中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreld te riskant vir finansi?le deregulering, waarsku Reserwebank-president
Outeur: Desmond Thompson
Gepubliseer: 26/09/2025

??Dr Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en Kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het gewaarsku teen toenemende wêreldwye risiko's en aangevoer dat die omgewing "meer, nie minder nie" finansi?le regulering vereis.

Kganyago het 25 September 2025 die tweede jaarlikse Openbare Lesing oor Finansi?le Reguleringsreg by die Universiteit op Stellenboschgelewer. Hy het sy siening gekwalifiseer deur te beklemtoon dat regulering "slim" moet wees – proporsioneel en gegrond op streng ontleding en samewerking.

Belangrike dialoog

Die US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, het gaste by die Fakulteit Regsgeleerdheid, wat in die Ou Hoofgebou op die Stellenbosch-kampus gesetel is, verwelkom. "Hierdie lesingreeks het homself as 'n belangrike dialoog op die kruising van reg, ekonomie en die samelewing gevestig," het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat Kganyago, wat sedert 2014 die president van die SARB is, "die waardes van leierskap, aanspreeklikheid en diens wat ons by ons studente en vakkundiges wil kweek, beliggaam".

Kganyago het in 2018 'n eredoktorsgraad van die Universiteit ontvang en is in Junie vanjaar as US-kanselier ingehuldig. "Dit is altyd 'n groot plesier om met die studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch in gesprek te tree," het hy Ramjugernath geantwoord.

Balansering van regulering en risiko

Die onderwerp van Kganyago se lesing was "Min of meer regulering: Om op 'n veranderende globale omgewing te reageer".

Hy het ter inleiding gesê: "Finansi?le krisisse is een van die traumatieste gebeure wat 'n land kan ervaar. Finansi?le regulering is bedoel om hierdie probleme aan te spreek. Die doel is om ekonomiese en finansi?le krisisse te voorkom deur 'n stelsel te bou wat ons almal kan vertrou. Ongelukkig stem ons nie altyd saam oor hoeveel om te reguleer nie."

Hy het op 'n regulatoriese "pendule" verwys: Re?ls verskerp ná krisisse, dan vervaag institusionele geheue en deregulering volg – dikwels met skadelike gevolge.

Basel III, die internasionale regulatoriese raamwerk wat ná die 2007–09 globale finansi?le krisis (GFK) ontwikkel is, het sentraal gestaan in sy toespraak. Hierdie raamwerk vereis dat banke meer kapitaal van beter gehalte moet hou – in wese groter finansi?le "kussings" – om verliese te absorbeer sonder om deposante of die bre?r ekonomie te bedreig.

Suid-Afrika het Basel III streng aanvaar, het Kganyago opgemerk, en hoewel kleiner banke 'n mate van koste in die gesig gestaar het, het die finansi?le stelsel dit oor die algemeen geabsorbeer met 'n minimale impak op groei.

Voortdurend-ontwikkelende risikolandskap

"Ek is al byna vier dekades lank plaaslik en internasionaal by beleidmaking in die finansi?le sektor betrokke," het Kganyago gesê. "Oor hierdie tyd het finansi?le stabiliteitsrisiko's voortdurend ontwikkel, en finansi?le reguleerders was by veels te veel geleenthede te stadig om dit te identifiseer en daarop te reageer."

Kganyago het teruggekyk op die GFK minder as 20 jaar gelede en die volgende opgemerk: "Vandag word die finansi?le landskap deur selfs ho?r vlakke van kompleksiteit gekenmerk."

Hy het gewaarsku dat "risikofaktore aansienlik toegeneem het" en bedreigings soos die volgende genoem:

  • Geopolitiese spanning
  • Ekonomiese fragmentasie
  • Makro-ekonomiese onstabiliteit
  • Tegnologiese vooruitgang
  • Die groei van nie-bank-finansi?le instellings

Wat kripto-geldeenhede betref, het hy die aandag op spekulatiewe groei in die sektor gevestig: "Die volgehoue groeikoerse van meer as 50% in sommige kripto-bates dui op die vorming van groot bateborrels."

