Institutionele beleggers wat namens ander individue belê, neem toenemend omgewingsbewaring en veilige werksomstandighede in ag wanneer beleggingsbesluite geneem word.
Volhoubare beleggings het die afgelope 20 jaar momentum gekry namate batebestuurders (mense wat institusionele beleggings bestuur) toenemend besef dat dit noodsaaklik is om volhoubaarheidskriteria by hul besluitneming in te sluit, spesifiek omgewings-, sosiale en bestuursfaktore (kortliks bekend as ESG).
’n Studie wat in 2023 in Noord-Amerika, Europa en Asi? gedoen is, het getoon dat 80% van batebestuurders volhoubare beleggingsbeleide gehad het. Vyf jaar vantevore was dit slegs 20%.
In Suid-Afrika word ‘n soortgelyke tendens waargeneem, veral sedert 2011 nadat pensioenfondswetgewing gewysig is. Dié wysiging behels dat pensioenfondse ESG-kwessies in hul beleggingsbesluite in ag moet neem. Die momentum van beleggingsbesluite wat op volhoubaarheidskriteria gebaseer is, was nietemin stadiger in Suid-Afrika as in ander lande.
Nevertheless, the momentum of investment decisions based on sustainability criteria has been slower in South Africa compared with other countries.
Tydens hierdie PhD-projek, is daar ondersoek ingestel na die sienings van 26 batebestuurders rakende volhoubare beleggings. Hulle is voorts versoek om te beskryf wat korporatiewe sosiale verantwoordelikheid vir hulle beteken.
Die batebestuurders het spesifieke korporatiewe sosiale verantwoordelikheidspraktyke ge?dentifiseer waarop hulle fokus. Menseregte en verhoudings met belanghebbendes was hul belangrikste oorwegings. Die meeste deelnemers (15 van die 26) het aangedui dat maatskappye waarin hulle belê, goeie volhoubaarheidspraktyke moet hê.
Die navorsing het ook verskeie struikelblokke uitgelig wat batebestuurders ervaar tydens die toepassing van volhoubaarheidskriteria. Een daarvan is dat die Suid-Afrikaanse ekwiteitsmark redelik klein is en verder krimp, aangesien al hoe meer maatskappye van die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) denoteer. Daar is dus minder maatskappye om in te belê. Daar is ook 'n beperkte kli?ntevraag na volhoubare beleggings.
Hierdie struikelblokke maak dit moeiliker vir beleggers om 'n beduidende sosiale beleggingsimpak te maak.
Sustainable investment matters because asset managers control vast amounts of capital. In the absence of suitable impact-oriented investment opportunities, capital can’t be directed to solving pressing problems. These include poverty, inequality and climate change.
Die struikelblokke
Deelnemers het aangedui dat dit moeilik is om korporatiewe sosiale verantwoordelikheidspraktyke by institusionele beleggingsbesluite in ag te neem, en het verskeie redes vir hul siening verskaf.
Sewe van die batebestuurders het opgemerk dat die plaaslike ekwiteitsmark te klein is om ’n betekenisvolle sosiale beleggingsimpak te maak.
Een deelnemer was van mening dat ’n batebestuurder wat byvoorbeeld ’n fonds met slegs omgewingspresteerders wil opstel, dit onmoontlik sou vind, aangesien daar nie veel opsies beskikbaar is nie.
Die reeds beperkte plaaslike beleggingsmark hou voorts aan krimp. Maatskappye denoteer teen 'n ontstellende tempo van die JSE. Daar is dus beperkte geleenthede vir volhoubaarheidsgerigte beleggings in die land.
Nog ’n uitdaging is die klein kli?ntevraag na volhoubare beleggingsprodukte. Volgens die deelnemers versoek net ’n beperkte aantal bate-eienaars en begunstigdes sulke produkte.
Boonop verskaf baie maatskappye nie voldoende data oor hul volhoubaarheidspraktyke nie. Dit maak dit vir korporatiewe rolspelers moeilik om ingeligte besluite te neem.
’n Ander komplikasie is dat dataverskaffers nie konsekwent is rakende hoe maatskappye se volhoubaarheidsprestasie gemeet word nie. In Suid-Afrika word meting verder bemoeilik deur unieke aspekte van die land se wetgewing. Deelnemers het byvoorbeeld opgemerk dat gewilde globale ESG-databasisse nie wetgewing rakende Bre?-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) in ag neem nie. Hierdie wetgewing is na die be?indiging van apartheid ingestel om ekonomiese transformasie en inklusiwiteit te bevorder.
Wat moet gebeur
Opvoeding is die sleutel tot werklike impak. Fondsbestuurders en hul kli?nte moet dus beter ingelig word rakende volhoubare beleggings.
Hier kan die Association for Savings and Investment South Africa ’n belangrike rol speel. Hierdie vereniging stel hul ten doel om seker te maak dat spaargeld en beleggings in die land relevant en volhoubaar bly. Werksessies en hulpbronne word gevolglik aan verskeie rolspelers in die beleggingsproses verskaf.
Daarbenewens sal konsekwente volhoubaarheidsmaatstawwe wat spesifiek is tot ’n land, dit makliker maak om maatskappye te evalueer en met mekaar te vergelyk. Sommige deelnemers was van mening dat die JSE se 2022-riglyne vir die openbaarmaking van volhoubaarheid ’n stap in die regte rigting was. Die dokument bevat ’n stapsgewyse gids om maatskappye te help om af te skop met verslagdoening oor volhoubaarheidsaspekte. Die riglyne stel plaaslik genoteerde maatskappye in staat om beste praktyke in die globare kontekts beter te verstaan, bv. klimaatsverwante openbaarmaking.
Verslagdoeningstandaarde wat in 2023 deur die International Sustainability Standards Board uitgereik is, was nog ’n belangrike ontwikkeling. Hierdie standaarde sluit vereistes in vir volhoubaarheidsverwante finansi?le inligting en klimaatsverwante inisiatiewe.
Die standaarde moedig meer konsekwente, volledige, vergelykbare en verifieerbare inligting aan rakende volhoubaarheidsverwante risiko’s en geleenthede.
Nog ’n nuttige intervensie is die toekomstige ontwikkeling van ’n maatstaf vir sosiale impak wat konteksspesifieke sosiale oorwegings insluit. Plaaslik kan B-BBEE byvoorbeeld ingesluit word wanneer sosiale impak gemeet word.
Na ons mening behoort Suid-Afrikaanse batebestuurders op beleggings te fokus wat belyn is met volhoubare ontwikkeling. Dit sluit beleggings in infrastruktuurprojekte in wat op dringende kwessies soos die aanspreek van werkloosheid gerig is.
Fondsbestuurders kan ook hulpmiddele soos the Responsible Investment and Ownership guide benut. Dié gids dui uitvoerbare stappe aan om verantwoordelike beleggingspraktyke te verbeter.
Hierdie hulpbronne kan batebestuurders help om korporatiewe volhoubaarheid by hul besluitneming te integreer en om kli?nte rakende die voordele van volhoubare beleggings in te lig.
Skywers: Kara Nel, Kontrakdosent in Besigheidsbestuur , Stellenbosch Universiteit; Nadia Mans-Kemp, Akademikus in die Departement Besigheidsbestuur , Stellenbosch Universiteit, en Pierre Erasmus, Professor in Finansies
Hierdie artikel word herpubliseer vanaf The Conversation onder 'n Creative Commons-lisensie. Lees die oorspronklike artikel.