中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US lei vier nuwe ‘Afrika-Europa-klusters van navorsings-uitnemendheid’
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 21/06/2023

Die Universiteit Stellenbosch (US) se reputasie een van die voorste navorsingsintensiewe universiteite in die wêreld het 'n groot hupstoot gekry met die aankondiging dat dit vier van 17 gesamentlike Afrika-Europa-klusters van navorsingsuitnemendheid (Africa-Europe Clusters of Research Excellence – CoRE) gaan lei wat deur die Afrika-navorsingsuniversiteitsalliansie (ARUA) en die Gilde vir Europese Navorsingsintensiewe Universiteite (The Guild) geskep is.

Die Afrika-Europa CoRe is Maandag (19 Junie 2023) amptelik bekendgestel en sal uitgelese navorsers van universiteite en navorsingsinstellings, van ARUA, The Guild en ook verder as die twee netwerke regoor albei vastelande byeenbring. Die doel is om die aard van samewerkende navorsing te transformeer deur billikheid as 'n voorwaarde vir uitnemende en impakvolle navorsing voorop te stel ten einde ons gemeenskaplike uitdagings in die samelewing aan te spreek.

Die Afrika-Europa CoRE is gegrond op multilateralisme en navorsingsuitnemendheid: Elke vennootskap bring ten minste drie Afrika-universiteite en twee Europese universiteite byeen om aan 'n tematiese vakgebied van gemene belang te werk om die groot wetenskaplike uitdagings deur navorsing en ho?r onderwys aan te spreek wat die vaardighede en uitnemendheid van die deelnemende universiteite as hefboomkrag gebruik. Hierdie aksies het 'n langtermynperspektief wat oor ten minste 'n dekade strek om 'n tussen die hulpbronne en prioriteite van Afrika- en Europese universiteite te verseker terwyl daar op die wetenskaplike opvoeding van die volgende geslag navorsers gefokus word.

Die US sal as leier of medeleier van die volgende vier klusters optree: Spreek uitdagings wêreldwyd en in Afrika aan deur metodes van kunsmatige intelligensie, datawetenskap en teoretiese en rekenaardenke aan te wend; Genomika vir gesondheid in Afrika; Natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsaanpassing en -matiging; en Hernubare energie.

Die US sal ook 'n vennoot in die veelvuldige morbiditeit-kluster (wat gesamentlik deur die Universiteit van Ghana en die Warwick-Universiteit gelei word) wees.

Die US se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het ter opmerking gesê die goedkeuring van hierdie Afrika-Europa-klusters van navorsingsuitnemendheid was goed in by die Universiteit se strategie vir navorsing, innovasie en nagraadse steun as deel van die konsepbloudruk vir navorsing en innovasie 2030. Internasionalisering en die reikwydte wat Die Gilde binne Afrika en in die res van die wêreld bied, sal die US en sy vennote help om 'n aantal moontlike hulpbronne as hefboomkrag aan te wend en ook tot die broodnodige vaardigheidsopleiding op die vasteland bydra.

Die grondslag vir die skep van navorsingsklusters is in November 2022 by 'n vergadering van die presidente en visekanseliers van ARUA- en Die Gilde-universiteite in Kaapstad gelê. Dit het op 'n gefokusde benadering gevolg om navorsing en navorsingskapasiteit regoor die vasteland te skep. “Dit is 'n samevloeiing van ons talle pogings die afgelope vyf jaar om strategiese vennootskappe op die vasteland en in die res van die wêreld te sluit. Dit sal as die grondslag dien waarop ons ons voorneme van omvattende internasionalisering sal voortbou," sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake by die US.

Universiteit Stellenbosch medeleier van vier klusters:

Prof Francesco Petruccione van die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke en prof Thomas Sch?n die Uppsala-Universiteit in Swede sal die medeleiers wees van die Afrika-Europa CoRE-kluster vir die aanspreek van uitdagings wêreldwyd en in Afrika deur metodes van kunsmatige intelligensie, datawetenskap en teoretiese en rekenaardenke aan te wend.

Hierdie kluster se fokusgebied is innovasie en tegnologie en sal daarna strewe om die doeltreffende toepassing van KI, datawetenskap en teoretiese en rekenaardenke aan te spreek ten einde dringende uitdagings in gesondheidsorg, onderwys, landbou, energie en infrastruktuur in Afrika en die res van die wêreld aan te pak. Dit sal kundiges uit verskillende vakgebiede soos rekenaarwetenskap, ingenieurswese, wiskunde, fisika en sosiale wetenskappe bymekaar bring om aan ingewikkelde probleme te werk en innoverende oplossings te ontwikkel.

  • Die netwerk bestaan in totaal uit sewe ARUA universiteite en twee instellings: Die Universiteit van Ghana, die Universiteite van Lagos, die Makerere-Universiteit, die Universiteit van Rwanda, die Universiteit van Nairobi, die Addis Abeba-Universiteit en die Universiteit Stellenbosch, asook die Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) en die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Rekenaarwetenskappe (NITheCS). Die vyf universiteite van Die Gilde en een internasionale instituut is soos volg: Uppsala-Universiteit, Universiteit van Warwick, Tübingen-Universiteit, Universiteit van Ljubljana, Universiteit van Montpelier en die Abdul Salam Internasionale Sentrum vir Teoretiese Fisika in Trieste, Itali? (ICTP). 

