中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Fakulteit Regsgeleerdheid vestig Gys Steyn-leerstoel in Finansi?le Reguleringsreg
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 26/06/2023

Verskeie faktore kan die doeltreffende funksionering van die finansi?le stelsel be?nvloed en dit kwesbaar laat vir onstabiliteit en manipulasie. Dít kan weer beleggersvertroue be?nvloed en gewetenlose of kriminele aktiwiteite laat gedy. Daarom is ? gesonde beheerstelsel noodsaaklik vir ekonomiese stabiliteit en groei en om die veerkragtigheid van die finansi?le stelsel in krisistye te verseker. Afgesien van die beheerfunksie, speel regulering ook 'n rol in die fasilitering van geleenthede, aktiwiteite, integrasie en ko?rdinering regoor die sektor.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch (US) verheug is om te kan aankondig dat 'n beduidende skenking die vestiging van die Gys Steyn-leerstoel in Finansi?le Reguleringsreg – die eerste van sy soort in Suid-Afrika – moontlik gemaak het.

Steyn is 'n voormalige voorsitter van die US Raad en besturende direkteur van Remgro se wyn en drankfiliale. Hy het in 1956 sy LLB-graad aan die US verwerf.

“Ons is baie dank aan mnr Gys Steyn verskuldig vir sy skenking van R25 miljoen via n familietrust aan die Regsfakulteitstrust om die leerstoel in Finansi?le Reguleringsreg te kan vestig," sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier. “Dit ondersteun die Universiteit Stellenbosch in sy visie om die voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te word. Ons instelling se aantal navorsingsleerstoele het die afgelope dekade aansienlik toegeneem om ons navorsingskapasiteit uit te brei. Hierdie beduidende bydrae van mnr Steyn stel die Fakulteit Regsgeleerdheid in staat om sy begrip van die komplekse aard van finansi?le regulerende stelsels veral in tye van ekonomiese onstuimigheid uit te brei."

Agtergrond

“Ons wil deur hierdie inisiatief 'n konstruktiewe bydrae tot die versterking van die finansi?le sektor en die regulering daarvan in Suid-Afrika lewer," sê prof Nicola Smit, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid.

Die US Regsfakulteitstrust* en alumni van die Fakulteit Regsgeleerdheid speel 'n belangrike rol om uitnemendheid in die Fakulteit te bevorder, soos blyk uit hierdie nuwe leerstoel wat kort op die hakke van hulle betrokkenheid by en borgskap van die leerstoele in Sosiale Geregtigheid en Stedelike Reg en Volhoubaarheidsregeerkunde volg.

Mnr Chris Otto, voorsitter van die US se Regsfakulteitstrust, sê 'n “doeltreffende finansi?le stelsel is van die uiterste belang om stabiele en volhoubare ekonomiese groei te verseker en as sodanig moet finansi?le instellings en strukture wat binne die finansi?le stelsel werk, gereguleer word om te verseker dat dit goed bestuur word. Die Suid-Afrikaanse finansi?le stelsel word voortdurend aan risiko's blootgestel wat uit 'n verskeidenheid plaaslike en internasionale bronne kan voortspruit. Boonop is dit 'n oop en gekoppelde finansi?le stelsel, waar probleme of mislukkings binne een instelling verreikende gevolge vir die hele stelsel kan hê. Daarom is omsigtige finansi?le bestuur met behulp van behoorlike regulerende instrumente noodsaaklik."

Fakulteit Regsgeleerdheid

“Die US se Fakulteit Regsgeleerdheid het 'n lang en trotse tradisie van uitnemendheid in die opleiding van regspraktisyns, regsgeleerdes en denkleiers wat daartoe verbind is om demokrasie en die samelewing in Suid-Afrika en die res van die wêreld te handhaaf en te versterk", sê Smit. Voorts, “Terwyl ons 101 jaar van regsopleiding vier, strewe ons deurgaans daarna om 'n leier op die gebied van regsopleiding en -navorsing te wees terwyl ons die samelewing aan die hand van ons deelname aan ons vakgebiede positief be?nvloed."

 Smit vervolg dat “Ons glo dus ons is ideaal geposisioneer om deur die vestiging van 'n navorsingsleerstoel 'n waardevolle bydrae tot vakkundigheid – en daardeur tot die praktiese inwerkingstelling van finansi?le reguleringsmaatre?ls – in Suid-Afrika en die res van die wêreld te kan lewer."

Die aktiwiteite van die leerstoel sal vakkundigheid op die gebied van finansi?le regulering ondersteun, versterk en verbeter ten einde navorsingsuitsette en nagraadse studente van 'n ho? gehalte te lewer.

Fokusgebiede

Die leerstoel sal op die teorie, doel en beginsels van regulering in algemene en spesifiek finansi?le reguleringsreg fokus, verduidelik Smit: “Dit sal onder meer aspekte soos die ekonomie van die finansi?le sektor, reguleringsmodelle, regulering van verskillende risiko's in die finansi?le sektor asook streeks- en internasionale finansi?le reguleringsreg insluit.

Een van die vernaamste uitdagings is die reuse-omvang van die gebied van finansi?le regulering, aangesien dit verskeie interverwante gebiede het. Dit is byna onmoontlik dat een mens oor al die kundigheid kan beskik en as die voorste gesag op die volle spektrum van interverwante vakgebiede beskou kan word. Die Fakulteit se visie is egter dat 'n leerstoel in Finansi?le Reguleringsreg dit vir 'n senior deskundige moontlik sal maak om 'n naaf te skep vanwaar meer gefokusde kundiges (akademies en professioneel) op die verskillende gebiede van finansi?le regulering geko?pteer kan word.

Volgens Smit sal die leerstoel ook die aard en regulering van tegnologie wat in finansi?le markte gebruik word (die sogenaamde “fintech") ondersoek ten einde die doelmatige en doeltreffende gebruik van hierdie tegnologie? deur regulering te bevorder en om vas te stel hoe hierdie tegnologie? tradisionele finansi?le dienste en die regulering daarvan ontwrig.

Aldus Smit sal onderwerpe soos die regulering van digitale finansi?le produkte en digitale geld (ingesluit kriptoegeldeenhede), die voorkoming van die misbruik van die finansi?le stelsel, vergelykende aspekte van finansi?le regulering regoor jurisdiksies en die internasionale konteks van finansi?le regulering vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief ook binne die sfeer van die leerstoel val.

Die Fakulteit sal nou met die werwingsproses begin en die nuwe leerstoel sal ter gelegenertyd formeel bekendgestel word.

* Die Regsfakulteitstrust, wat in 2013 in die lewe geroep is, ondersteun verskeie projekte wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie: beurse vir nagraadse studente wat vir LLM- (navorsing) en LLD-grade inskryf. Die Trust ondersteun ook akademiese personeel, insluitende finansiering vir studiegeleenthede (internasionaal en nasionaal), navorsingsinisiatiewe soos konferensie-aanbiedings en die aanbied van navorsingseminare. 'n Verdere belangrike projek is die werwing en behoud van akademiese personeel, waarvan die instelling van die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid (2018) met prof Thuli Madonsela as eerste posbekle?r 'n voorbeeld is.