中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nasionale toekennings vir belowende US-vrouenavorsers
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 26/08/2025

?Drie belowende jong vrouenavorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) het nasionale erkenning ontvang toe hulle met die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie (DWTI) se gesogte Suid-Afrikaanse Vroue in die Wetenskap-toekennings (SAWiSA) vereer is. Kimberly Coetzer, Corine Mouton en Duduzile Kubheka het hulle toekennings Donderdag 21 Augustus 2025 by 'n galageleentheid in ontvangs geneem.

Coetzer het 'n DWTI-beurs vir doktorale studie gewen, terwyl Mouton en Kubheka beurse vir meestersgraadnavorsing ontvang het.

Die jaarlikse Vroue in die Wetenskap (Women in Science)-toekennings vier vroue se prestasies op die gebied van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde en verhoog die profiel van uitstaande navorsers om as rolmodelle vir die volgende geslag jong vroue en meisies te dien en hulle te inspireer om loopbane in die wetenskap te volg.

Coetzer

Coetzer, 'n doktorale student in bioinformatika en rekenaarbiologie, is vereer vir die integrasie van multi-omics-data (gekombineerde inligting uit verskillende "omics"-studies soos gene, prote?ene, metaboliete, ens om biologie beter te verstaan) om siektemeganismes en genefunksies bloot te lê. Sy poog om deur haar werk inklusiewe, reproduseerbare en impakvolle wetenskap te bevorder, terwyl sy die stemme van vroue in die wetenskap deur interdissiplinêre innovasie versterk.

Coetzer sê sy is uiters dankbaar dat sy hierdie beurstoekenning ontvang het.

"Dit is werklik 'n eer om saam met soveel fenomenale vroue as 'n wenner beskou te word. Hoewel daar 'n geldelike element is, hoop ek om hierdie 'n lewenslange voorreg en onderneming om 'n ontvanger te wees, ten volle te benut.

"Om die DWTI-doktorale beurs te ontvang, dien as erkenning van my verbintenis tot impakvolle, inklusiewe en transformerende wetenskaplike navorsing. Hierdie beurs is 'n aanduiding dat ek in die regte rigting beweeg. Dit erken ook dat my werk in bioinformatika inderdaad betekenisvol en waardevol is binne die wetenskaplike gemeenskap en daarbuite."

Coetzer voeg by dat sy gelukkig is om deur mense omring te word wat haar gewys het hoe om tot die wetenskap buite haar graad by te dra en waarom dit belangrik is om dit te doen. "Met hierdie navorsingsbeurs kan ek selfs meer waarde tot reproduseerbare bioinformatika, die verstaan van genetiese afwykings, bioinformatika-opleiding en mentorskap van toekomstige wetenskaplikes toevoeg as wat ek tans doen."

Mouton

Mouton, 'n meestersgraadstudent in chemiese ingenieurswese, het 'n studiebeurs vir haar navorsing oor termodinamiese modellering en ho?drukfasegedrag vir volhoubare skeidingsprosesse ontvang. Deur die gebruik van superkritiese koolstofdioksied as 'n alternatief vir gevaarlike organiese oplosmiddels te ondersoek, is haar werk daarop gemik om omgewingsvriendelike, energiedoeltreffende skeidingsprosesse te bevorder.

Mouton het gesê die toekenning is vir haar baie betekenisvol, aangesien dit nie net erkenning aan haar eie werk gee nie, maar ook aan die leiding van haar studieleier en die samewerkende gees van haar navorsingsgroep.

"Dit is bemoedigend om te sien dat skeidingstegnologie en termodinamiese navorsing op 'n nasionale verhoog uitgelig word, aangesien hierdie gebiede dikwels stil agter die skerms van meer sigbare deurbrake sit.

"Die beurs beklemtoon vir my die waarde van die ontwikkeling van volhoubare, streng wetenskaplike oplossings in chemiese ingenieurswese. Om hierdie erkenning te ontvang, bevestig dat sulke werk wetenskaplike meriete het én van toepassing in die samelewing is, veral in Suid-Afrika se strewe na skoner, meer hulpbrondoeltreffende tegnologie?.

"Ek voel gemotiveerd om aan te hou om vorentoe te beweeg, nie net om nuwe kennis by te dra nie, maar ook om ander jong wetenskaplikes te inspireer om uitdagende en impakvolle navorsingspaaie te volg."

Kubheka

Kubheka, 'n meestersgraadstudent in wetenskap- en tegnologiestudie, het 'n studiebeurs vir sterrekunde-uitreiking en wetenskapkommunikasie in Afrika ontvang. Sy ondersoek die huidige landskap van openbare betrokkenheid by sterrekunde regoor die vasteland deur sleutelbelanghebbendes uit stippel, uitreikingsinisiatiewe te dokumenteer en die faktore te ontleed wat suksesvolle wetenskapkommunikasie vorm. Kubheka het ten doel om inklusiewe, bewysgebaseerde betrokkenheidstrategie? te versterk, beleids- en finansieringsbesluite in te lig, en sterrekunde se rol in die bevordering van wetenskaplike geletterdheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling regoor Afrika te verbeter.

  • ?Foto: Kimberly Coetzer, Corine Mouton en Duduzile Kubheka by die toekenningsgeleentheid.