Droogte en 'n toename in waterrisiko's is die nuwe werklikheid vir Afrika. Talle produsente en rolspelers in die landbousektor het reeds hierby begin aanpas en beraam planne om vooruit te boer.
Meer vernuwing is egter nodig om veerkragtigheid in die landbousektor te vestig, veral gegewe snelle verstedeliking. Dit moet geskied op 'n manier wat plaaslike werklikhede in ag neem, het prof Danie Brink, dekaan van die Universiteit Stellenbosch (SU) se Fakulteit AgriWetenskappe, hieroor gesê.
“Die aard van landbou en geleenthede wat dit inhou, insluitende in stedelike gebiede, verskil uit die oogpunt van lae-inkomste- en ho?-inkomste-lande," het Brink gesê. “Dit maak inderdaad saak of jy in Lagos (Nigeri?), New Jersey (in Amerika), of in Groningen (in Nederland) woon wanneer ons praat oor innovasie vir die toekoms."
Brink was een van die gassprekers in 'n onlangse werkswinkel by die US oor verstedeliking en klimaatslim landbou. Die interdissiplinêre werkswinkel, getiteld “Wolkekrabbers en lugtuine: perspektiewe oor verstedeliking en klimaatslim landbou", is aangebied deur dr Bianke Loedolff. Dit was deel van die eerste postdoktorale konferensie in Suider-Afrika in sy soort.
Loedolff, verbonde aan die Instituut vir Plantbiotegnologie, het aangedui dat droogtetoestande weens klimaatsveranderlikheid reeds een van die vernaamste kopsere is vir die versekering van voedsel- en voedingsekerheid. Droogte het 'n uiters nadelige effek op bykans die helfte van gewas- en veeproduksie in Afrika.
“Met inagneming van die 'verskuilde' koolstof-, water-, en ekologiese voetspoor van talle landbougewasse, moet alternatiewe gewasse ook voortaan oorweeg word," het Loedolff gesê. Tans is mielies en koring byvoorbeeld die vernaamste gewasse wat in Suid-Afrika geproduseer word. Albei gewasse het 'n groter watervoetspoor as peulgewasse soos sojabone en duiweboontjies. “Ongeveer 900 liter water word benodig om een kilogram mielies te produseer. Vir sojaboonproduksie word 250 liter water per kilogram benodig, en vir duiweboontjies net 50 liter. Is dit nie die soort gewasse waarop ons moet fokus nie?" wou sy weet.
Volgens Brink leef meer as 50% van die wêreldbevolking nou in stedelike gebiede, met 'n jaarlikse toename van 65 miljoen mense. Teen 2050 sal tot 75% van die wêreldbevolking na verwagting in stedelike gebiede en aangrensende areas woon. “Miljoene mense verhuis na stede en dorpsgebiede met groot verwagtinge dat hul lewensgehalte sal verbeter. In Afrika het verstedeliking egter nie noodwendig mense se lewensgehalte verbeter soos wat in Asi? gebeur het nie," het Brink gesê.
Suider-Afrika word tans beskou as die streek waar verstedeliking tans die vinnigste ter wêreld plaasvind. Suid-Afrika se tendense hieroor is ho?r as die streekgemiddelde in Suider-Afrika. Meer Suid-Afrikaners leef reeds in stedelike as in landelike gebiede. Altesame 64.3% van die bevolking (34.17 miljoen mense) woon tans in stedelike gebiede.
“Die opkoms van stedelike en semi-stedelike landbou in die konteks van verstedeliking en klimaatsverandering bied nuwe geleenthede om geslagsrolle te verander en landbou-waardekettings en nismarkte te ontwikkel," het Brink gesê. “Daar is egter talle kennisgapings wat nog gevul moet word, insluitende oor beleid asook uitdagings wat met tegnologie-ontwerp verband hou."
Talle van die gevorde stedelike landboutegnologie? wat tans ontwikkel word, is nog nie lewensvatbaar in Afrika nie. Daktuine het byvoorbeeld ho? insetkostes. Daar is kwessies oor wie daarvoor aanspreeklik is, asook wie dit in stand moet hou. Landbou in beheerde omgewings vereis weer ho?vlak-tegnologie, energiebronne en is kapitaal-intensief, wat dikwels buite bereik van talle lande is. “Meestal is produksie-opsies wat ho?vlak-tegnologie vereis steeds die opsie wat die minste lewensvatbaar is. Boonop dra dit ook tans die minste by tot voedselsekerheid," het Brink gesê.
Prof Jennifer Thomson, 'n emeritus-hoogleraar in mikrobiologie verbonde aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se Departement van Molekulêre en Selbiologie, het op haar beurt uitgewy oor pogings om droogtebestande mieliegewasse te ontwikkel. Thomson is tans president van die Organisie vir Vroue in Wetenskap in die Ontwikkelende Wêreld (OWSD). “As ons die gene en kombinasies daarvan kan vind wat dit moontlik maak vir plante om waterstres te verduur, kan dit die aard van gewasontwikkeling verander," het sy gesê.
Op haar beurt het prof Jill Farrant, ook verbonde aan UK se Departement van Molekulêre en Selbiologie, 'n oorsig gebied oor die vermo? van sekere plante om in ekstreme droogtetoestande te oorleef. Dit hou moontlik enorme voordele in om voortaan meer klimaatslim te boer. Farrant, 'n A-gegradeerde navorser wat ook 'n DWT-NNS-navorsingsleerstoel ('n SARChI-leerstoel) beklee, word beskou as 'n voorloper in haar studieveld.
Daar is, so ver bekend, net 135 plantspesies wêreldwyd wat kan oorleef in ekstreme toestande en met 95% waterverlies kan oorleef, het Farrant gesê. “Sodra hierdie plante water kry, herleef dit binne 'n dag tot drie. Hierdie plante het ekstreme genetiese vermo?ns om droogtebestand te wees. Dit kan moontlik gekopieer word om gewasse te ontwikkel wat in droogtegeteisterde gebiede verbou word," het sy gesê.
Farrant glo kennis oor hierdie “herlewingsplante" hou moontlik die sleutel in om nuwe droogtebestande gewasse te ontwikkel. “Die werklikheid is duidelik. Aangesien die meeste landbou in Afrika dro?landproduksie behels, moet ons gewasse ontwikkel wat in dro?r en warmer toestande kan oorleef."
Willem Botes, navorsingsleier van die US se Planteteeltlaboratorium (US-PTL), het op sy beurt gesê die uitdagings om voedselsekerheid te verseker sal kommersi?le landbou noop om toenemend tegnologiese vindingrykheid na te streef. Botes is 'n gerekende plantteler en nou betrokke by die DWT-Graan SA Nasionale Koringteeltplatform.
“Nuwe kultivars en genetiese materiaal van plante wat meer waterstres kan verduur, is van kernbelang om die landbousektor lewenskragtig te hou," het hy gesê. “Nuwe gewasse word egter nie oornag ontwikkel nie - dit duur gewoonlik 15 tot 20 jaar. Dit beteken dat ons toenemend sal moet ondersoek instel na hoe ons tegnologie in produksie inspan.
“Ons moet fokus op ons vernaamste stapellgewasse en maniere vind om intensief te boer wat meer klimaatslim is," het hy gesê.
Medianavrae
Dr Bianke Loedolff
Instituut vir Plantbiotegnologie
Fakulteit AgriWetenskappe
Universiteit Stellenbosch
Tel: +27 21 808 3834
E-pos: bianke@sun.ac.za?