中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Instituut se nuwe kantoor gedenk eerste eienaars van huis in Joubertstraat
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 11/10/2018

?Om die 3700 inwoners wat ontwortel is in Stellenbosch-Sentraal weens die Groepsgebiedewet te gedenk, het die Universiteit Stellenbosch (US) se Africa Open Institute for Music, Research and Innovation (AOI) sy kantoor Dinsdag amptelik vernoem na die eerste inwoners wat woonagtig was te Joubertstraat 7, Stellenbosch. Hierdie spesifieke straat het later bekend gestaan as die oostelike grens van ? gebied bekend as Die Vlakte.

Die AOI ressorteer onder die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan US en is ? interdissiplinêre musieknavorsingsinstituut wat in 2016 gestig is. Die Instituut het ontwikkel uit die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS), waaraan dit verbind bly deur sy befondsing van die DOMUS-argief, sy intellektuele en kreatiewe programme, kuratorskap-aktiwiteite, argief- versameling, inisiatiewe en sy kern-visie om in DOMUS die grootste oop-toegangargief vir musiek op die Afrika-kontinent te skep. Die intellektuele en kreatiewe programme van AOI fokus op musiek, navorsing en innovasie, wat insluit musieknavorsing, navorsing-innovasie en innoverende benaderings tot musiek-maak.

Die eiendom te Joubertstraat 7, wat behoort het aan die Okkers-familie – van wie baie vandag in Idasvallei woon – sal voortaan bekend staan as Pieter Okkers Huis, op versoek van die familie. Die huis is vernoem na die eerste inwoner, mnr Pieter J.A. Okkers (1875 – 1952).

Tydens die vernoemingsgeleentheid het prof Wim de Villiers, US Rektor en Vise-Kanselier, gesê: “Die Universiteit Stellenbosch herdenk vanjaar sy eeufees. En in ons eeufeesjaar het ons die Universiteit se vele prestasies oor die afgelope 100 jaar gevier – met waardering aan almal wat gehelp het om die instelling op te bou tot wat dit vandag is. Maar, terselfdertyd, het ons onvoorwaardelik om verskoning gevra aan diegene wat uitgesluit was van die voordele wat Universiteit Stellenbosch in die verlede gebied het.

“? Baie pynlike deel van ons geskiedenis het ? halfeeu gelede plaasgevind toe inwoners van Die Vlakte hier verwyder is omdat hulle kwansuis die “verkeerde" velkleur gehad het – aldus die gehate Groepsgebiedewet van daardie tyd. Dit was die regering se handewerk, maar die Universiteit het nie beswaar gemaak nie, en het later voordeel getrek toe van die onteiende grond en eiendomme aan ons oorgedra is.

?“Wat destyds hier gebeur het, was ? onreg. Daarom is ek dankbaar die US het al in die jaar 2000 gesê, 'Die Universiteit erken sy bydrae tot die ongeregtighede van die verlede ... en dat die instelling hom in dieselfde asem verbind het tot regstelling en ontwikkeling'," het De Villiers gesê.

In 1964 is Die Vlakte, soos inwoners daarna verwys het, verklaar as ? gebied vir sogenaamde blankes, wat gelei het tot die verplasing van vele families wat daar woonagtig was tussen 1964 en 1971. Die Vlakte het gestrek van Mullerstraat in die noorde tot Merrimanlaan in die suide, ooswaarts tot by Joubertstraat en weswaarts tot by Birdstraat. Die hervestiging het ses skole in die gemeenskap geraak, sowel as ? moskee, bioskoop en 10 besighede.

In 2017, toe die Instituut hervestig is in hierdie universiteitseiendom, is dit gedoen met die bedoeling om hul nuwe perseel te vier met die “inwyding en vernoeming van die huis".

“Dit was egter nie moontlik nie," sê dr Marietjie Pauw, nagraadse navorser aan die AOI, “sonder om eers die geskiedenis van die perseel na te vors, die geboustruktuur, die area, en moontlike verbindings met mense wat daar gewoon het".

“Ons was gelukkig," sê Pauw. “Reeds vroeg tydens my navorsing het ? vriendin wat ook ? erfeniskonsultant is, Lize Malan, aan my ? dokument gestuur wat aangedui het dat 'P. Okkers' die twee aangrensende persele in Joubertstraat gekoop het in 1903, toe die erwe vir die eerste keer uitgelê is. Toe ek vir Hilton Biscombe vra of hy 'n P. Okkers ken, het hy my onmiddellik verwys na die Okkers-nasate, Pieter en Sarah Okkers, wat nou in Erasmus Smitstraat woon.

“Pieter is ? agterkleinkind van Piet Okkers. Daar was egter meer: Hilton se vrou, Colleen (gebore Gordon), kon ? verhaal byvoeg: haar ma, Rosina (Sinnie) Gordon, is in Joubertstraat gebore. Sy het altyd die kinders gevra om haar na Joubertstraat te neem om die huis te sien waar sy gebore is. Ongelukkig het Ma Sinnie slegs ? paar maande voordat die navorsing oor die eiendom begin het, gesterf."

? Jaar nadat hy die Joubertstraat-eiendomme gekoop het, is Piet Okkers oorlede. Die eiendomme is toe oorgedra aan sy seun, Pieter James Andrew Okkers, wat ? huis gebou het by Joubertstraat 5 (in 1926) en by Joubertstraat 7 (in 1927). Die Okkers-familie het op hierdie persele gewoon totdat die huise verkoop is aan die Conradie-gesin (Joubertstraat 5) en die Du Toit-gesin (Joubertstraat 7). Die presiese jaar wat die Okkers-familie verplaas is na Erasmus Smitstraat , is nie bekend nie, maar dit mag so vraag as 1946 gewees het, toe hul tweeling-kleinkinders gebore is.

