?Eiendomsregkenner prof
Zsa-Zsa Boggenpoel staan dikwels verstom oor presies hoe maklik Suid-Afrika se
veelgeroemde, progressiewe konstitusionele ideale en wette sommerso ge?gnoreer
word. Dit pla haar dat die stemme van kwesbare, gemarginaliseerde mense in die
proses nie gehoor word nie, en dat hul regte verwater word. Sy weet ook dat
mense baie keer nie die vaagste benul het van al die regsmasjinerie wat tot hul
beskikking is nie.
Prof Boggenpoel sal op 30
Oktober om 13:00 die volgende lesing in die Forward with Research Impact-reeks
van die Afdeling Navorsingsontwikkeling lewer. Dit vind plaas in die Universiteitsmuseum.
Sy sal besin oor spesifieke voorbeelde waarin Suid-Afrikaanse owerhede en die
regstelsel haweloses se hul basiese reg tot verblyf en privaatheid hanteer het.
“Ons sien gereeld hoe die
wet een ding sê, maar in werklikheid ver verwyder staan van wat op voetsoolvlak
gebeur,” verduidelik Boggenpoel, sedert 2018 'n professor in publieke regte aan
die Universiteit Stellenbosch en bekle?r van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel
in Eiendomsreg. “Daar is ‘n toenemende behoefte om hierdie gaping sinvol te
oorbrug.”
Haar Leerstoel het onlangs
insette gelewer in 'n boekie oor wat mense se regte is ten tyde van
uitsettings. In September is daar ook ‘n werkswinkel aangebied waarin besin is
oor die implikasies van die Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou se 2019
verslag aan die Suid-Afrikaanse President. Hieromtrent meen Boggenpoel dat die
land se wette nog nie genoegsaam toelaat dat alle fasette van die
landhervormingsdebat in Suid-Afrika opgelos kan word nie. Vergoeding in gevalle
van onteiening is 'n saak waaroor sy al byvoorbeeld reeds in 2012 in die South
African Law Journal geskryf het.
Haar nagraadse studente
fokus hul aandag op hoe eiendomswette ingevolge Artikel 25 van die Suid-Afrikaanse
Grondwet op grondvlak en binne gemeenskappe afspeel. So besin een student oor
die minimum standaarde wat mense volgens wet op aanspraak kan maak wanneer
behuising aan hulle voorsien word. 'n Ander student oorweeg weer of inwoners genoegsaam
geraadpleeg word wanneer informele nedersettings hervestig word.
Vir Boggenpoel heg meer
waarde daarin om te besin oor hoe die wet kán wees, eerder as om bloot net dit
dink oor wat dit tans is. “Regsbeginsels is nie so rigied soos baie mense dink
nie. Ons sien daagliks hoe howe dit buig. Ons het nuwe maniere nodig om Suid-Afrika
se probleme op te los. ”
Daarom glo sy dat baie
van die land se probleme en spanningsituasies opgelos kan word deur 'n meer
progressiewe lees van die wet.
“Dis my passie om dit te
probeer ontsluit. Ek dink aan maniere waarop ons byvoorbeeld meer progressief
kan wees sodat ons gemarginaliseerde groepe kan beskerm. Ek wil moontlikhede
ontsluit wat nog nie voorheen oorweeg is nie. Die wet het die potensiaal om dit
te doen, maar ons moet meer kreatief wees in die manier waarop ons dinge beskou.”
Een van haar nagraadse
studente het onlangs 'n blog-artikel oor Boggenpoel geskryf. Daarin word sy beskryf
as 'n “merkwaardige voorbeeld van die moderne juris” wat die status quo op 'n
verantwoordelike manier uitdaag en slegs in debat tree na behoorlike
bestudering van die wet en feite. Die artikel prys haar as iemand wat juis
buite die kassie kan dink, en die moed het om haar mening te deel wanneer dit
nodig is.
Op grond van haar CV en
selfs haar Twitter-profiel sou mens maklik die indruk kon kry dat die regstelsel
al is waarvoor Boggenpoel leef. Foto's in haar kantoor met sy houtvloere gee
egter ‘n kykie in ‘n ander belangrike aspek van haar lewe: dié van werkende
moeder.
Boggenpoel, een van die
jongste professore in diens van die US, het haar intreerede verlede jaar op die
ouderdom van 32 jaar gelewer. ‘n Paar maande later het sy en haar man, Blake,
vir die tweede keer die ouers van ‘n seun geword. Dit beteken dat sy met min
slaap agter die blad baie balle in die lug moet hou – van nagraadse
studieleiding en die skryf van ‘n regsmening oor kwessies tot kosblikke pak en
soek na verlore speelgoed!
