中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verbeter sy posisie op QS-vakranglys
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 23/03/2023

?Die Universiteit Stellenbosch (US) kan hom as een van die voorste ho?ronderwysinrigtings in die wêreld beskou in die bre? vakgebiede Lewenswetenskappe en Geneeskunde; Lettere en Geesteswetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Bestuur; Ingenieurswese en Tegnologie; en Natuurwetenskappe. Dít is volgens die 2023 Quacquarelli Symonds- (QS-) wêreldranglys vir Universiteite volgens Vakgebied wat Woensdag (22 Maart 2023) vrygestel is.

Altesame 1 597 instellings is vir die 2023-ranglys in 54 vakke in bogenoemde bre? vakgebiede beoordeel. Meer as 16,4 unieke artikels wat tussen 2016 en 2020 verskyn het en wat nagenoeg 117,8 miljoen sitasies van 2016–2021 opgelewer het, is ontleed.

Die US het sy plek in vier van hierdie vakgebiede verbeter. Dit het 'n top-250-plek in Lewenswetenskappe en Geneeskunde behaal, en verskyn nou in die top 350 in Lettere en Geesteswetenskappe, in die top 450 in Ingenieurswese en Tegnologie, in die top 400 in Sosiale Wetenskappe en Bestuur, en in die top 500 in Natuurwetenskappe.

Voorloper in SA

Wat spesifieke vakkategorie? betref, het die US sy wêreldwye plek in Omgewingswetenskappe en Geneeskunde verbeter deur na die top 250 op te skuif. Dit is die voorste universiteit in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou (74ste in die wêreld) en Teologie, Godgeleerdheid en Godsdienste Studies, en in Ontwikkelingstudies (albei in die top 100), Chemiese Ingenieurswese (top 300) en Meganiese, Lugvaartkundige en Vervaardigingsingenieurswese (top 350). Die US vir die tweede jaar in 'n ry eerste in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies, en tweede in Opvoedkunde (top 350), Aptekerswese en Farmakologie (top 300), Besigheid en Bestuurstudies (top 500), Sielkunde (top 330), Biologiese Wetenskappe (top 350) en Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese (top 450). ?Die US beklee ook die tweede plek in Engelse Taal en Literatuur (top 250) nadat dit verlede jaar derde was. ?Dit verskyn ook in die top 330 in Rekeningkunde en Finansies.

“In ooreenstemming met ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wil ons ook onsself in ho?r onderwys wêreldwyd onderskei, so ons is baie bly dat ons reputasie in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies nommer een op die ranglys is. As die enigste universiteit in Suid-Afrika wat wingerdbou en wynkunde aanbied danksy ons unieke wynstreek, is ons veral trots daarop dat hierdie eer Landbou te beurt geval het," sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake.

Aanwysers

Die QS gebruik vyf aanwysers vir hul ranglys, naamlik akademiese reputasie op grond van persepsies; werknemer-reputasie; navorsingsitasies per artikel; H-indeks; en die bygevoegde Internasionale Navorsingsnetwerk (IRN). Die eerste twee is gegrond op wêreldwye opnames onder akademici en werkgewers wat gebruik word om 'n instelling se internasionale reputasie in elke vak te bepaal. Navorsingsitasies per artikel meet die gemiddelde aantal sitasies wat per publikasie behaal is en is 'n skatting van die impak en gehalte van die wetenskaplike werk wat deur universiteite gedoen word. Die H-indeks bepaal die stabiliteit van die impak en gehalte van die werk wat deur 'n instelling se akademici gepubliseer word. Die IRN is 'n maatstaf van 'n universiteit se doeltreffendheid om stabiele navorsingsmedewerkings in elk van die vyf bre? vakgebiede te vestig.

Die US het die afgelope paar jaar konsekwent onder die beste tersiêre inrigtings wêreldwyd op die volgende ranglyste verskyn: QS-wêreldranglys volgens vakgebied, Times Higher Eduction se wêreldranglys vir vakke en die ShanghaiRankings-wêreldranglys vir akademiese vakke. Hierdie ranglyste gebruik verskillende metodologie? en aanwysers om universiteite se plek op hulle ranglys te bepaal.