中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US teaterkompleks na Adam Small vernoem
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie (Martin Viljoen)
Gepubliseer: 31/08/2018

Die Universiteit Stellenbosch (US) se opgeknapte en heringerigte teaterkompleks gaan vernoem word na die bekroonde digter en dramaturg, Adam Small.

Die voorstel vir die naam is na ? weldeurdagte en inklusiewe proses deur die Departement Drama voorgestel en gemotiveer. Die Uitvoerende Komitee van die Raad van die US, wat besluit oor die name van geboue in oorstemming met die US se toepaslike beleid, het onlangs op aanbeveling van die Rektoraat en die US se Komitee vir die Naamgewing en Vernoeming van Geboue, Lokale en ander Fasiliteite/Persele goedkeuring vir die naam gegee.

Small se weduwee, dr Rosalie Small, het reeds haar goedkeuring tot die vernoeming gegee.  

“Die Universiteit Stellenbosch is dankbaar en trots om met die ryke erflating van Adam Small geassosieer te word. Die US wil graag help dat die visie van menswaardigheid en helende geregtigheid waaraan hy hom as akademikus en dramaturg toegewy het, verwesenlik word," het prof Wim de Villiers, US-Rektor en Visekanselier, gesê.

Prof Nico Koopman, Viserektor: Transformasie, Sosiale Impak en Personeel het gesê dat Adam Small  akademiebeoefening en spesifiek sy talle werke in veral Afrikaans as instrumente van transformasie aangewend het. “Hy het ons tydens apartheid gehelp om weg te beweeg van apartheid na ? demokratiese samelewing, en sy erflating help ons nou om die demokratiese visie van menswaardigheid vir almal hande en voete te gee."

“Met hierdie naamsverandering wil die US hulde bring aan ? ikoon. Sonder om die verlede te ontken wil ons hiermee sê dat ons in die toekoms sal insluit en nie andersom nie," sê dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie. “Die naamsverandering is deel van ? proses van visuele regstelling en verteenwoordiging om nog meer mense op ons kampusruimtes tuis te laat voel."

Die Hertzogprys vir Drama van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is in 2012 aan Small toegeken vir sy hele oeuvre en spesifiek vir Kanna, hy k? hys toe (1965).

“Die naam is reeds in aanvangsgesprekke oor ? naamsverandering einde 2017 ter tafel gelê. Hy is in Desember 2015 met ? eredoktorsgraad deur die US vereer en word ge?ien as ? rolmodel. Sy verbintenis tot Afrikaans en bydrae spesifiek tot Kaaps Afrikaans as digter en dramaturg het as verdere motivering vir die voorstel gedien," voeg dr Mareli Pretorius, intredende Voorsitter van die Departement Drama aan die US, by.

Herinrigting

Die groot ouditorium in die teaterkompleks staan tans bekend as die HB Thom-teater en hoewel dié naam voortaan nie meer gebruik sal word nie, sal dit in die gebou gekontekstualiseer word. Die teater het voor die herinrigting uitsluitlik bestaan uit ? enkele ouditorium, maar die ruimte is nou so uitgebrei dat dit ?  seminaarkamer en ? kleiner laboratorium-teaterruimte insluit. Die Adam Small Teaterkompleks verwys dus na die multifunksionele fasiliteit in geheel.

Die nuutingerigte groot ouditorium spog met onder meer ? gemeganiseerde stelsel om selfs swaar dekorstukke op te hys of te laat sak tydens vertonings, ? moderne beligtingstelsel wat ten volle LED-funksioneel is en ? klankstelsel – wat alles aan internasionale standaarde voldoen. In die ouditorium met sy 324 sitplekke, is daar klem gelê op die gehoor se sigvermo?.

Dié teater sowel as ? tweede, kleiner laboratorium-teaterruimte en ? splinternuwe seminaarkamer, kan kommersieel aangewend word vir beide die uitvoerende kunste en ander funksies soos konferensies, lesingreekse en ander geleenthede.

Die aangrensende Dramadepartement, wat nou vir die eerste keer funksioneel aansluit by die teaterkompleks, beskik oor twee nuwe klankateljees, ? televisie-opnameateljee en redigeringsuite; ? rekenaargebruikersarea; sowel as nuutingerigte en uitgebreide repetisielokale en herontwerpte werkspasies, insluitend die teaterwerkswinkel, twee rekwisietekamers en die kostuumateljee en -stoor.

Inklusiewe proses

“? Uitgebreide en inklusiewe proses is gevolg om die naam vir die teaterkompleks te bepaal. Onder meer is ontmoetings met die onderskeie jaargroepe van die Departement Drama gere?l en die voorstel was oorweldigend positief ontvang," sê Pretorius. Ook die Fakulteit Lettere en Sosiale wetenskappe se Studentekomitee is genader terwyl ? kennisgewing oor die naam aan ge?dentifiseerde gemeenskapsliggame binne die bre?r Stellenbosch‐omgewing gestuur is – tesame met ? versoek vir terugvoer. Dit sluit in die Stellenbosch Munisipaliteit, Stellenbosch 360, e'Bosch en die Raad van Kerklike Samewerking Stellenbosch. ? Soortgelyke kennisgewing oor die proses, konteks en motivering vir die naamsverandering is ook aan feesdirekteure van die onderskeie nasionale kunstefeeste gestuur terwyl daar ook persoonlike gesprekke met ? geselekteerde groep alumni gehou is – aldus Pretorius.

  • Skakel met dr Mareli Pretorius by tel 021 808 3089 of per e-pos by mareli@sun.ac.za vir meer inligting.

EINDE

* Die Universiteit het ? eredoktorsgraad in die lettere in Desember 2015 aan Small toegeken vir  sy “verruiming van die Suid-Afrikaanse letterkunde, sy verryking van Afrikaans, en sy gevoelige dog gesaghebbende verwoording van eens verbode onderwerpe om sodoende as ? stem vir menige stemlose te dien."

Met die toekenning van die eregraad het die Universiteit Small beskryf as ? geliefde en veelbekroonde digter en dramaturg wat hom as morele gewete in die wese van die Suid-Afrikaanse nasie 'ingeskryf' en treffend kommentaar gelewer het op die vernietigende apartheidsbestel.?