Klimaatsverandering, het hy bygevoeg, is nóg 'n onderskatte risiko. "Elke jaar word projeksies deur slegter uitkomste verbygesteek. Oorgangsrisiko's vir Suid-Afrikaanse banke is hoog."

Oor kunsmatige intelligensie het hy 'n balans gevind en gesê: "KI is 'n tweesnydende swaard: Dit bring spoed en doeltreffendheid, maar ook nuwe kwesbaarhede."

'Gee 'n tree vooruit, nie terug nie'

Kganyago het met 'n besliste verklaring afgesluit: "Die wêreld leef te gevaarlik vir ons om nou verdedigings af te breek. Ons het nie deregulering nodig nie. Ons kan eerder slimmer reguleer, maar die risiko-omgewing vereis dat ons moet 'n tree vooruit, en nie terug nie, moet gee."

Lewendige debat

In die lewendige vraag-en-antwoord-sessie wat gevolg het, het die aanwesiges die president oor 'n verskeidenheid onderwerpe uitgevra.

Een lid van die gehoor het gevra of Suid-Afrika die risiko loop om toegang tot Amerikaanse dollars te verloor namate die betrekkinge met Washington versleg. Kganyago het geantwoord dat die dollar steeds wêreldhandel en finansies oorheers.

"Baie reserwebestuurders probeer diversifiseer, maar die alternatiewe is beperk. Dit is waarom geopolitieke risiko een van die dringendste kwessies geword het wat ons in die gesig staar," het hy toegegee en opgemerk dat selfs lande met groot dollarreserwes hulle ontoeganklik gevind het gedurende tye van konflik of sanksies.

Op 'n vraag oor onlangse spanning tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie oor inflasieteikens, het Kganyago met 'n metafoor geantwoord: "Ons is sibbe. Daar kan soms wedywering wees, maar op die ou end sal ons mekaar vind."

"Ek wil net hê regulasies moet toegepas word," het 'n lid van die gehoor opgemerk. "Ekonome soek altyd na die 'optimale' vlak van regulering; prokureurs sê dit moet afgedwing word. Albei is reg," het Kganyago geantwoord.

Nog 'n vraag het die rol van universiteite beklemtoon. Kganyago het in reaksie daarop beklemtoon dat regulering interdissiplinêre kundigheid vereis: "Universiteite speel van die regte, ekonomie, rekeningkunde en aktuari?le wetenskap tot rekenaarwetenskap 'n belangrike rol om reguleerders met hierdie vaardighede toe te rus."

Gys Steyn-leerstoel

Prof Johann Scholtz, die eerste posbekle?r van die Gys Steyn-leerstoel, het in sy dankbetuiging beklemtoon hoe sy missie met Kganyago se oproep tot slimmer, multidissiplinêre benaderings ooreenstem.

Die lesingreeks bring hulde aan wyle Gys Steyn, 'n voormalige voorsitter van die US-raad. Die US het in 2023 met behulp van 'n skenking deur die Steyn-familie 'n leerstoel – die eerste van sy soort in Suid-Afrika – gevestig wat na hom vernoem is om onderrig, navorsing en debat oor die wetlike raamwerke wat finansi?le stabiliteit ondersteun, te bevorder.

Sedert die vestiging daarvan het die leerstoel 'n kollokwium oor groen finansies en klimaatrisiko's aangebied, kortkursusse van stapel gestuur en aan 'n pasgemaakte LLM in Finansi?le Regulering begin werk, waarvan die eerste twee modules aanstaande jaar sal begin.

Prof Juanita Pienaar, waarnemende Dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, het opgemerk dat die Fakulteit deur die aanbieding van die jaarlikse lesing, die US help om sy plek as 'n spilpunt vir kritiese dialoog oor kwessies wat Suid-Afrika se ekonomie en demokrasie vorm, te bevestig en finansi?le regulering as 'n vakgebied van nasionale belang te posisioneer.? 

FOTO: Ignus Dreyer/SCPS