Ten spyte van die
uitdagings is dit vir haar belangrik om ‘n betrokke ma te wees. ‘n Bonus van
moederskap is dat dit haar geleer het om soms net af te skakel, en die vryheid
van sogenaamde “niks doen” te geniet. Om haar skootrekenaar toe te maak, en net
langs haar vierjarige te sit terwyl hy 'n 16-stuk legkaart bou. Dis ‘n seldsame
ervaring in ‘n lewe wat sover andersins gekenmerk is deur doelgerigte werksverrigting,
prestasies en uitnemendheid.
Hierdie Y-ge?valueerde akademikus
was in 1992 hoofmeisie van Ho?rskool Hermanus, het in die 2000’s vir Boland se
senior span netbal gespeel en is selfs op ‘n stadium vir die Suid-Afrikaanse
Protea-groep oorweeg. Haar meestersgraad oor die verpligte oordrag van
eienaarskap in gevalle waar bouregulasies oorskry word was van so ‘n ho?
standaard dat dit na ‘n doktorale proefskrif opgegradeer is. Dié het sy op
26-jarige leeftyd van die Universiteit Stellenbosch ontvang. ‘n Beurs het
nagraadse studies aan die Universiteit van Oxford toegelaat. Sy is 'n lid van
die Young Property Lawyers Forum (YPLF) en skryf oor eiendomsaangeleenthede vir
die Juta Quarterly Review. In 2015 is haar ho? werksverrigting vereer
met twee toekennings van die Universiteit Stellenbosch.
Boggenpoel erken dat sy
iemand is wat “energie kry uit besig wees”. Haar dryfkrag is ‘n gevolg van haar
grootwordjare in Mount Pleasant in Hermanus. Haar ouers het geskei toe sy net
nege jaar oud was. Daarna het haar ma, wat in ‘n kruidenierswarewinkel gewerk
het, vir Boggenpoel en haar ouer suster alleen grootgemaak. Boggenpoel is
eintlik die jongste van drie kinders. Haar ouer broer was nog bitter jonk toe
hy aan breinvliesontsteking oorlede is. Boggenpoel het grootgeword met die
versugting om die lewe net so maklik as moontlik vir haar steeds treurende
moeder te maak. Daarom het sy al haar haar energie in die ontwikkeling van haar
talente gestort, en om waar moontlik beurse te kan bekom.
Haar plan was eintlik om
na skool ‘n rekenmeester te word, maar langs die pad het die regte gewen. Sy
het in dié professie begin studeer met die idee dat dit minstens vir haar en
haar geliefdes ‘n gemaklike lewe sou kon help verseker. ‘n Professorskap was
nooit eens ‘n oorweging in haar eerste studiejare nie, maar terugskouend gesien
pas dit haar soos ‘n handskoen.
Haar toetrede tot die
akademiese wêreld het grotendeels gebeur danksy die invloed en wysheid van haar
mentor en voorganger as bekle?r van die Leerstoel vir Eiendomsreg. Prof Andre
van der Walt is allerwe? beskoku as een van die grootste regsgesindes in
Suid-Afrika én internasionaal, en is in 2016 oorlede. Sy begrafnisbrief, wat
Boggenpoel steeds langs haar rekenaar hou, dien as inspirasie in moeilike tye.
“Andre het dinge net op
'n heel ander vlak gesien. Ek wonder soms hoe hy destyds so ver in die toekoms
kon sien, in terme van hoe dinge tans ontwikkel. As ek menings lees wat hy in 1990
of 1989 geskryf het, staan ek net verwonderd oor hoe relevant dit nou nog is om
dinge op te los,” verduidelik sy met duidelike deernis.
“Ons het lang gesprekke
gehad oor hoe mens anders moet dink, en hoe mens nie afgesit moet word deur
iets wat op die eerste oogopslag rigied lyk nie. Ek dink dit hang af van wat jy
wil sien. Mens moet jouself regtig toelaat om te kan luister. Ons hoor nie
ander nie. Ons besluit te dikwels sommer vooraf al wat ander mense wil hê.”
Van der Walt se invloed
is duidelik, maar Boegenpoel is beslis nie sy kloon nie. Daarvoor het sy te
veel besliste idees oor hoe die Leerstoel se werksaamhede daaruit moet sien.
Oor een ding is sy egter seker: dat sy, net soos Van der Walt, deur haar
begeleiding en intensiewe opleiding van nagraadse studente wil help vorm en
ontwikkel aan toekomstige regslui.