Volgens Colleen Biscombe, agterkleindogter van Pieter James Okkers en vrou van Hilton Biscombe – skrywer van die boek, In Ons Bloed, wat die geskiedenis van Die Vlakte uitbeeld – het haar ma Rosina dikwels op haar ou dag gevra dat hulle verby die huise in Joubertstraat moet ry.

“My enigste werklike kennis van die eiendomme in Joubertstraat was die tye toe my ma ons sou vra dat ons haar neem en in Joubertstraat moet afry want daar was twee huise in daardie straat wat presies dieselfde lyk en sy is gebore in een van daardie huise, sy kan net nie onthou watter een nie. Danksy Marietjie weet ons nou Ma Sinnie is gebore te Joubertstraat 5," het Biscombe by die geleentheid gesê.

Die vernoeming van geboue aan die US word gerig deur die Naamgewingsbeleid en die aansoek om die huis te vernoem is deur die nodige institusionele prosesse – met volle konsultasie en finale goedkeuring deur die US Raad.

Gekoppel aan die vernoemingsprosesse het die Visuele Regstellingskomitee nou saamgewerk met AOI ten einde die naam visueel uit te beeld en te kontekstualiseer.

“Visuele regstelling aan die US het ten doel om ons verhale, geskiedenisse en ondervindings visueel uit te beeld op verskeie wyses. As sodanig gaan dit hand aan hand met die vernoemingsprosesse. Die Pieter Okkers Huis sal die eerste van vele huise in Die Vlakte wees wat gekontekstualiseer sal word as deel van die herstel van die verhale van die huise en die bre?r geskiedkundige buurt. Die US sal dus in gesprek tree met baie ander families om hul verhale visueel uit te beeld in verhouding tot vele ander oor geslagte. Dit is een poging (onder vele) om die historiese verhoudings tussen die US gemeenskap en die bre?r Vlakte gemeenskap te herstel," sê dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie.

Pauw sê die hernoeming van die huis is belangrik vir die AOI, want die Instituut wou die eerste persoon wat die huis gebou en daar gewoon het, vereer.

“Pieter Okkers word vandag beskou as ? man wat baie ten goede bewerkstellig het in hierdie dorp. Hy was ? stigterslid van die polities-radikale Volkskerk, hy was ? stigterslid van die Spes Bona Sokkerklub, en hy was Voorsitter (vir die periode 1927-1930) van die Free Gardeners organisasie toe hulle ? Orde op Stellenbosch tot stand gebring het (die vierde orde in Suid-Afrika)," sê prof Stephanus Muller, Direkteur van die AOI.

“Hy word ook vereer vir die voorsiening wat hy gemaak het vir sy familie en sy nasate. Tot vandag is die Okkers-familie trots om geassosieer te word met hom en sy vrou, Rosina. Heidi Okkers, agterkleinkind van Pieter Okkers, beplan ? aanlyn-blog waarop familie en vriende foto's van lede van die Okkers-familie en die wyer netwerk van familielede, dokumente en stories kan plaas."

Deur die jare is ? hele aantal inisiatiewe deur die US uitgevoer, wat verskeie van die ou huise wat deel van hierdie gemeenskap gevorm het, asook nuwe geboue wat later gesloopte eiendomme vervang het, besit, om diegene wat verplaas is uit Die Vlakte te vereer. Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe huisves ? permanente installasie wat panele insluit bedek met foto's van die gebied wat die alledaagse lewe van mense wat daar gewoon het, uitbeeld, sowel as getuienis van voormalige inwoners, hul kinders en kleinkinders, en ? beskrywing van die historiese konteks van die tydperk. In 2016 het US ook Die Vlakte Beursfonds geloods deur beursbefondsing toe te ken aan kinders van die families wat uit die gebied verskuif is. Dit was mnr John Abels, ? voormalige inwoner van Die Vlakte en ? oud-leerder van die ou Lückhoff Skool, wa die idee om so ? beurs te loods, aanvanklik voorgestel het.

Die kantoor sal nou ook deel vorm van ? staptoer van Die Vlakte wat tans beplan word.

?“Die Africa Open Institute se kantoor sal in die toekoms deel vorm van die staptoer van Die Vlakte wat deur die US Transformasie-kantoor en die Komitee vir Visuele Regstelling beoog word. Eenvormige muurgedenkplate met inligting en foto's van voormalige inwoners word beplan vir geboue in Die Vlakte, saamgestel deur dr Van Rooi en prof Elmarie Costandius van die Departement Visuele Kunste," voeg Pauw by.

Foto's:
Die Africa Open Institute for Music, Research and Innovation (AOI) het Dinsdag aamptelik sy kantoor vernoem na die eerste inwoners van dié gebou te Joubertstraat 7, Stellenbosch. Die huis sal voortaan bekend staan as Pieter Okkers Huis. Die eerste eienaar was mnr Pieter JA Okkers, wat twee soortgelyke huise opgerig het te Joubertstraat 5 en 7. Hier verskyn Okkers (ver regs) in seremoni?le drag (met voorsitterskraag) van die Free Gardeners omstreeks 1930. Sy vrou, Rosina C. Okkers (middel), verskyn saam met twee van haar kleindogters, Roslyn Brandt, links, en Elizabeth Okkers, regs (foto's verskaf deur Leonard Meyer en Elizabeth Meyer, gebore Okkers.)

Pieter Okkers (ver links), die agterkleinkind van Pieter Okkers, was een van die sprekers by die onthulling van die AOI-kantoor se naam. (Lynne Rippenaar-Moses)