was 'n plek vir intellektuele groei en persoonlike verhoudings. Die personeel se toewyding en die biblioteek se menslike aanraking het dit 'n hoeksteen van die akademiese ervaring op die Bellvilleparkkampus gemaak."