Twee akademici van die US, prof Tulio de Oliveira, Direkteur van die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI), en prof Shahida Moosa, hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal, sal gesamentlik die Afrika-Europa CoRE-kluster vir Genomika vir gesondheid in Afrika saam met prof Carmen Faso en prof Volker Thiel van die Universiteit van Bern in Switserland en prof Olaf Riess en dr Tobial Haack van die Universiteit van Tübingen in Duitsland lei.

Hierdie kluster se fokusgebied is openbare gesondheid en sal spesifiek op seldsame siektes en kankers fokus, asook op die gereedheid vir pandemies en aansteeklike siektes.

  • Hierdie netwerk bestaan uit altesame sewe ARUA-universiteite: Universiteit van Ghana, Universiteit van Rwanda, Universiteit van Nairobi, Universiteit van Limpopo, Universiteit van Kwazulu-Natal, Rhodes-Universiteit en Universiteit Stellenbosch. Die ses universiteit van Die Gilde-gebiede is: Universiteit van Glasgow, Universiteit van Groningen, Universiteit van Bonn, Radboud-Universiteit, Universiteit van Tübingen en Universiteit van Bern.

    Die Afrika-Europa CoRE-kluster wat op natuurgebaseerde oplossings vir klimaatsaanpassing en -matiging fokus, sal deur Silvana Di Sabatino (Universiteit van Bologna) saam met prof Mark New (Universiteit van Kaapstad) en prof Guy Midgley (Direkteur van die US se Skool vir Klimaatstudie) geko?rdineer word.

Hierdie groep sal wêreldwye asook interkontinentale uitdagings binne die Groenoorgang-kategorie aanspreek en sal geko?rdineerde benaderings tussen vakgebiede bevorder om klimaatsverandering en biodiversiteitsuitdagings aan te spreek wat onlosmaakbaar verweef is en dus die beste gesamentlik aangespreek kan word, soos deur die prioriteite van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte aangedui.

  • Hierdie vennootskap met 11 vennootuniversiteite waarvan agt uit Afrika is: Universiteit van Kaapstad, Universiteit Stellenbosch, Rhodes-Universiteit, Universiteit van Ghana, Universiteit van die Witwatersrand, Universiteit van Nairobi, Makerere-Universiteit en die Universiteit van Pretoria. Die drie Europese universiteit is die Universiteit van Bologna, Universiteit van G?ttingen en Universiteit van Glasgow. 

Die Afrika-Europa CoRE-kluster vir Hernubare Energie word gesamentlik deur die huidige AURA Sentrum van Uitnemendheid in Energie – wat by die Universiteit Stellenbosch gesetel is – en prof Michel de Paepe, promotor en woordvoerder van die multidissiplinêre groep, EnerGhentIC by die Ghent-Universiteit in Belgi?, gelei.

Hierdie CoRE-kluster fokus op die ontwikkeling van tegnologie vir hernubare energie, billike samelewingsoorskakeling en volhoubare onderrig en opleiding. Hierdie kluster sit die werk wat van 2019 tot 2023 by die ARUA Sentrum vir Uitnemendheid gedoen is, voort en hoop om 'n betekenisvolle bydrae te lewer om een van die samelewing se grootste en dringendste behoefte aan te spreek – die huidige energie-uitdagings wat in Afrika en Europa ondervind word.

  • Die kluster bestaan uit sewe kernlede waarvan vier ARUA-universiteite is: Universiteit Stellenbosch as Afrika-leier en gasheer vir die ARUA Sentrum van Uitnemendheid in Energie, Universiteit van Ghana, Makerere-Universiteit en die jongste toevoeging, die Universiteit van Lagos. Die drie universiteit van Die Gilde is Ghent-Universiteit as Europese leier, en die Universiteit van Oslo en Groningen.

Die US is ook 'n vennoot in die Afrika-Europa CoRE-kluster vir veelvuldige morbiditeit wat daarna strewe om digitale tegnologie en kunsmatige intelligensie aan te wend om die gapings in kwantifisering, saamgroepering en neigingvoorspelling aan te spreek en om nuwe ingrypings te evalueer ten einde die diagnose, veiligheid en doeltreffendheid van ingrypings vir die voorkoming, behandeling en beheer van veelvuldige morbiditeit in Afrika suid van die Sahara te verbeter. 

  • Die Afrika-universiteite wat by hierdie kluster betrokke is, sluit in: Universiteit van Ghana, Universiteit van Pretoria, Universiteit Stellenbosch (met dr Cari van Schalkwyk, senior navorser by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Ontleding (SACEMA)) en die Universiteit van Liberi?. Die Gilde se universiteite bestaan uit die Universiteit van Warwick, King's College in die VK, Aarhus-Universiteit in Denemarke, en sluit die Kopenhagen-universiteitshospitaal, Rigshospitalet, in Denemarke in. Ander vennote sluit in Last Mile Health (Liberi?), Universiteit van Gesondheid en Verwante Wetenskappe (Ghana) en die Prinses Marie-Louise Kinderhospitaal in Ghana in.

-------------------------