中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Klimaatsverandering affekteer mense se gesondheid op vele wyses
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 23/09/2022

Klimaatsverandering bedreig steeds die gesondheid van talle gemeenskappe, veral die wêreld se kwesbaarstes.

Prof Bob Mash van die Departement Huisarts- en Noodgeneeskunde aan die Universiteite Stellenbosch, het hierdie mening gehuldig in 'n onlangse lesing van die Stellenbosch Forum. Dit was die sesde lesing in die reeks vanjaar en die tema was 'Klimaatsverandering: die grootste globale gesondheidsbedreiging van die 21ste eeu'.

Die Stellenbosch Forum-lesingreeks het in 1990 begin en bied gereelde geleenthede vir US-personeel en -studente, asook lede van die publiek, om meer te wete te kom oor die navorsing van wêreldgehalte wat by die Universiteit gedoen word. Die lesings, wat op 'n toeganklike en verstaanbare manier aangebied word, bied aan beide akademici en nie-akademici 'n platform vir kritiese debat wat oor die grense van vakgebiede strek.

Mash het in sy lesing genoem die droogte in die Kilifi-distrik in Kenia en die vloede in KwaZulu-Natal is voorbeelde van hoe klimaatsverandering mense se gesondheid raak.

“Mislukte oeste, die dood van lewende hawe weens die hitte en 'n watertekort in Kilifi het tot massiewe wanvoeding en voeselonsekerheid onder die plaaslike bevolking gelei.

“In KwaZulu-Natal het vloede klinieke en hospitale beskadig. Baie mense se chroniese medisyne het verlore gegaan en daar was kommer oor die uitbreek van siektes wat in die water voorkom."

Mash het bygevoeg dat die uiterste ho? temperature gesondheidsrisiko's soos hitteuitputting en sonsteek inhou. “Die buitengewone hitte word interessant genoeg ook met 'n toename in aggressie en 'n verskeidenheid velprobleme verbind.

“Arm mense in informele nedersettings, diegene met voorafbestaande toestande, bejaardes en kinders sal waarskynlik die ergste onder hierdie ho? temperature ly."

Mash het gesê malaria en siektes soos cholera wat in die water voorkom, sal versprei en beserings en trauma sal die direkte gevolg van uiterste klimaatstoestande soos vloede, brande en storms wees.

“Die uitwerking van klimaatsverandering sal geestesgesondheidsprobleme, veral post-traumatiese stres, depressie, angs en middelmisbruik, in ons gemeenskappe verhoog."

Volgens Mash moet ons die lewenskragtigheid van gesondheidsdienste verbeter ten einde op die uitwerking van klimaatsverandering te kan reageer.

“Ons het leierskap en staatsbestuur nodig, asook genoegsame menslike hulpbronne in die gesondheidsorgkorps, kapasiteitsverhoging en opleiding, beter bewustheid en kommunikasie in voorafdiens en indiensopleiding, gereedheid vir noodgevalle en rampbestuur vir rampe en uiterste weersomstandighede.

“Ons moet ook die klimaatsensitiewe siektes identifiseer wat op ons bevolkingsgroepe toepaslik is en waarneming vir hierdie siektes vestig. Ons moet die vroe?waarskuwingstelsels aan die gesondheidsektor koppel. Dit mag beteken dat aanwysers soos landbou- of meteorologiese aanwysers wat nie noodwendig met gesondheid verband hou nie, in die gesondheidsektore ingebring moet word."

Mash het bygevoeg dat die lewenskragtigheid van gesondheidsdienste ook verbeter kan word deur gesondheidsgeriewe te bou wat uiterste temperature en hitte kan weerstaan, deur volhoubare energie- en watervoorsiening te ondersoek en noodkommunikasiekanale te verseker, en om die toevoerketting van medisyne en ander lewensmiddels gedurende noodgevalle te handhaaf.

“Gesondheidsdiensteprogramme moet kyk na die invloed wat hierdie omstandighede op voeding, aansteeklike siektes, uitbrekings, hitte-verwante toestande, allergie?, geestesgesondheid en beserings en trauma sal hê.

“Ons moet die lewenskragtigheid van ons gesondheidsorgstelsel finansier."

Mash het ter afsluiting 'n dringende beroep op die gesondheidsektor gedoen om ook sy bydrae tot klimaatsverandering te verminder.

“Na raming is die gesondheidsorgsektor se klimaatsvoetspoor gelykstaande aan 4,4% van die wêreldwye netto emissies. Om dit eenvoudiger te stel – indien die gesondheidsektor 'n land was, sou dit die vyfde grootste vrysteller op die planeet wees."