中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US gaan 'verder as die etiket' om studente met gestremdhede te ondersteun
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 05/09/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het die afgelope twee dekades bestendig gevorder om 'n omgewing te skep waar studente met gestremdhede ingesluit en ondersteun voel. Die Universiteit se Eenheid vir Gestremdhede (EG), wat in 2007 gestig is, staan sentraal in hierdie reis.

"Toe die EG geopen het, het minder as 100 studente 'n gestremdheid op hulle aansoeke aangedui. Teen 2025 het daardie getal aansienlik toegeneem, wat verhoogde bewustheid én verminderde stigma rondom openbaarmaking weerspie?l," sê dr Marcia Lyner-Cleophas, hoof van die EG. "Vandag ontvang sowat 1 000 studente oor alle studiejare heen elke jaar een of ander een of ander soort ondersteuning met betrekking tot hulle gestremdheid, met baie ander wat toegang tot berading, afrigting of ondersteunende tegnologie? kry."

Die Eenheid vir Gestremdhede is een van vier eenhede in die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) en maak deel uit van die Afdeling Studentesake. Voor sy totstandkoming in 2007 was daar geen toegewyde kantoor om ondersteuning aan studente met gestremdhede te fasiliteer nie. Daar was destyds 'n ad-hoc-komitee bestaande uit akademiese en professionele ondersteuningspersoneel wat studente met gestremdhede ondersteun het. Die feit dat daar nie 'n spesifieke plek was waar hulle om hulp kon aanklop nie terwyl hulle hul pad deur 'n groot en komplekse instelling moes vind, het baie studente onsigbaar of ge?soleer laat voel. Die EG het dit verander. "Dit het daardie veilige landingsplek vir studente met gestremdhede, of diegene wat nie besef het daar is iets fout is nie, geword. Net om 'n teenwoordigheid en iemand te hê om namens hulle te praat wanneer dit nie vir hulle moontlik is om dit te doen nie, het 'n beduidende bydrae tot die lewens van studente met gestremdhede by die US gelewer."

Die skerpste toename in die vraag na ondersteuning die afgelope paar jaar was die aantal studente wat geestesgesondheid en neurologiese toestande bekend maak. Dit weerspie?l 'n groeiende bewustheid en aanvaarding van neurodiversiteit en geestesgesondheidsuitdagings binne ho?r onderwys, sê Lyner-Cleophas. "Die stigma van die bekendmaking van 'n gestremdheid, veral 'n geestesgesondheidsuitdaging, het die afgelope paar jaar afgeneem namate bewustheid en aanvaarding toegeneem het."

Toenemende aantal studente maak 'n gestremdheid aan die US bekend

Syfers toon dat die aantal studente wat een of ander vorm van gestremdheid bekend maak van 356 in 2017 tot 559 in 2025 toegeneem het. Hierdie syfers weerspie?l egter slegs die studente wat hulle gestremdheid bekend gemaak het. Dit sluit nie diegene in wat aktief ondersteuning kry nie, hetsy van die EG of van die SSVO, en wat moontlik nie 'n gestremdheid bekend gemaak het nie. Lyner-Cleophas voeg by dat baie studente nie geestesgesondheidstoestande as 'n gestremdheid bekend maak nie. "Hoewel hierdie syfers 'n aanduiding gee van die gestremdhede wat by die US bekend gemaak word, verteenwoordig dit slegs 'n fraksie van die ondersteuning wat by die Universiteit gesoek word."

Verder as die etiket

Die US se benadering was nog altyd "studente eerste" en nie bloot "studente van die Eenheid vir Gestremdhede" nie. Die Universiteit se inklusiewe onderwysfilosofie poog om diversiteit te normaliseer eerder as om mense volgens etikette te verdeel.

"'n Etiket kan ons help om te verstaan hoe iemand funksioneer, maar sodra ons die persoon ken en verstaan, kan ons hulle regverdig behandel," verduidelik Lyner-Cleophas. Indien daar byvoorbeeld 'n rolstoelgebruiker in 'n klas is, moet dosente, wanneer hulle veldwerk beplan, fisiese toegang op dieselfde manier oorweeg as wat hulle vir die vervoerbehoeftes van enige student sou beplan. "Dit gaan daaroor om mense in al hulle diversiteit te vermenslik, op 'n manier wat insluit, eerder as uitsluit."

Vennootskappe en vordering

Danksy samewerking kan die US 'n toegewyde ruimte bied waarheen studente kan gaan wat ondersteuning nodig het, sê Lyner-Cleophas. Fasiliteitsbestuur werk nou saam met die EG om fisieke toegangsuitdagings op kampus aan te spreek en verskeie fakulteite werk saam met die Eenheid om billike leergeleenthede te verseker. Daar is talle opleidingsgeleenthede waar studente en personeel gebaretaal kan leer en aan 'n geakkrediteerde Lei met Gestremdheid-kursus kan deelneem.

Die Siyakhula-program vir diversiteitskapasiteitsontwikkeling, wat in vennootskap met die Universiteit se Eenheid vir Gelykwaardigheid en Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie.? ontwikkel en bygewerk is, rus personeel toe om billikheidstrategie?, insluiting en welstand te modelleer, te lei en te ondersteun. Die program reik deur middel van sy gereelde radioprogram op kampusradio MFM92.6 uit na 'n wyer gehoor. Die bekroonde program help om betekenisvolle dialoog te skep en perspektiewe te verander.

