Luther Chipembere, 'n doktorale student in landbou-ekonomie en kunsmatige intelligensie (KI) aan die Universiteit Stellenbosch (US), het 'n merkwaardige prestasie behaal toe hy onlangs as FameLab Suid-Afrika se 2025-kampioen gekroon is. Met hierdie prestasie het Chipembere die eerste US-deelnemer geword om hierdie gesogte toekenning te wen. Hy is by 'n geleentheid in Pretoria wat deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Wetenskap- en Tegnologiebevordering en Jive Media Africa aangebied is, as wenner aangewys.
FameLab, wat ook 'n ontwikkelingsinisiatief is, word as een van die grootste wetenskapkommunikasie- en redenaarskompetisies ter wêreld beskou en skep 'n platform vir jong ontluikende wetenskaplikes om met openbare gehore oor hulle werk te praat.
Chipembere, wat ook 'n administrateur by die Afrika-doktorale akademie by die Sentrum vir Kapasiteitsontwikkeling in Afrika by US Internasionaal is, het gesê om die nasionale FameLab-kampioen te word, is verootmoedigend en bevestigend. “Dit wys dat navorsing vir mense buite die mure van navorsingsinstellings saak kan maak en dat idees oor voedsel en tegnologie waarde in die samelewing het. Vir my is dit ? aanmoediging om aan te hou om wetenskap te verbind met die mense wat dit bedoel is om te dien."
Chipembere, wat ook 'n administrateur by die Afrika Doktorale Akademie by die Sentrum vir Kapasiteitsontwikkeling in Afrika by US Internasionaal is, sê om die nasionale FameLab-kampioen te word, laat hom nederig voel en is bevestigend. “Dit toon dat navorsing vir mense buite die mure van navorsingsinstellings kan saak maak en dat idees oor voedsel en tegnologie waarde in die samelewing het. Vir my is dit aanmoediging om aan te hou om wetenskap te verbind met die mense wat dit veronderstel is om te dien."
Hy voeg by dat dit 'n eer was om die US by FameLab SA te verteenwoordig. “Om die eerste van die US te wees om die nasionale titel te wen, maak dit in geskiedkundige prestasie, maar ook 'n verantwoordelikheid om deure te open vir ander wat sal volg. Dit is meer as persoonlike trots, en voel soos 'n kollektiewe mylpaal wat deur mentors, kollegas en ondersteuners gevorm is."
Chipembere se doktorale studie pas KI en strategiese vooruitskouing toe op globale uitdagings, insluitende voedselonsekerheid en versiendheid wat insigte genereer wat beleid en praktyk inlig. “Zero Honger is 'n wêreldwye gedeelde ambisie wat die rol van voedsel in die beskerming van menswaardigheid erken. My navorsing is op hierdie begrip gesentreer en lewer ? bydrae deur KI-gedrewe ontleding te gebruik om voedselproduksie te monitor en vroe? waarskuwingstekens van stres binne voedselstelsels nat te speur."
Chipembere ontwikkel met behulp van satellietbeelde, klimaatdata en huishoudelike voedselopnamedata masjienleermodelle wat oesopbrengste vooraf kan voorspel en genereer sodoende vroe? seine van stres binne voedselstelsels. Hierdie seine skep vir boere tyd om aan te pas, vir regerings om skokke te versag en veerkragtigheid te ondersteun, en vir gemeenskappe om kwesbare huishoudings te beskerm. Op hierdie manier omskep sy werk data in versiendheid en help dit ons om ons nader te bring aan die verwesenliking van Zero Honger – die Verenigde Nasies se doelwit vir volhoubare ontwikkeling om teen 2030 hongerte te be?indig, voedselsekerheid te bereik, voeding te verbeter en volhoubare landbou te bevorder.
Op die vraag waarom wetenskaplikes hulle navorsing aan die publiek moet kommunikeer, sê Chipembere die wetenskap vervul sy doel wanneer dit verstaan en gebruik word. “Kommunikasie met die publiek bou vertroue, maak kennis toeganklik en nooi mense uit om aan gesprekke deel te neem wat hulle lewens raak. Dit gaan daaroor om mense te ontmoet waar hulle is en kommunikasie te gebruik om hulle te lei na waar hulle moet wees."
Chipembere sal Suid-Afrika in November by die internasionale FameLab-kompetisie by CERN (Europese Organisasie vir Kernnavorsing) in Genève, Switserland, verteenwoordig.
- Foto (deur Jive Media verskaf): Luther Chipembere by die nasionale FameLab-kompetisie.