中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mikrobioloog soek in alvalwater na alternatiewe antimikrobiese middels
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 21/07/2017

Munisipale afvalwater kan dalk 'n belangrike bondgenoot wees in die stryd teen antibioties- weerstandige bakterie? en swamme wat verskeie siektes veroorsaak.

Dít is een van die hoofbevindinge van 'n nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

“Sekere bakterie? in munisipale afvalwater produseer antimikrobiese verbindings (oftewel biosurfaktante) wat die groei van antibioties-weerstandige mikro?rganismes, wat ernstige infeksies in mense veroorsaak, kan help keer," sê dr Thando Ndlovu, 'n na-doktorale genoot in die Departement Mikrobiologie aan die US. Ndlovu het onlangs sy doktorsgraad in Mikrobiologie aan die US onder leiding van prof Wesaal Khan van dieselfde departement verwerf.

 


 

Hy sê die vinnige toename in die groei van antibioties-weerstandige bakterie? was 'n belangrike rede vir sy soeke na nuwe antimikrobiese verbindings.

As deel van sy navorsing het Ndlovu monsters van afvalwater versamel en molekulêre en mikrobiologiese toetse gedoen op verskeie bakterie? wat in die water leef en die spesifieke antimikrobiese verbindings (oftewel biosurfaktante) produseer. Hy het twee bakteri?le stamme ge?soleer waarvan die biosurfaktante effektief was teen antibioties-weerstandige bakterie?.

Biosurfaktante word op natuurlike wyse deur bakterie?, swamme of gis geproduseer en kommersieel in sjampoe, stortseep en huishoudelike skoonmaakprodukte gebruik. Dié antimikrobiese verbindings word ook in die voedsel-, landbou-, kosmetiese- en mediese bedryf sowel as in die bioremedi?ring van die omgewing aangewend om bakterie? wat verrotting en siektes veroorsaak te verminder.

 “Die twee bakterie? in my studie het biosurfaktante geproduseer wat die groei van belangrike siekteveroorsakende bakterie?, soos metisillien-weerstandige Staphylococcus aureus en gentamisien-weerstandige E. coli gekeer het. Hierdie bakterie? kan lewensgevaarlike infeksies in mense veroorsaak," sê Ndlovu.

“Dit is ? belowende bevinding omdat daar wêreldwyd berig word oor die aantal sterftes wat antimikrobiese weerstandige mikro?rganismes veroorsaak. Dit word ook toenemend moeilik om hierdie organismes met huidige antibiotika te beveg."

“Die ontdekking van nuwe antimikrobiese verbindings is 'n prioriteit en biosurfaktant-verbindings kan moontlik gebruik word om nuwe antibiotika te ontwikkel vir die behandeling van verskeie infeksies wat deur antibioties-weerstandige bakterie? veroorsaak. Dié nuwe antibiotika kan uiteindelik huidige antibiotika wat nie werk nie in die toekoms vervang."

Ndlovu sê sy studie het getoon dat munisipale afvalwater ideaal is vir die isolering van ? diverse groep bakterie? wat biosurfaktante produseer. Hierdie bakterie? kan benut word om biosurfaktant-verbindings vir kommersi?le gebruik te produseer.

“Hoewel daar al verskeie studies gedoen is oor die isolering van bakterie? in besmette grond en ander omgewings wat biosurfaktante produseer, het die huidige studie gewys dat munisipale afvalwater benut kan word vir die isolering van verskillende bakterie? wat biosurfaktante produseer."

“Hierdie bakterie? floreer in besoedelde omgewings soos besmette grond of water. Hulle het die vermo? om ander bakterie? in dieselfde omgewing te oorheers omdat die biosurfaktant-verbindings hulle help om voedingstowwe te absorbeer en ook teen giftige stowwe beskerm."

Ndlovu voeg by dat biosurfaktant-verbindings ook kan bydra tot die vermindering van sintetiese antimikrobiese middels wat byvoorbeeld vir skoonmaak en bedekkingsdoeleindes gebruik word om die vermeerdering van bakterie? wat siektes en verrotting veroorsaak te keer.

Wat verdere navorsing betref, sê Ndlovu hy kyk nou hoe die biosurfaktant-verbindings wat antimikrobiese eienskappe bevat aangewend kan word.

  • Foto: Dr Thando Ndlovu in die laboratorium.
  • Fotograaf: Stefan Els

SLEGS VIR MEDIANAVRAE

Dr Thando Ndlovu

Departement Mikrobiologie

Fakulteit Natuurwetenskappe

Universiteit Stellenbosch

Tel: 021 808 5803

Sel: 073 630 7359

E-pos: thandon@sun.ac.za

             OF

Martin Viljoen

Bestuurder: Media

Korporatiewe Kommunikasie

Universiteit Stellenbosch

Tel: 021 809 4921

E-pos: viljoenm@sun.ac.za ?