中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ACS-inisiatief vir ontluikende vakkundiges aanlyn én aan die gang
Outeur: Brent Abrahams; Coordinator: Emerging Scholars’ Initiative
Gepubliseer: 28/04/2021

?As deel van die Afrikasentrum vir Akademieskap (ACS) se inisiatief vir ontluikende vakkundiges (ESI), wat in 2020 bekend gestel is, sal die Universiteit Stellenbosch met vennote oor die hele Afrikavasteland saamwerk om verskeie multidissiplinêre gesamentlike skole aan te bied.

As 'n natuurlike verlengstuk van die aktiwiteite wat die Stellenbosse Afrika Doktorale Akademie (ADA) aanvanklik in 2009 aangevoor het, het US Internasionaal se Afrikasentrum vir Akademieskap (ACS) in 2018 die program Gesamentlike Skole in Afrika van stapel gestuur. Die program beoog om bekostigbare, vaardigheidsgebaseerde kontakleer van gehalte by Afrikavennootinstellings te voorsien om akademieskap en loopbaanopleiding aan te moedig en te versterk. Dít ondersteun op sy beurt die ACS se doelwit om tot die ontwikkeling van die vasteland en sy mense by te dra deur nuwe en ontluikende vakkundiges wêreldwyd te verbind en geleenthede vir navorsing en die ontwikkeling van onderrig en leer in die ho?r onderwys te skep.

Hierdie oogmerke sal nou verder onderstut word deur die ACS se nuwe inisiatief vir ontluikende vakkundiges (ESI), wat in 2020 bekend gestel is. Dié samewerkingsprojek bou voort op die eerste gesamentlike skole in Ethiopi?, Kenia, Rwanda en Uganda in 2018, sowel as die vennootskap met die Periperi U-skool in Tanzani?. Die doel is om oor die volgende drie jaar 12 gesamentlike skole by vennootinstellings in Egipte, Ethiopi?, Kenia, Malawi, Nigeri?, Rwanda, Senegal, Uganda en Zambi? aan te bied. Ses van die vennootuniversiteite is ook lede van die Alliansie van Afrikanavorsingsuniversiteite (ARUA).

Die ESI sal op twee strome konsentreer – een vir PhD-studente en 'n ander vir personeellede wat deur hulle eie instellings as ontluikende vakkundiges ge?dentifiseer is. Kursusse handel oor navorsingsmetodologie, studieleiding, akademiese skryfwerk en publikasie, sowel as generiese vaardighede, na gelang van individuele instellings se behoeftes en prioriteite. Die programme word gesamentlik deur US-fasiliteerders en fasiliteerders van die vennoot-/gasheerinstelling saamgestel.

Sodoende wil die ESI graag akademieskap onder ontluikende akademici op die vasteland aanmoedig, samewerkingsgeleenthede in Afrika skep, US-personeel van onderriggeleenthede voorsien, en die US se vennootskappe in Afrika uitbou en versterk om mobiliteit tussen vennote te verhoog. Daarbenewens sal US-studente aan nuwe omgewings op die vasteland blootgestel word, wat hulle wêreldburgerskap, kruiskulturele vaardigheid en potensiaal vir toekomstige samewerking sal ontwikkel.

Weens die ontwrigting as gevolg van die koronaviruspandemie kon die gesamentlike skole uiteraard nie volgens plan begin nie, en moes die ESI vinnig aanpas. Deur te leer uit die ervarings van die program Gesamentlike Skole in Afrika én die ADA-vlagskipprojek het die ESI egter gelukkig daarin geslaag om na 'n ten volle aanlyn onderrigomgewing oor te skakel. Drie aanlyn gesamentlike skole, met onderskeidelik Strathmore-universiteit (Kenia), die Universiteit van Lagos (Nigeri?) en die Universiteit van Rwanda, vind in die eerste semester van 2021 plaas.