中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Babas is 'boekwurms’
Outeur: Jackie Pienaar-Brink
Gepubliseer: 01/11/2016

Die sleutel tot gesondheid en intellektuele ontwikkeling lê in die eerste 1 000 dae van ? kind se lewe opgesluit.

Van die begin van swangerskap tot met ? kind se tweede verjaardag vind ontwikkeling op fisiese, intellektuele en emosionele vlak die vinnigste plaas en vergroot die brein met 80%, sê prof Mariana Kruger, Uitvoerende Hoof van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

In Suid-Afrika word baie kinders egter die reg op die beste versorging in hierdie tydperk ontsê. Die negatiewe kettingreaksie wat dit ontketen, vind tot in volwassenheid en in die samelewing as geheel weerklank: Chroniese wanvoeding lei tot swak breinontwikkeling, wat weer swak skoolprestasie meebring en uiteindelik lewenslange armoede tot gevolg kan hê, verduidelik Kruger.

"Swak voeding het ? nadelige uitwerking op ? land se bruto binnelandse produk, wat 2% tot 3% swakker kan wees," voeg sy by. "Wêreldwyd word die direkte koste vir gesondheid jaarliks op nagenoeg $20 tot 30 miljard dollar geraam."

Wanvoeding gaan egter nie noodwendig hand aan hand met armoede nie. Dít word bewys deur die feit dat lande soos Suid-Afrika, Botswana en Mexiko, met ? relatief verhoogde nasionale rykdom, nie goed vaar op hierdie gebied nie, terwyl die teendeel geld in arm lande soos Malawi, Madagaskar en Peru.

In Suid-Afrika moet vele uitdagings oorkom en fokusareas ontwikkel word.

Gesinsbeplanning en borsvoeding

Wat geboortebeperking en gesinsbeplanning betref, is daar min leiding, sê Kruger. "Goeie geboortebeperking is belangrik sodat kinders in arm gesinne nie te vinnig ná mekaar gebore word nie."

Boonop word geboortebeperkings- en gesinsbeplanningsklinieke swak besoek. Oningeligtheid, afstand en koste speel ? groot rol, met vroue wat dikwels ? dag by die werk moet afneem om daar uit te kom en soms weggestuur word omdat hulle op die verkeerde dag opgedaag het.

In die eerste 1 000 dae is die gesondheidswerker dikwels die toegangspoort tot inligting oor verbeterde voeding vir ma en kind, higi?ne en behandelbare siektes soos diarree.

Eksklusiewe borsvoeding is die enkele belangrikste stap vir kinderoorlewing in die eerste ses maande ná geboorte, benadruk Kruger. Trouens, in ontwikkelende lande gee dit ? baba ? ses keer groter kans op oorlewing as kinders wat nie geborsvoed word nie.

Feit is egter: Die vigspandemie in Suid-Afrika en die gepaardgaande vrees dat die MI-virus van ma na kind oorgedra kan word, het daartoe bygedra dat borsvoeding plaaslik in groot mate op die agtergrond geskuif is. Omdat die staat lank alternatiewe voedings verskaf het, het dit die wanpersepsie gevestig dat dit die manier is waarop dinge gedoen behoort te word. Die siening het selfs ontstaan dat dit is hoe "ryk" mense te werk gaan, verduidelik Kruger.

Dwerggroei

Ná die eerste ses maande het die baba toegang tot gebalanseerde voeding nodig. In Afrika suid van die Sahara is dwerggroei (swak groei lengtegewys) egter aan die toeneem. Dit is ? onherstelbare toestand wat aan chroniese wanvoeding in die eerste periode toegeskryf kan word. Tans word meer as ? derde van alle kinders – 17 miljoen wêreldwyd – hierdeur geraak. Daar word geraam dat gesonde voeding tot op die ouderdom van 12 maande hierdie probleem met 20% kan verminder.

Gesondheid kan egter nie in isolasie gesien word nie, benadruk Kruger. "As ons ? kind in sy eerste 1 000 dae wil red, gaan dit nie net oor oorlewing nie, maar ook oor ontwikkeling en leer. Ons het net geslaag as ons ? kind in ? selfstandige individu ontwikkel het wat uiteindelik ? werk kry en daardie werk behou."

