中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US belê in die toekoms van Kylemore se gemeenskap
Outeur: Sandra Mulder/Corporate Communications Division
Gepubliseer: 30/07/2018

Die missie van die Universiteit Stellenbosch (US) om deel van die bre?r gemeenskap te wees en in die jeug van die toekoms te belê, is weer in die week van 25 Julie gestand gedoen.

 

Video: Stefan Els

Mense met selfone klik hier?. 

Meer as 850 leerders van die Ho?rskool Kylemore naby Stellenbosch het vir 'n dag lank besoek van verteenwoordigers uit verskeie US-omgewings soos Maties Sport, die Matie Gemeenskapsdiens, Sosiale Impak, die Taalsentrum, die Tygerbergstudente en WOW, 'n afdeling van die Woordfees ontvang, en onderrig- en voorligtingsgeleenthede gekry.

Kylemore High mix pix.png

Hierdie pretdag by Kylemore volg op verskeie sosiale-impakinisiatiewe van ander US-omgewings in en om Stellenbosch, Tygerberg en Bellville. Die meeste van hierdie sosiale-impakgeleenthede huldig die nalatenskap van Nelson Mandela, wie se 100ste verjaarsdag vanjaar met die US se 100ste verjaarsdag saamval.

Kylemore se leerders en onderwysers en die US-verteenwoordigers stem saam oor die belang daarvan om verskillende gemeenskappe by mekaar te bring en hierdie land se toekoms as 'n gemeenskap saam te bou.

Verskillende aktiwiteite soos tennis, netbal, sokker, krieket en rugby is op die dag aangebied, met US-personeel en -studente wat die leerders se sportvaardighede verder ontwikkel het. Die WOW-lede het debatsessies gehou, terwyl ander leerders skaak gespeel het en aan 'n pretloop van 67 minute deelgeneem het.

Die Direkteur: Sosiale Impak by die US, dr Antoinette Smith-Tolken, sê die dag by Kylemore was op die jeug gerig. “Ons kan net soveel van die gemeenskappe leer as wat hulle by ons leer. Mandela het altyd gesê ons moet elke geleentheid gebruik om hierdie land te verander in 'n land wat ons graag vir onsself sal wil hê. Dan sal ons 'n nieseksistiese, nierassige en gelyke land vir almal wees. Dit is die nalatenskap wat ons wil volg," verduidelik sy.

Die leerders het ook hul mening gegee oor wat hulle op die pad vorentoe uit Madiba se lewe wil neem.

Darren Pienaar, 'n graad 8-leerder, sê hy het 'n passie om soos Mandela te wees. “Mandela het die mense in apartheid se jare gered en hulle toe saam gebring – wit mense, swart mense en bruin mense."

Die hoof, me Carin Venter, sê die nalatenskap wat deel van almal se lewe moet word, is om vergewensgesind te wees, vrede na te streef, menslike verhoudings te bou en beloftes te hou. “Ons wil ook die Universiteit bedank vir die groot rol wat hulle vandag hier gespeel het."

Dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie ?, sê die US wil eenvoudig terugploeg in gemeenskappe. “Dit is 'n wonderlike geleentheid vir die US om deel te wees van die bre?r gemeenskap en die groter gesprek. Vandag verteenwoordig ons 'n verskeidenheid universiteitsomgewings soos sport, die akademie, die Matie Gemeenskapsdiens, Sosiale Impak, WOW en die Taalsentrum, en ons doelwit is om te belê in die toekoms van mense wat 'n beduidende verskil in ons land gaan maak."?IMG_8233 (2).JPG