Ses-en-dertig jaar ná sy sluipmoord bly Anton Lubowski se lewe en nalatenskap steeds 'n inspirasie. Op 10 September het die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Namibi? (UNAM) gesamentlik die sewende jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing in Windhoek aangebied – die eerste keer sedert sy bekendstelling in 2019 dat die lesing buite Stellenbosch plaasgevind het.
Die geleentheid is beide in persoon en aanlyn via 'n regstreekse stroom uitgesaai. Dit het hulde gebring aan die lewe en nalatenskap van die Namibiese advokaat, voormalige Simonsberg-inwoner, Matie-alumnus en anti-apartheidsaktivis wie se beginselvaste opstand uiteindelik sy lewe gekos het.
Die geleentheid is aangebied in samewerking met die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (OAB) en UNAM. Lubowski se weduwee, Gabrielle, hul kinders, Almo en Nadia, sowel as die uitgebreide familie, was teenwoordig, saam met ’n menigte oud-studente en huidige studente van US en UNAM, voormalige kollegas en vriende wat die lesingsaal gevul het.
?Die sprekerspaneel het van die mees gerespekteerde figure ingesluit: Professor Peter Katjavivi, stigtingsrektor van UNAM (1992–2003) en voormalige Speaker van die Namibiese Nasionale Vergadering; Rosa Namises, menseregte-aktivis en politikus; en Graham Hopwood, Uitvoerende Direkteur van die Institute for Public Policy Research (IPPR) in Windhoek.
Vanjaar se tema - From Exposure to Action: Strengthening Systems in the Fight Against Corruption - het Lubowski se waardes direk verbind met die uitdagings van vandag.
Karen Bruns, Senior Direkteur van OAB, het vertel hoe die idee vir die reeks ontstaan het. Dit was Lubowski se Simonsberg-kamermaat, Charl Adams, wat sewe jaar gelede die idee voorgestel het. Hy het geglo dat Anton binne die konteks van die Universiteit Stellenbosch, waar hy regte studeer het, onthou moes word.
“Toe ons met Charl en later die Lubowski-familie gesels het, was ons dit eens oor die belangrikheid om die waardes waarvoor Anton gestaan het te eer – menseregte, burgerlike aktivisme en ’n diep en werklike gevoel van maatskaplike geregtigheid. Elke lesing sedertdien het probeer om hierdie waardes te weerspie?l, en vanjaar se tema is besonder relevant en betekenisvol.”
"Op die noodlottige aand van 12 September 1989 is advokaat Anton Lubowski buite sy huis doodgeskiet,” het die hoofspreker, prof ?Katjavivi, die gehoor herinner. “Hy was ’n kameraad van onbetwisbare integriteit, ’n dierbare vriend wat gekies het om by die saak van vryheid aan te sluit teen ’n groot persoonlike prys."
Lubowski se lewe en vroe? dood is nie net as deel van Namibi? se bevrydingstryd geplaas nie, maar ook binne die bre?r Suider-Afrikaanse verhaal van verset. Prof Katjavivi het sy sluipmoord verbind aan dié van Chris Hani, Ruth First en Dulcie September.
"Wat met Anton gebeur het, moet nie in isolasie gesien word nie. Dit is die verantwoordelikheid van akademiese instellings soos UNAM en ander, hier sowel as in Suid-Afrika, om seker te maak dat hierdie verhale behoorlik gedokumenteer word. "As 'n menseregteprokureur het Anton vir goeie regering en sosiale geregtigheid geveg. Dít is sy nalatenskap. Hoe sou Anton wou hê moes Namibi? vandag en m?re lyk?"
Hopwood het aangevoer dat Lubowski daadwerklike hervormings sou ge?is het om korrupsie en moontlike korrupsie beter te bestuur en te monitor. “Anton was 'n ikoon van die bevrydingstryd, en ek glo hy sou vandag aan die voorpunt van die stryd teen korrupsie gestaan het," het hy gesê. “Ons het stelsels van deursigtigheid nodig. Baie wette bestaan reeds op papier, maar sonder implementering woeker korrupsie voort."
Namises, wat die Lubowski-familie al dekades lank ken, het sterk gevoel oor die huidige realiteit: “Hierdie korrupsie maak ons gemeenskappe honger. Dit dryf jong mense na asblikke en rivierlope toe. Ons het 'n anti-korrupsiekommissie nodig wat werklik onafhanklik is, leiers wat aanspreeklik is, en 'n burgerlike samelewing wat nie bang is om hulle tot verantwoording te roep nie. Anton sou dit ge?is het - 'n nuwe beweging, een wat die siel van ons nasie beskerm."
Prof Katjavivi het sy lesing afgesluit met woorde van hoop: “Ons het inderdaad 'n broer, 'n seun van die grond, en 'n kameraad verloor. Maar hy sal onthou word as 'n held - een Namibi?, een nasie, gebou op 'n fondament van geregtigheid, inklusiwiteit, gelykheid en regverdigheid vir almal."
Foto: Lubowski se weduwee, Gabrielle, hul kinders, Almo en Nadia, sowel as die uitgebreide familie, was teenwoordig, saam met ’n menigte oud-studente en huidige studente van US en UNAM, voormalige kollegas en vriende wat die lesingsaal gevul het.