Belang van lees

Dit verstom haar dat bitter min ouers besef hulle kan al voor geboorte vir hul kinders begin lees om hulle te stimuleer. "In Suid-Afrika is ons baie goed met die voorkoming van vigs by babas, maar skolasties word daar nie genoeg vir kinders gedoen nie. Trouens, baie Xhosasprekende ma's weet nie eens dat kinderboeke in hul eie taal bestaan nie. En ons weet kinders se onderwysuitkoms is net soveel beter as hulle die eerste twee jaar op boeke ingestel is."

Dr Miemie du Preez, ? neonatoloog in dieselfde afdeling, meen boeke is net so belangrik vir ? kind se toekoms as borsvoeding, inenting en toegang tot gesondheidsorg.

Sy is nou betrokke by ? leesprojek in die Tygerberg-kinderhospitaal, met mediese studente, verpleegkundiges of ander vrywilligers wat ma's en kinders van alle ouderdomme aan boeke blootstel.

Saamlees (wanneer ouers aan hul eie kinders voorlees) word op verskeie maniere aangemoedig, selfs vir premature babas. "As dit gereeld gedoen word, kan die struktuur van die ontwikkelende brein verander," sê Du Preez. "Elke baba wat in ons neonatale sale toegelaat word, ontvang ? kinderrympieboek in die ma se moedertaal en die ouers lees daagliks vir hulle. ? Droom is genoeg boeke sodat elke kind wat tot die Tygerberg-hospitaal toegelaat word, sal weggaan met ? prenteboek."

Du Preez wys daarop dat 75% van alle 5-jariges in die Wes-Kaap volgens ? onlangse studie nie skoolgereed is nie. "Ons kan die skoolstelsel blameer, maar die eenvoudige waarheid is dat maksimale breinontwikkeling in die eerste drie jaar plaasvind en dat verlore geleenthede en ? gebrek aan stimulasie nie omgeswaai kan word nie."

Politieke wilsbesluit

Uiteindelik is ? politieke wilsbesluit vir doeltreffende strategie? nodig, sê Kruger. Landswette, beleidsrigtings en regulasies moet verbeter word om die eerste 1 000 dae van ? kind se lewe te bevorder. (Met die veldtog "Regte Begin, Blink Toekoms", was die Wes-Kaap vanjaar die eerste provinsie wat dít ? prioriteit gemaak het.)

Kruger lig borsvoeding weereens uit as van kardinale belang. ? Kopskuif is volgens haar nodig, met ma's wat toegelaat moet word om in die werkplek te borsvoed en openbare vervoer wat toegerus moet word met sitplekke spesifiek vir borsvoedende vroue.

Ander laekoste-oplossings sluit in goeie higi?ne (voorkom sterftes weens diarree), toepaslike aanvullende voeding, asook aanvullings soos sink, yster (verbeter weerstand teen infeksies) en vitamiene A (voorkom blindheid en verlaag die risiko van sterftes aan algemene kinderinfeksies).

Vennootskappe tussen die openbare en die private sektor kan help verseker dat die nodige voedingsplanne vir ma's en kinders in plek val.

In Suid-Afrika is primêre gesondheidsorgklinieke in die praktyk verpleegstersgedrewe, maar die geweldige tekort aan verpleegkundiges en onvoldoende opleiding bly ? knelpunt. "Dis belangrik om in gesondheidswerkers te belê, veral diegene wat betrokke is tydens swangerskap en by primêre gesondheidsorgklinieke," sê sy. Hier kan veral gekyk word na Malawi en Nepal, wat uitsonderlike sukses behaal deur gesondheidswerkers strategies te plaas.

"En ouers met 'n goeie opvoeding maak ? drastiese verskil," benadruk Kruger. "Ons het ? ho? voorkoms van tienerswangerskappe en ma's wat nie matriek haal nie. Toekomstige ma's moet wanvoeding met die nodige kennis kan beveg, met die ideaal dat alle meisies volledig geskoold moet wees."

Foto: Pixabay