中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
200+ TygerMaties vang graad
Outeur: Wilma Stassen
Gepubliseer: 16/03/2016

?Meer as 200 studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), Universiteit Stellenbosch, ontvang vandeesweek kwalifikasies by Maart-gradeplegtighede in Stellenbosch.

"Hartlik geluk met die kwalifikasie wat jy verwerf het," het die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, prof Wim de Villiers, gesê. "Jy is 'n sprekende voorbeeld van die uitnemendheid waarna die Universiteit Stellenbosch streef. Mooi so, ons is trots op jou!"

In totaal gaan 209 studente van die fakulteit grade en diplomas ontvang wat strek van mediese grade (MB,ChB), diplomas in Farmakologie en Gesondheidsnavorsingetiek en Verpleegkunde tot BSc-grade, asook honneurs-, meesters-, en doktorsgrade in 'n verskeidenheid velde.

In die groep is dr Emma Krzensinski, een van die eerste studente van die universiteit om 'n MMed-graad in Mediese Genetika te voltooi, en dr Sajith Sebastian, die eerste Matie om 'n MPhil-graad in Nefrologie te ontvang – wat hy cum laude verwerf het.

Van die 209 graduandi sal 12 hulle doktersgrade (PhDs) vandag ontvang, insluitended vier personeellede van die FGGW. Hulle is:

  • Dr Bonga Chiliza van die Departement Psigiatrie, wie se navorsing die bruikbaarheid van antipsigotiese depot-middels in die behandeling van pasi?nte met skisofrenie getoets het.
  • Dr Jacques Janson van die Afdeling Kardiotorakale Chirurgie het 'n bioprostetiese mitraalklep ontwikkel en getoets in 'n skaapmodel.
  • Dr Eduard Langenegger van die Departement Verloskunde en Ginekologie, wie 'n gedetaileerde bloudruk van 'n Verloskunde Kritiesesorgeenheid ontwikkel en ge?mplementeer het, asook oudits voor en na die vestiging van hierdie diens gedoen het.
  • Dr Taryn Young van die Afdeling Gemeenskapsgesondheid het 'n beste-praktykmodel ontwikkel vir die onderrig en leer van Bewysgebaseerde Gesondheidsorg.

Drie PhD-grade is ook in Desember verlede jaar aan FGGW-personeellede toegeken. Hulle was:

  • Dr Lisanne du Plessis van die Afdeling Menslike Voeding het belanghebbendes se toegewydheid en kapasiteit om baba- en kleutervoeding aan te spreek in Suid-Afrika se Breedevallei verken.
  • Dr David Rosenstein van die Departement Psigiatrie se navorsingsprojek het die effek van trauma tydens vroe? ontwikkeling op sosiale angsstoornisse ondersoek.
  • Dr Regan Solomons van die Departement Kindergesondheid en Pediatrie het met sy studie beoog om die vroe? diagnose van kindertuberkolose-meningitis te verbeter.

"Dit was 'n voorreg om jou as student hier te hê. Jy verwerf baie meer as net 'n graad of diploma, want jy het op vele maniere ontwikkel, en bygedra tot die vorming van ander – op die unieke Matie-manier," het De Villiers gesê.

"Ons vertrou dat jy ook wat jy hier geleer en ervaar het, tot voordeel van die gemeenskap sal aanwend."