Elize se navorsing en onderrig het bevind dat gesondheidsberoepslui gedragsvaardighede soos empatie kan aanleer, maar hulle sal waarskynlik nie volgehoue veranderinge maak vir pasi?ntgesentreerde gesondheidsorg totat dit resoneer met hulle eie wêreldbeelde nie. Sover het sy meeste van hierdie werk met voorgraadse studente gedoen. Dr Archer het besef dat studente se gedrag en gedagtes beter be?nvloed kan word as die registrateurs se perspektief in ag geneem word. Registrateurs is spesialiste in opleiding en hulle het 'n groot invloed op junior studente se ontwikkeling. Dit is belangrik om te verstaan hoe hulle in die besige en komplekse gesondheidstelsel regkry om empaties te kommunikeer en om te gaan met pasi?nte. En dit is presies hierop waarop haar opvolgnavorsing fokus.
“Die voorsienbaarhede wat SOL verskaf was instrumenteel in my akademiese ontwikkeling. As ‘n nuwe dosent in the Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het ek in 2008 ‘n FINLO toekenning ontvang vir ‘n projek oor die gebruik van gesimuleerde pasi?ntscenario in die onderrig van basiese vaardighede in kliniese prosedure. Dit het my gehelp om die kommuniksasievaardighede van mediese studente te begin ondersoek. Van daar af het so baie gebeur en ek is oortuig dat hierdie geleentheid my gehelp het om te begin!” Dr
Archer het ’n US Toekenning vir Uitnemende Onderrig in die kategorie “
Ontluikende Dosent” in 2018 ontvang. In 2019 het sy ook ’n sertifikaat van
meriete vir haar Onderriggenootskap ontvang ter erkenning van haar bydrae tot
die ontwikkeling van die akademieskap van onderrig en leer aan die US. |