中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meer navorsing nodig oor mitochondriese oorplanting as behandeling vir pulmonêre hipertensie
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 17/05/2022

Pulmonêre hipertensie (ho? bloeddruk wat bloedvate in die longe aantas) is ? dodelike siekte wat sowat 75 miljoen mense wêreldwyd raak. Mitochondriese oorplanting word as ? moontlike behandelingsopsie aangeprys, maar dis nog onseker of dit doeltreffend genoeg sal wees om dié siekte te genees of sterftekoerse te verlaag.

Dít volgens dr Gerald Maarman van die Sentrum vir Kardio-metaboliese Navorsing in Afrika (Carma) in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het ? oorsig onderneem van bestaande literatuur oor outolo? mitochondriese oorplanting in die konteks van ander siektes en die terapeutiese potensiaal daarvan in pulmonêre hipertensie uitgelig. Hy het ook etlike bekommernisse oor hierdie tipe oorplantings bekyk. Mitochondriese oorplanting is ? tegniek waardeur mitochondria van ? pasi?nt se skeletspiere onttrek word en in ? beskadigde orgaan van dieselfde inidvidu oorgeplant word.

Die bevindings van Maarman se oorsig is onlangs in die American Journal of Physiology-Lung Cellular and Molecular Physiology gepubliseer.

Volgens Maarman word pulmonêre hipertensie met genietiese mutasies, hipoksie (lae suurstofvlakke in die longe), strukturele longskade, tuberkulose, virale infeksies (MIV, SARS‐CoV‐2) en die verhoogde produksie van oksidatiewe stres geassosieer.

Hy sê omdat die meeste siektes gedeeltelik deur mitochondriese wanfunksionering veroorsaak word (wanneer mitochondria nie genoeg energie vir die selle produseer of nie voldoende by siektes aanpas nie), kan mitochondriese oorplanting ? potensi?le behandelingsbenadering wees.

“Mitochondriese oorplanting is ? redelike nuwe strategie om mitochondriese skade en disfunksie in pulmonêre hipertensie te herstel. Dit word voorgestel vir die behandeling van mitochondriese disfunksie in Parkinson se siekte en ander neuro-degeneratiewe siektes, hartversaking en hartaanvalle.

“Die gebruik en impak van mitochondriese oorplanting vir beroertes en hartiskemie (beperkte bloedtoevoer na die hart) word tans in 'n paar kliniese proewe ondersoek. Kliniese én eksperimentele modelle word derhalwe gebruik om mitochondriese oorplanting te toets en bevindings is op hande wat ? beter idee van die ware doeltreffendheid van hierdie metode sal bied."

Maar die beskrywing van die rol van mitochondriese oorplanting in pulmonêre hipertensie is nog gebrekkig en daar is minder as ? handvol publikasies oor die onderwerp, voeg Maarman by.

“Met verpersoonlikte geneeskunde is die denke dat die oorplanting van ? pasi?nt se mitochondria van een orgaan na ? ander algemene gesondheid kan verbeter. Ongelukkig lê ? lang pad nog voor en word mitochondriese oorplanting nie tans as ? vorm van verpersoonlikte geneeskunde beskou nie, maar eerder as ? eksperimentele behandeling wat ondersoek word."

Maarman noem ? paar uitdagings met betrekking tot mitochondriese oorplanting: die bron van eksogene mitochondria bevat moontlik nie voldoende mitochondria nie; die proses om mitochondria van die spiere te isoleer kan iskemiese- en stresskade berokken aan die mitochondria wat vir oorplanting bestem is en hierdie skade kan na die oorplantingsarea van die pasi?nt oorgedra word; en die opname en oorlewing van die mitochondria in die oorplantingsarea kan deur sirkulasiefaktore in die pasi?nt se liggaam ontwrig word.

Hierdie uitdagings is volgens Maarman oorkombaar en behoort navorsers nie af te skrik om die doeltreffendheid van mitochondriese oorplanting verder te ondersoek of om hierdie uitdagings op kreatiewe wyses te oorkom nie.

“Ons moet verstaan dat verdere navorsing nodig is voor mitochondriese oorplanting as ? doeltreffende behandeling beskou kan word, omdat baie van die meganismes of potensi?le langtermyn-risiko's nog onbekend is.

“Desondanks is verdere studies geregverdig en kan navorsing oor mitochondriese oorplanting as ? vorm van behandeling nuttig vir die veld van pulmonêre hipertensienavorsing en -gesondheidsorg wees."

  • ?Bron: Maarman, G 2022. Reviewing the suitability of mitochondrial transplantation as therapeutic approach for pulmonary hypertension in the era of personalised medicine. American Journal of Physiology-Lung Cellular and Molecular Physiology. doi: org/10.1152/ajplung.00484.2021

Foto deur CDC by Unsplash.