Ons behoort gesonder sosiale media-gewoontes te kweek wat ooreemstem met ons waardes, skryf prof Dion Forster van die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie in ? meningsartikel vir The Conversation (21 Oktober 2020).
- Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder.
'n Suid-Afrikaanse radioprogram het onlangs gevra: "As jy moet kies tussen jou selfoon en jou troeteldier, wat sou jy kies?" Dink 'n oomblik daaroor na. Baie inbellers het geantwoord dat hulle hul telefoon sou kies. Ek was geskok ... Maar om eerlik te wees, ek gee meer aandag aan my foon as aan my geliefde honde!
Deur die geskiedenis heen was daar ontdekkings wat die samelewing op ondenkbare maniere verander het. Geskrewe taal het dit moontlik gemaak om oor ruimte en tyd heen te kommunikeer. Die drukpers, sê historici, het gehelp om samelewings te vorm deur die massa-verspreiding van idees. Nuwe vervoermiddels het sosiale norme radikaal getransformeer deur mense in kontak te bring met nuwe kulture.
Tog is dit nie vergelykbaar met hoe die internet ons individuele en sosiale identiteit vorm en misvorm nie. Ek onthou die eerste keer toe ek 'n tiener met 'n Amerikaanse aksent hoor praat het en ontdek het dat sy nooit buite Suid-Afrika was nie, maar haar aksent opgetel het deur YouTube te kyk. Ons vorm ons tegnologie?, maar dit vorm ons ook.
Die moontlike negatiewe gevolge van sosiale media word weer deur The Social Dilemma op Netflix beklemtoon. Die dokumentêr, wat deur Facebook as sensasioneel en onregverdig beskou is, wys hoe dominante en grootliks ongereguleerde sosiale media-ondernemings gebruikers manipuleer deur persoonlike data te oes, terwyl hulle algoritmes gebruik om inligting en advertensies wat kan lei tot verslawing aan sosiale media – en gevaarlike antisosiale gedrag. Die program gebruik onder meer die samesweringsteorie QAnon as voorbeeld, wat toenemend mense in Afrika teiken.
Ten spyte van sy gebreke, het die dokumentêr my laat wonder wat ons verhouding met sosiale media behoort te wees? As ? professor van etiek, het ek besef dat ons morele keuses moet maak oor hoe ons met ons tegnologie omgaan. Dit vereis 'n eerlike evaluering van ons behoeftes en swakpunte, en 'n duidelike begrip van die bedoelings van hierdie platforms.
Toutrekkery met tegnologie
Yuval Noah Harari, die skrywer van Sapiens, beweer dit is ons vermo? om 'fiktiewe' lewens te lei wat mense onderskei. Hy beweer dat jy “'n aap nooit sou kon oortuig om jou 'n piesang te gee deur hom onbeperkte piesangs in aaphemel ná die dood te belowe nie". Mense het die vermo? om te glo in dinge wat ons nie kan sien nie – wat dinge wat bestaan, verander. Idees soos vooroordeel en haat is byvoorbeeld kragtig genoeg om oorlo? te veroorsaak wat duisende ontwortel.
Die muur tussen Israel en Palestina is in mense se gedagtes ontstaan voordat dit in bakstene en doringdraad omskep is. Die filosoof Oliver Razac se boek Barbed Wire: A political history stel ondersoek in na hoe hierdie vlymskerp tegnologie ontplooi is van plase wat inheemse volke ontwortel het tot die loopgrawe van die Eerste Wêreldoorlog en die gevangenisse van hedendaagse demokrasie?.
Tegnologie is in 'n voortdurende sielkundige, politieke en ekonomiese toutrekkery met die mensdom gewikkel. Tog is sommige van die hedendaagse tegnologie? baie subtieler as doringdraad. Hulle is diep in ons lewens ge?ntegreer – hulle ken ons beter as wat ons onsself ken.
