?Om bome te plant word dikwels as 'n eenvoudige oplossing vir klimaatsverandering beskou. Wanneer dit egter onoordeelkundig gedoen word, kan boomplanting in Afrika biodiverse en unieke grasvelde laat krimp, waterbeskikbaarheid verminder en ekonomiese volhoubaarheid ondermyn.
Nou is daar 'n ambisieuse inisiatief om hierdie probleem te? te werk – die Suider-Afrikaanse Bome vir Klimaataanpassing en Veerkragtigheid (SAT-CARe)-projek. Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontwikkel in samewerking met ander instellings 'n digitale gereedskapstel om inheemse bome slimmer te benut.
Die projek berus op bio-informatika, daar sal ope toegang tot die sagteware wees, en daar word beoog om uiteindelik die hele vasteland te dek.
Hierdie benadering word as noodsaaklik beskou om weg te beweeg van swak besluite om nie-inheemse spesies te plant – 'n belangrike doelwit in Boomplantweek, wat van 1 tot 7 September 2025 in Suid-Afrika gevier word.
Die navorsers gebruik groot datastelle – oor klimaat, grond, die omgewing en die eienskappe van verskillende boomspesies. Die doel is om beleidmakers, landbouers en stedelike beplanners te help bepaal watter endemiese Afrika-boomspesies die beste geskik is vir toepassings soos herbebossing, stedelike vergroening, ekologiese herstel en ekonomiese doeleindes.
Bebossing toenemend ? probleem
"Om bome te plant word dikwels voorgehou as 'n wonderkuur vir klimaatsverandering," sê prof Guy Midgley, direkteur van die US se Skool vir Klimaatstudies.
“Maar as die verkeerde bome op die verkeerde plekke geplant word, kan dit biodiversiteit verminder, watersekerheid bedreig en mense daarvan weerhou om 'n bestaan te maak. Besluite hieroor moet op die wetenskap en plaaslike kennis berus."
“Hy waarsku dat Afrika 'n “bebossingsprobleem" het – nie net weens die verspreiding van houtagtige plante na grasvelde namate koolsuurgasvlakke in die atmosfeer toeneem nie, maar ook omdat eksterne akteurs swak beplande boomplantskemas op die vasteland afdwing.
“Ons sien 'n groot tendens van vergroening regoor ons subkontinent," verduidelik Midgley. “Grasvelde verstik aan struike, waterbronne word uitgeput, en mense se vermo? om 'n bestaan te maak, word bedreig. Dit is nie soseer 'n uitdaging in die noordelike halfrond nie – dit is óns uitdaging, en ons moet ons eie modelle ontwikkel."
Afrika-bome vir Afrika-landskappe
SAT-CARe dring aan op Afrika-oplossings. "Waarom plant ons uitheemse boomspesies in ons waardevolle opvanggebiede waar hulle te veel water gebruik, die samestelling van die grond verander, en selfs intense veldbrande aanvuur? Ons moet Afrika se inheemse hulpbronne benut," het Midgley gesê op 'n vergadering van belanghebbendes by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie.
Die projek se praktiese ambisie is om te identifiseer watter inheemse boomspesies in watter landskappe sal floreer – vandag, en namate die klimaat in die toekoms verander. Daar word onder meer na ikoniese Afrika-bome soos kremetart, maroela, mopanie en geelhout gekyk.
Deur omgewingsdata aan spesie-eienskappe te koppel, sal die sagteware landbouers bv. help om die beste boomspesies vir droogtetoleransie, vrugte en olie, of veevoer te kies. En stedelike beplanners sal dit kan gebruik om spesies te kies wat skaduwee en luggehalte verbeter sonder om skaars waterbronne uit te put.
Benewens Suid-Afrika, bring SAT-CARe navorsers en data uit Botswana, Mosambiek, Namibi?, Zambi? en Zimbabwe byeen, met bykomende insette uit Kenia. Die modelle word oor diverse ekosisteme getoets – van savannas tot bergwoude – met die doel om die projek mettertyd na die hele vasteland uit te brei.
Data-uitdaging
Vir die projek om nuttige antwoorde te kan lewer, moet data oor klimaat, grond, koolstofdioksied en veldbrande ge?ntegreer word met boomeienskappe en sosio-ekonomiese aanwysers.
“Dit is nie net 'n data-oefening vir wetenskaplikes nie," sê prof Kanshu Rajaratnam, direkteur van die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke.
“Ons bou modelle wat deur beleidmakers en gemeenskappe gebruik kan word. Ons doel is 'n digitale gereedskapstel wat so oop en bruikbaar as moontlik is."
Dr Jan Greyling, verbonde aan die US se Fakulteit AgriWetenskappe, verduidelik hoe dit sal werk: "Die idee is dat gebruikers gewoon 'n spesienaam sal intik, 'n klimaatscenario sal kies en dan verskyn 'n kaart wat wys waar 'n betrokke boomspesie waarskynlik sal floreer."
Afrika-veerkragtigheid
Vir Midgley is die projek veelseggend oor Afrika se rol in globale gesprekke oor klimaat.
“Afrika kry minder as 3% van internasionale befondsing vir navorsing oor klimaatsverandering, en daarvan gaan ongeveer die helfte na wetenskaplikes van elders. Ons vasteland is dus uiters kwesbaar omdat ons nie befonds word om die basiese navorsing te doen wat ons benodig nie.
SAT-CARe is egter deel van die Afrika-Europa-groep van Navorsingsuitnemendheid oor Natuurgebaseerde Oplossings vir Klimaatsverandering, wat deur die Alliansie van Navorsingsuniversiteite in Afrika (Arua) en die Gilde van Navorsingsintensiewe Universiteite in Europa byeengeroep word. Dié groep bestudeer natuurgebaseerde oplossings as 'n belowende manier om klimaatrisiko's te verminder, biodiversiteit te beskerm en mense in staat te stel om 'n bestaan te maak.
“SAT-CARe gaan nie net oor bome in Suider-Afrika nie. Dit gaan oor Afrika-navorsers wat die leiding neem met kennis wat plaaslik begrond is, maar wêreldwyd relevant is," sê Midgley.
- Vrywaring: Hierdie projek word ondersteun deur die Lacuna-fonds en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ). Die menings in hierdie verklaring uitgespreek word, weerspie?l nie noodwendig dié van die Fonds, sy bestuur, sy finansiers, of die Meridian-instituut nie.
- Rig navrae aan die SAT-CARe-ko?rdineerder, me. Julia Harper: jrs@sun.ac.za
- ONDERSKRIF: 'n Kameeldoringboom aan die Botswana-kant van die Kgalagadi Oorgrenspark. FOTO: Heath Beckett