Dr Robyn Adams van die Departement Verloskunde en Ginekologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in Servikale Kankerbewustheidsmaand – wat in September in Suid-Afrika gevier word – as Suid-Afrika se ambassadeur by die Internasionale Papilloomvirusvereniging (IPVS) aangewys. Sy sal danksy dié grensverskuiwende aanstelling in Oktober by die IPVS se 37ste Jaarlikse Konferensie in Bangkok, Thailand by ? elitegroep van slegs 27 ambassadeurs wêreldwyd aansluit om haar land vir die volgende twee jaar op die internasionale verhoog te verteenwoordig.
Die IPVS bring wetenskaplikes, klinici, kundiges in openbare gesondheid en voorspraakmakers byeen om kennis oor die menslike papilloomvirus (MPV) en verwante siektes te bevorder. Die vereniging bevorder voorpunt-navorsing, ondersteun bewysgebaseerde voorkomingstrategie? soos inenting en sifting en lei wêreldwye voorspraak om MPV-verwante kankers uit te skakel. Die menslike papilloomvirus is ? algemene seksueel oordraagbare infeksie met meer as 200 tipes, waarvan sommige genitale vratte veroorsaak en ander wat sekere kankers, soos servikale, vulva-anale en keelkanker, kan veroorsaak.
“Die aanstelling is vir my ? persoonlike eer, maar nog belangriker is dat dit ? platform is om die kollig op servikale kanker in Suid-Afrika te laat val en voorkomingspogings te versterk," sê Adams. “Dit kom op ? opwindende tyd, aangesien die Wes-Kaap oorgeskakel het van selgebaseerde sifting na sifting wat op MVP-DNS gebaseer is. Dis ? groot stap vooruit, maar voortgesette navorsing, voorspraak en gemeenskapsbetrokkenheid is van kardinale belang om te verseker dat alle vroue by hierdie vordering kan baat vind."
Adams sê dis belangrik vir Suid-Afrika om ? ambassadeur by die IPVS te hê omdat van die hoogste koerse van servikale kanker ter wêreld hier voorkom. Dit word grootliks deur die gekombineerde las van MIV en MPV aangedryf. “Servikale kanker is ondanks die vooruitgang in vroe? opsporing en voorkoming die grootste oorsaak van kankersterftes onder vroue in Suid-Afrika. Vroue wat met MIV leef, het weens verswakte immuunstelsels ? groter kans om aanhoudende ho?risiko-infeksies met die menslike papilloomvirus en servikale kanker op te doen."
Adams speel ? integrale rol in die US se Ginekologiese Onkologie-navorsingsgroep onder leiding van prof Hennie Botha, wat bydra tot MVP-verwante navorsing wat ter inligting van servikale kankervoorkoming en -sifting dien. Sy ontwikkel ook haar eie navorsingsprojekte wat op implementeringswetenskap en innoverende siftingstrategie? fokus, met inbegrip van selfmonsterneming en DNS-metileringstoetsing.
Adams verduidelik dat die DNS-metileringsmerkertoets spesifieke veranderinge in die DNS van servikale selle opspoor. Hierdie veranderinge, bekend as metilering, vind plaas wanneer metielgroepe of 'etikette' by sekere dele van die DNS gevoeg word. Hierdie 'etikette', wat soos skakelaars werk, kan be?nvloed hoe gene geaktiveer word om die instruksies in die DNS te lees om prote?ene te maak wat die selle help om hulle werk te doen.
Adams se werk, wat op haar PhD voortbou, sluit nou aan by die IPVS se missie om wetenskaplike kennis te bevorder, bewysgebaseerde voorkoming te ondersteun en MVP-bewustheid in Suid-Afrika te verhoog.
Gedurende haar termyn van twee jaar sal Adams op die versterking van MVP-opvoeding en -bewustheid reg oor Suid-Afrika fokus deur met skole en gemeenskappe te skakel, asook wêreldwye samewerking bevorder om voorkomings- en behandelingstrategie? te verbeter.
“Hierdie rol gaan oor die bou van br?e – om navorsers, klinici en gemeenskappe met mekaar en Suid-Afrika se pogings met internasionale voorspraak te verbind," verduidelik sy.?