中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skaars ‘tiener’-dinosourus maak sy verskyning in fossielrekord
Outeur: Corporate Communication and Marketing
Gepubliseer: 23/09/2025

?Dr Ryan Tucker van die Universiteit Stellenbosch se Departement Aardwetenskappe is deel van 'n internasionale span wetenskaplikes* wat die “tiener"-fossiel van 'n seldsame dinosourusgroep in Mongoli? se Gobi-woestyn opgegrawe het. Die fossiel verteenwoordig 'n nuwe spesie pachycephalosaur en is die oudste én volledigste skelet van hierdie dinosourusfamilie wat tot nog toe gevind is.

Volgens 'n mediaverklaring deur die Noord-Carolina-Staatsuniversiteit kan die “tiener"-pachycephalosaur antwoorde op onopgeloste vrae oor dié dinosourusgroep bied. Die nuwe navorsing het op 17 September 2025 in die tydskrif Nature verskyn.

“Pachycephalosaurs is ikoniese dinosourusse, maar hulle is ook skaars en geheimsinnig," sê Lindsay Zanno, mede-navorsingsprofessor aan die Noord-Carolina-Staatsuniversiteit, hoof van paleontologie by die Noord-Carolina Museum van Natuurwetenskappe en korresponderende outeur van die werk.

Die spesimen is in die Khuren Dukh-gebied van die oostelike Gobi-kom deur Tsogtbaatar Chinzorig van die Mongoolse Akademie vir Wetenskappe ontdek. Chinzorig is die hoofouteur van die artikel en tans 'n navorsingsassistent by die Noord-Carolina-Staatsuniversiteit.

Die nuwe spesie word Zavacephale rinpoche genoem, 'n kombinasie van zava, wat “wortel" of “oorsprong" in Tibettaans beteken, en cephal, wat “kop" in Latyn beteken. Die spesifieke naam, “rinpoche", of “kosbare een" in Tibettaans, verwys na die koepelvormige skedel wat op 'n krans soos 'n kabosjon-edelsteen ontdek is.

Z. rinpoche het ongeveer 108 miljoen jaar gelede gedurende die Vroe? Kryttydperk in wat nou Mongoli? se Gobi-woestyn is, geleef. Destyds was die gebied 'n vallei besaai met mere en omring deur kranse of platorande. Pachycephalosaurs was planteters en volwassenes kon tot ongeveer 14 voet lank (4,3 meter) en sewe voet hoog (2,1 meter) groei, met 'n gewig van 800 tot 900 pond (363 tot 410 kilogram).

Z. rinpoche is ongeveer 15 miljoen jaar ouer as alle bekende pachycephalosaur-fossiele tot op hede," sê Chinzorig. “Dit was 'n klein diertjie – omtrent drie voet of minder as een meter lank – en wat skelet betref, die volledigste voorbeeld wat nog gevind is."

Die Z. rinpoche wat die span ontdek het, was nie volgroeid toe dit gesterf het nie. Dit het egter reeds 'n volledig gevormde skedel gehad, hoewel sonder veel van die bykomende versiering wat op ander pachycephalosaur-fossiele gevind is.

Z. rinpoche is 'n belangrike vonds om die kraniale skedelontwikkeling van pachycephalosaurs te verstaan, wat al lank gedebatteer word weens die afwesigheid van vroe? divergerende of pre-Laat Kryttydperk-spesies en die gefragmenteerde aard van byna alle pachycephalosaur-fossiele," sê Chinzorig.

Dit is is 'n langdurige debat vir paleontolo? wat hierdie groep bestudeer om te bepaal of twee skedels wat verskillend lyk, aan twee verskillende spesies behoort of net verskillende groeistadiums van dieselfde spesie is, en dit is waar Z. rinpoche ter sprake kom.

“Pachycephalosaurs gaan alles oor die bling, maar ons kan nie net vertonerige seinstrukture gebruik om uit te vind aan watter spesie hulle behoort of in watter groeistadium hulle is nie, want sommige kraniale versiering verander soos diere volwasse word," sê Zanno.

“Ons bepaal dinosourusse se ouderdom deur na groeiringe in bene te kyk, maar die meeste pachycephalosaur-skelette is net ge?soleerde, gefragmenteerde skedels," voeg Zanno by. “Z. rinpoche is 'n skouspelagtige vonds omdat dit ledemate en 'n volledige skedel het, wat ons toelaat om vir die eerste keer groeistadium en skedelontwikkeling te koppel."

Deur 'n dun beenskyf van die vonds se onderbeen te ondersoek, het die navorsers bepaal dat hierdie Z. rinpoche ondanks 'n volledig gevormde skedel, steeds 'n jong dier was toe dit gesterf het.

Pachycephalosaurs is bekend vir hulle groot koepelvormige skedels en word dikwels uitgebeeld waar hulle daardie skedels in epiese kopstampkompetisie-tweegevegte gebruik. “Die konsensus is dat hierdie dinosourusse die skedel vir sosio-seksuele gedrag gebruik het," sê Zanno. “Die skedels sou nie teen roofdiere of vir temperatuurregulering gehelp het nie, so hulle was heel waarskynlik om mee te spog en mee te ding vir wyfies."

As jy jouself in 'n verhouding in moet kopstamp, is dit 'n goeie idee om vroeg te begin oefen, sê sy.

Z. rinpoche vul groot gapings in die pachycephalosaur-tydlyn – in terme van wanneer hulle geleef het én hoe hulle gegroei het, sê die navorsers.

“Hierdie vonds is 'n ontdekking wat waarskynlik een keer in 'n leeftyd gebeur. Dit is merkwaardig omdat dit die oudste definitiewe pachycephalosaur is, wat die fossielrekord van hierdie groep met minstens 15 miljoen jaar terugstoot, maar ook te danke aan hoe volledig en goed bewaar dit is," sê Zanno. “Z. rinpoche gee ons 'n ongekende kykie in die anatomie en biologie van pachycephalosaurs, insluitende hoe hulle hande gelyk het en dat hulle maagstene gebruik het om kos te maal."

“Die nuut herwonne materiale van Z. rinpoche, soos die handelemente, die maagstene (gastroliete) en 'n geartikuleerde stert met bedekte senings, herskep ons begrip van die paleobiologie, beweging en liggaamsbou van hierdie 'geheimsinnige' dinosourusse," sê Chinzorig.

  • Bron: Tsogtbaatar Chinzorig et al. 2025. “A Domed Pachycephalosaur From the Early Cretaceous of Mongolia". Nature. DOI: 10.1038/s41586-025-09213-6

*Die navorsing is deur Tsogtbaatar Chinzorig (Instituut vir Paleontologie van die Mongoolse Akademie vir Wetenskappe en Noord-Carolina-Staatsuniversiteit); Ryuji Takasaki (Okayama Wetenskaps-Universiteit en Universiteit van Toronto); Junki Yoshida (Fukushima Museum); Ryan Tucker (Universiteit Stellenbosch); Batsaikhan Buyantegsh, Buuvei Mainbayar en Khishigjav Tsogtbaatar (Instituut vir Paleontologie van die Mongoolse Akademie vir Wetenskappe); en Lindsay Zanno (Noord-Carolina-Staatsuniversiteit) gedoen.?

  • Foto: Prof Lindsay Zanno en Dr Ryan Tucker kyk na die skedel van die dinosourus