?Prof Philip Bosman van die Departement Antieke Studie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch het Donderdag 18 September 2025 sy intreerede op gelewer. Die titel van sy lesing was “Die Grieke en ons: antieke tekste in die akademiese strewe".
Bosman het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor die blywende waarde van tekste uit die Klassieke Oudheid, veral antieke Griekse literatuur.
Vertel ons meer oor jou navorsing en waar jou belangstelling in hierdie spesifieke veld vandaan kom.
Ek is tans met ? paar projekte besig wat op antieke Griekse letterkunde fokus. In die eerste projek word bronne oor Alexander die Grote ondersoek en my bydrae fokus op Onesicritus, amper ? tydgenoot, wat ? biografie van Alexander geskryf het met die klem op sy opvoeding. Die tweede projek ondersoek keiserlike korrespondensie in die Laat Oudheid. Ek skryf oor die briewe van keiser Julianus, wat die mees uitgebreide versameling briewe van enige Romeinse keiser verteenwoordig.
Die derde projek behels ? ondersoek na die term 'sinikus' – afgelei van die Griekse woord vir 'hond' – vir ? boek oor 'Menslik-dierlike Ekologie?' ('Humanimal Ecologies'). Laastens is ek deel van ? span wat aan ? gesamentlike projek met die Universiteit van Gent en die Universiteit van Wes-Kaapland werk, bekend as 'Responsiewe regering en bevolkingswelstand in die Laat Oudheid'. Ek berei ? referaat hieroor voor vir ? internasionale konferensie in November in Stellenbosch, wat ondersoek of keiser Julianus ? responsiewe heerser was.
By ? sekere punt in ? mens se loopbaan raak jy betrokke by projekte óf omdat jy direk gevra word, óf omdat jy voel jy het ? belangrike perspektief om te bied.
Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?
Die Klassieke Oudheid was die inspirasie vir van die belangrikste tydperke van herlewing en vernuwing in die geskiedenis – dink net aan die rol wat ? invloei van antieke Griekse tekste gespeel het om Europa uit sy Middeleeuse slaap te laat ontwaak!
Antieke intellektuele het die grondslag gelê vir die meeste wetenskappe, insluitend wiskunde, sterrekunde, geneeskunde, geografie, literêre kritiek, filosofie, geskiedenis, politieke wetenskap en die reg. Hierdie werke be?nvloed steeds argitekte, kunstenaars, musici en skrywers oor verskeie velde heen. Ek kan nog heelwat uitwei, want die dissipline het nog soveel om aan ons jong, ontwikkelende kontinent te bied.
Hoe sou jy die rol van antieke Griekse filologie in moderne tersiêre onderwys beskryf?
Die antieke Griekse outeurs raak soveel hedendaagse kwessies aan en ons probeer om hulle aan die woord te stel terwyl ons tegelyk deeglik met hulle eie kontekste rekening hou. Van die invloedrykste tekste tot nog toe is in Grieks geskryf.
Wat die klassieke kant betref, is daar wonderlike literatuur soos die Homeriese epiese dramas en die Attiese tragedie, maar ook die werke van filosowe soos Plato, Aristoteles en die Sto?syne, asook dié van historiograwe en biograwe, om die meer ooglopende te noem.
Aan die kant van Christelike literatuur is die Nuwe Testament met sy werklik kragtige tekste natuurlik in Grieks geskryf, soos ook die geskrifte van die vroe? Kerk. Deur diepgaande insigte in denke en kultuur te bied bly die bestudering van antieke Griekse tekste van kernbelang vir die geesteswetenskappe.
Voor watter uitdagings kom klassieke filologie vandag in ho?r onderwys te staan?
Ek dink ons grootste uitdaging is die wydstrekkende misverstand oor wat klassieke filologie behels en waarom dit steeds by universiteite aangebied word. Moderne sienings oor ho?r onderwys prioritiseer dikwels uitkomste met ? gebruikswaarde en omdat dit duur is, word dit beskou as ? belegging waaruit finansi?le dividende soos ? goed betaalde loopbaan verwag word.
Die vormingsdissiplines van die geesteswetenskappe oor die algemeen deel die uitdaging dat dit nie regstreeks na ? loopbaanpad lei nie. Ons beroem ons daarop dat ons gegradueerdes met unieke gradueringseienskappe lewer, maar in ? klein en ontwikkelende ekonomie soos ons s? is dit nie maklik om hierdie voordele doeltreffend aan die arbeidsmark te kommunikeer nie.
Watter unieke belonings word deur die vakrigting gebied?
Vir studente van teologie, filosofie of geskiedenis is dit diep bemagtigend om basistekste in die oorspronklike Grieks te kan lees. Die omvang van klassieke filologie is uniek, omvat ? hele kultuur van die oorsprong tot die verval daarvan, en bied onge?wenaarde breedte en diepte. Dit maak die vakrigting beide uitdagend en eindeloos boeiend, wat verseker dat ? klassikus nooit ? vervelige oomblik beleef nie.
Jy het baie jare in die uitdagende omgewing van ho?r onderwys deurgebring. Wat hou jou gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?
Eerstens is daar altyd iets nuuts om op te fokus in die veld van antieke studies – meer as wat een mens in ? leeftyd kan hanteer. Ons het die afgelope paar dekades ? opwindende hernuwing in die dissipline beleef.
Tweedens het ons wonderlike studente in ons veld en is dit baie lonend om te sien hoe hulle in goeie vakkundiges en goed afgeronde mense ontwikkel.
Derdens het my navorsing my oor die jare na internasionale konferensies en inspirerende instellings van intellektuele prestasie geneem.
En laastens het ek die geleentheid gehad om baie spesiale mense te ontmoet: ? gefokusde navorsingsgebied bevorder ? gevoel van kollegialiteit en kameraadskap wat my motiveer om ongeag die uitdagings my bes te doen.
Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.
Wel, party mense kan dit dalk verbasend vind dat ek ? 'morfar' is (Sweeds vir die oupa aan moederskant). My dogter Charlotte woon in Vendels?, Swede, en klein Madeleine het pas begin loop en praat.
Ek het ook onlangs my tiende Kaapstad-fietswedren voltooi. Ek was ? ywerige fietsryer toe ek jonger was en het drie jaar gelede weer begin ry. Ek het nou ? behoorlike bergfiets en wil in die toekoms na grondpadwedrenne uitbrei.
Hoe bring jy jou vrye tyd deur?
Meestal saam met my gesin, op ons stoep met koffie of ? braai. Ons is mal daaroor om met ons honde in die Botmaskop-bos bo ons woonbuurt te stap. Ek behoort ook aan ? wynproegroep en geniet dit om meer oor wyn en die nuutste gebeure op die wyntoneel te leer. ? Goeie ding van wyn is dat dit so gediversifiseerd is (die mees gediversifiseerde produk ter wêreld, sê hulle), en dit verander met elke oesjaar!
- Foto: Prof Philip Bosman by sy intreerede. Fotograaf: Ignus Dreyer
?