中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kampusveiligheid by universiteite 'n prioriteit vir Ministerie van Ho?r Onderwys en Opleiding by Registrateursimbizo op Stellenbosch
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 02/09/2025

?Dr Mimmy Gondwe, adjunkminister van die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO), het onlangs na haar alma mater teruggekeer vir ho?vlakgesprekke oor die ho?ronderwyssektor by die 2025 Registrateursimbizo by die Universiteit Stellenbosch (US).

Gondwe het beide haar meesters- en doktorsgraad in die Regte (in Handelsreg) aan die US verwerf. Gedurende haar tyd by die US het sy beurse en toekennings ter erkenning van haar akademiese prestasies verower, insluitende die Fulbright-beurs, die Andrew Mellon-stigtingsbeurs, die Baden-Württemberg-beurs en die Thuthuka-navorsingstoekenning van die Nasionale Navorsingstigting.

Gondwe het by die opening van die tweedaagse imbizo, wat deur registrateurs en administrateurs van universiteite regoor die land, asook verteenwoordigers van Universiteite Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid bygewoon is, gesê: "Ons besin oor die vordering wat ons gemaak het en die uitdagings wat ons steeds in die gesig staar in die kollektiewe toekoms wat ons saam in die ho?ronderwyssektor bou."

Sy het die imbizo as 'n geleentheid beskryf om erkenning te gee aan die deurslaggewende rol wat registrateurs in die vorming van die akademiese en administratiewe landskap van universiteite speel. "Julle is die bewaarders van institusionele integriteit, rentmeesters van nakoming en kampvegters vir studentgesentreerde lewering."

Gondwe het bekommernisse oor die laat vrystelling van matriekuitslae aangespreek en gesê die departement is "aktief in gesprek" met die Departement van Basiese Onderwys om knelpunte te verlig en ontwrigtings in universiteitstoelatings voor die 2026 akademiese jaar te verminder. "Ons bly daartoe verbind om te verseker dat die integriteit van die universiteitstoelatingsproses geensins in die gedrang kom nie." Sy het ook kennis geneem van die finansieringuitdagings van die Nasionale Finansi?le Hulpskema vir Studente (NSFAS) en gesê daar word gewerk om 'n volhoubare finansieringsmodel vir die beurs- en leningskema te vestig.

Gondwe het kampusveiligheid en sekuriteit stewig op die ho?ronderwysagenda geplaas deur die DHOO se oproep te beklemtoon dat "veiligheids- en sekuriteitsbeleide wat deur die raad goedgekeur is" deur alle universiteite ingedien moet word. Hierdie beleide moet meer as administratiewe dokumente wees. Dit moet 'n "verbintenis daartoe weerspie?l om lewens te beskerm, om gemoedsrus te verseker en om 'n omgewing te bevorder waar leer en groei sonder vrees kan plaasvind".

Intussen het Gondwe gesê die DHOO is besig om 'n memorandum van verstandhouding met die Suid-Afrikaanse Polisiediens te finaliseer wat op die voorkoming en ondersoek van misdaad op en om kampusse fokus. "Die doel is om proaktiewe samewerking tussen kampusbeskermingsdienste en die land se wetstoepassingsagentskappe te bevorder." Personeel- en studenteveiligheid op kampusse is "ononderhandelbaar" en 'n "voorvereiste vir die doeltreffende funksionering van ons universiteite", het sy beklemtoon.

Die Rektor en Visekanselier van die US, prof Deresh Ramjugernath, het die uiters belangrike rol beklemtoon wat registrateurs in 'n ewig-ontwikkelende ho?ronderwyssektor speel. "Registrateurs en akademiese administrateurs is die bewaarders van bestuur, die rentmeesters van institusionele integriteit en die bemagtigers van akademiese uitnemendheid. Operasionele uitnemendheid is nie 'n nagedagte nie. Dit is 'n voorvereiste vir studentesukses, institusionele geloofwaardigheid en openbare vertroue."

"Ten einde te floreer en nie net te oorleef in 'n voortdurend veranderende landskap nie, moet ons ons mense versterk, ons prosesse stroomlyn en 'n kultuur kweek wat beide uitstekend en vermenslikend is. Dit is hoe ons instellings bou wat ons studente, ons land en ons vasteland met onderskeiding dien," het hy bygevoeg.

Onderskrif:

Carol Crossley, Registrateur by Wits en Voorsitter: USAf Registrateursforum, adjunkminister van die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO), dr Mimmy Gondwe, dr Ronel Retief, US Registrateur en Ondervoorsitter: USAf Registrateursforum, en prof Deresh Ramjugernath, US Rektor en Visekanselier, by die 2025 Registrateursimbizo wat onlangs op Stellenbosch gehou is.

Fotograaf: Ignus Dreyer