Verder speel die Assesseringskantoor, sowel as akademiese departemente en RGAs, 'n belangrike rol in die operasionalisering van assesseringstoegewings om te verseker dat studente volgens die EG se aanbevelings geakkommodeer word. Toegewings gedurende toetse word deur die fakulteite bestuur, maar sommige se hulpbronne is min, wat probleme skep.

Samewerking met die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL) ten opsigte van opleidingsprogramme vir posisionele ên nie-posisionele studenteleiers, van die SR tot mentoropleiding, skep dit waardevolle geleenthede om gesprekke oor inklusiewe praktyke buite die klaskamer te voer. Hierdie opleidings rus studente met praktiese hulpmiddels toe om toeganklikheid en inklusiwiteit vir studente met gestremdhede gedurende verwelkomingsprogramme, vergaderings en sosiale geleenthede te bevorder, wat uiteindelik tot 'n transformerende studente-ervaring bydra.

"Deur studente by geleentheidsbeplanning, werkswinkels en portuurondersteuning te betrek, omarm ons 'n samewerkende benadering tot gestremdheidsinsluiting wat die belangrikheid van die studentestem en geleefde ervarings beklemtoon," sê Lyner-Cleophas.

Ruimte vir verbetering

Maar daar is nog ruimte vir verbetering. Hoewel die US beduidende vordering gemaak het, bly daar uitdagings, sê Lyner-Cleophas. Die US het in 'n onlangse ontleding van eenhede vir gestremdheidsregte by Suid-Afrikaanse universiteite aan die hand van data van 'n opname deur die Ho?ronderwysvereniging vir Gestremdheidsdienste (HEDSA), het in die middel van die sektor ge?indig.

Die verslag wys daarop dat sommige universiteite meer as ander getransformeer het, en dat die toewysing van hulpbronne vir gestremdheidsinsluiting baie van een instelling tot die volgende verskil. "Die US doen baie met beperkte hulpbronne," sê sy. "Maar beperkte hulpbronne plaas druk op fakulteite en ondersteuningsdepartemente wat gestremdheidsondersteuning probeer bied."

Soos in die ontleding opgemerk word, is die US een van 16 ho?ronderwysinstellings met 'n toegewyde eenheid vir gestremdhede. Deur gestremdheidsondersteuning by fakulteite en administratiewe strukture in te sluit, en deur daarna te streef om persepsies van etikette na menswaardigheid te verskuif, werk die Universiteit hard daaraan om te verseker dat insluiting meer as beleid is, sê Lyner-Cleophas.

"Om verder as die etiket te gaan, beteken om diversiteit te normaliseer en 'n bemagtigende omgewing te skep waar elke student aan die US voel dat hulle behoort. Dit is egter alle departemente en fakulteite aan die US, nie net die Eenheid vir Gestremdhede nie, se werk. Baie meer hulpbronne is nodig in verhouding tot ons groeiende getalle om insluiting ten volle te verwesenlik."

US-innovasies wat seine van insluiting en ondersteuning aan mense met gestremdhede stuur, sluit in:

  • Verbeterde toeganklikheid deur infrastruktuurverbeteringe, soos plaveisel buite die Neelsie, hysbakke, opritte en universeel-ontwerpte ruimtes in nuwer geboue.
  • Werkswinkels en opleidingsessies wat ontwerp is om studenteleiers met gestremdheidsinklusiewe praktyke toe te rus.
  • Bewusmakings- en kapasiteitsbou-inisiatiewe vir personeel en studente oor gestremdheidsinsluiting, soos Lei met Gestremdheid en Lei met Gestremdheid@werk
  • Geleenthede wat verskillende gestremdhede vier en bewustheid help skep en wat die studente- en personeelstem deel, soos Loslitdag.
  • Studentgedrewe inisiatiewe, insluitende verenigings soos die Universiteit Stellenbosch se Neurodiversiteitsvereniging (SUNDS) en die SR se Spesiale Behoeftes-portefeulje.
  • Fakulteitsgebaseerde sessies om beskikbare ondersteuning en hulpbronne vir studente met gestremdhede te deel.
  • Ondersteunende tegnologie?, soos Read & Write en JAWS-sagteware.

Luigia Nicholas, van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, deel haar ervaring 'n student met gestremdhede by die US. Sy het twee oorerflike toestande, Stargardt se siekte en Fuchs-uve?tis-sindroom, wat haar sig be?nvloed.

"Aan die begin van my studenteloopbaan by die Universiteit was daar baie beperkte bewustheid oor gestremdheid. Ek moes noodgedwonge dikwels vir myself in studenteruimtes veg om ondersteun te voel. Ek het oor die verloop van tyd gesien hoe die US ontwikkel het, nie net deur fisiese veranderinge soos om geboue toegankliker te maak nie, maar nog belangriker deur verskuiwende ingesteldhede jeens gestremdheid en 'n sterker kultuur van inklusiwiteit. Vandag hoef studente nie meer so hard te veg om ingesluit te voel nie, aangesien studenteleiers toenemend die inisiatief neem om verwelkomende en toeganklike ruimtes te skep.

"Toe ek my gidshond begin gebruik het, is ek gereeld voorgekeer, en my hond se aandag is dikwels afgelei. Nou is daar 'n baie beter begrip onder studente en personeel oor die belangrikheid daarvan om nie 'n gidshond se aandag af te lei nie."

"Hoewel dit 'n taak is wat voortduur, is dit bemoedigend om te sien dat hierdie klein maar betekenisvolle veranderinge in alledaagse gesprekke en beplanningspraktyke weerspie?l word."

Fotograaf: Stefan Els