Ek het duisende 'vriende' op sosiale media – heeltemal te veel om sinvol mee te skakel. Tog kan ek soms vir mense wat ek nog nooit ontmoet het nie meer teenwoordig wees as vir my gesin. Dit is nie toevallig nie – sosiale media-platforms is ontwerp om ons aandag te soek en te hou. Hulle is besighede wat daarop ingestel is om geld te verdien. Shoshana Zuboff, 'n professor van Harvard-universiteit, wat in die dokumentêr verskyn, verduidelik in The Age of Surveillance Capitalism dat sosiale media “uitsluitlik besigheid doen in die toekoms van mense".
Ons is die produk
Zuboff sê dat sosiale media-platforms ons emosies en pre-kognitiewe behoeftes soos om aan te behoort, erkenning, aanvaarding en plesier wat in ons is 'bedraad' is, uitbuit om ons voortbestaan te verseker.
Erkenning hou verband met twee van die primêre funksies van die brein, die vermyding van gevaar en die vind van maniere om in ons basiese oorlewingsbehoeftes te voorsien (soos kos of 'n maat om ons genepoel te laat voortbestaan). Hierdie maatskappye gebruik volgens haar die slimste ingenieurs, sosiale sielkundiges, gedragsekonome en kunstenaars om ons aandag te behou, terwyl advertensies tussen ons video's, foto's en statusopdaterings gespeel word. Hulle verdien geld deur 'n toekoms aan te bied wat hul adverteerders aan jou sal verkoop.
Of, soos die voormalige Google- en Facebook-werknemer Justin Rosenstein, in The Social Dilemma sê:
Ons aandag is die produk wat aan adverteerders verkoop word.
As ons volwasse breine so vatbaar is vir hierdie soort manipulasie, watter uitwerking het dit op die ontwikkelende gedagtes van kinders?
Die dokumentêr herinner die kyker ook daaraan dat sosiale media 'n subtieler en kragtiger invloed op ons lewens het wat ons sosiale en politieke realiteit vorm.
Fopnuus en haatspraak
Die dokumentêr gebruik 'n voorbeeld uit 2017 waarin Facebook-gebruik gekoppel word aan geweld wat gelei het tot die ontworteling van byna 700,000 Rohingya-persone in Mianmar. Iets wat nie regtig bestaan nie ('n sosiale media-platform) het iets wat bestaan (die veiligheid van mense), gewelddadig verander. Facebook was 'n primêre kommunikasiemiddel in Mianmar. Facebook is vooraf in nuwe telefone ge?nstalleer. Waarvan gebruikers nie bewus was nie, was 'n 'derde persoon' – ?die algoritmes van Facebook – wat inligting wat haatspraak en fopnuus ingesluit het, deel van hul gesprekke gemaak het. In Afrika het soortgelyke verslae uit Suid-Soedan en Zimbabwe verskyn.
? Ander voorbeeld wat gebruik word, is die Cambridge Analytica-skandaal, wat ook in Afrika afgespeel het, veral in Nigeri? en Kenia. Facebook-gebruikersinligting is ontgin en verkoop aan gevaarlike politieke akteurs. Hierdie inligting (soos dinge wat mense gevrees het en wat hulle ontstel het) is gebruik om verkeerde inligting te versprei en hul stembesluite oor belangrike verkiesings te manipuleer.
Wat om daaraan te doen?
So, wat doen ons? Ons kan nie regtig sosiale media opgee nie, en ek dink nie dit is nodig nie. Hierdie tegnologie? is reeds diep verweef met ons daaglikse lewens. Ons kan nie ontken dat dit waarde het nie.
Net soos mense moes aanpas by die verantwoordelike gebruik van die drukpers of langafstandreise, sal ons meer doelgerig moet wees oor hoe ons met hierdie nuwe tegnologie? omgaan. Ons kan begin deur gesonder sosiale media-gewoontes te kweek.
Ons behoort ook 'n groter bewustheid te ontwikkel oor die doelstellings van hierdie maatskappye en hoe hulle dit bereik, terwyl ons terselfdertyd verstaan hoe ons inligting gebruik word. Dit sal ons in staat stel om 'n paar eenvoudige verbintenisse aan te gaan wat ons gebruik van sosiale media met ons beter waardes belyn.