As gevolg van toenemende belangstelling in
hierdie geleedpotige groep, het die IPM Inisiatief by die Departement van
Bewaringsekologie en Entomologie ‘n werkswinkel aangebied oor die versameling
en identifisering van Collembola. Hierdie swak bestudeerde groep word toenemend
gebruik as model organismes in verskeie studies, van landbou en ekologiese
aanwysers van grond gesondheid tot fisiologiese studies. Dr. Charlene
Janion-Scheepers wat gebasseer is by die Iziko Suid Afrikaanse Museum, het die
werkswinkel aangebied.
Deelnemers het die geleentheid gehad om twee dae in die veld te spandeer
en verskeie versameling tegnieke te oefen, terwyl die ander twee dae in die
laboratorium deurgebring is om vaardighede aan te leer vir die prosessering van
voorbeelde en die identifisering van spesies. Deelnemers het ‘n netwerk gevorm
om inligting uit te ruil en sodoende data oor die taksonomie en verspreiding
van Collombola in Suid-Afrika te versprei.