中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Kennedy Dzama aangestel as nuwe dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 25/08/2025

?Prof Kennedy Dzama, 'n akademiese pionier in diereteling, genetika en volhoubare landbou, is as die nuwe dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel. Sy termyn neem op 1 Januarie 2026 'n aanvang.

Dzama, wat tans as 'n uitgelese professor en Visedekaan: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie dien, beskik oor 'n magdom ervaring en uitnemendheid in ho?ronderwysleierskap, navorsing en innovasie.

Dzama geniet internasionale erkenning vir sy baanbrekersnavorsing oor dieregenetika-hulpbronne in Afrika, veral op die gebied van parasietweerstand, klimaatsbestande veestelsels en volhoubare diereproduksie. Sy werk het 'n diepgaande invloed op die verstaan en bewaring van dieregenetika-hulpbronne in Afrika gehad.

Hy het in 2006 by die US aangesluit en van 2013 tot 2018 as hoof van die Departement Veekundige Wetenskappe gedien voordat hy die Fakulteit se Visedekaan: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie geword het. Dzama lei ook die US se Interdissiplinêre AgriWetenskappe-platform wat programme in voedselstelsels en volhoubare landbou plaaslik in Suid-Afrika en internasionaal erken word en sluit samewerking en vennootskappe met onder meer die Universiteit van Wageningen en Oxford in.

Hy het 'n BSc Landbou (Hons) in Veekunde aan die Universiteit van Zimbabwe verwerf, gevolg deur MSc- en PhD-grade in Diereteling en Genetika aan die Texas A&M-Universiteit in die Verenigde State. Voordat hy by die US aangesluit het, het hy senior akademiese poste by die Universiteit van Zimbabwe en die Universiteit van Fort Hare beklee.

Hy het al meer as 60 nagraadse studente begelei en sy werk het al in verskeie toonaangewende internasionale vaktydskrifte verskyn. Dzama het tot die ontwikkeling van akademiese programme regoor Suider-Afrika bygedra, insluitende die wyd aanvaarde dieretelingskurrikulum en die Transdissiplinêre Volhoubare Landbou-program.

Dzama het al op talle nasionale en internasionale adviespanele gedien, insluitende die Afrika-unie se Interafrika Buro vir Dieregenetika-hulpbronne en die VN se Wêreldvoedselprogram, SAOG en sy navorsings- en ontwikkelingsvleuel, CCARDESA. Hy is tans voorsitter van die Raad van Presidente van die Afrika-instituut vir Natuurlewe-ekonomie en voorsitter van die Suider-Afrika Voedsellaboratorium, wat sy verbintenis tot interdissiplinêre oplossings vir landbou- en voedselstelseluitdagings weerspie?l.

Dzama het in 2017 die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde se toekenning as top-navorsingswetenskaplike ontvang ter erkenning van sy bydraes tot die vorming van landbounavorsing en -beleid regoor Suider-Afrika.

Oor sy aanstelling sê Dzama: "Ek is diep ge?erd en opgewonde om as die nuwe dekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch te dien, en ek is daartoe verbind om ons fakulteit met visie, innovasie en samewerking te lei om nie net op die vasteland van Afrika nie, maar wêreldwyd nuwe hoogtes van uitnemendheid in navorsing, onderrig en gemeenskapsimpak te bereik."

Die US se Rektor en Visekanselier, Prof Deresh Ramjugernath, sê die US is trots om te sien dat Dzama die rol as dekaan inneem, waar sy visie en leierskap sal help om die Fakulteit na selfs nog groter hoogtes te neem. "Hy het reeds 'n onuitwisbare stempel op die US afgedruk deur sy uitstaande vakkundigheid en sy toegewyde diens as Visedekaan, Departementshoof en programleier. Dzama se baanbrekersnavorsing in diereteling, genetika en volhoubare landbou het nie net kennis wêreldwyd bevorder nie, maar ook die US as 'n leier geposisioneer om kritieke uitdagings van voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid aan te spreek. Wat net so belangrik is, is dat sy mentorskap van studente en sy vermo? om samewerkende netwerke te bou, sy diep verbintenis tot die volgende generasie wetenskaplikes weerspie?l."

Prof Dzama volg prof Danie Brink op wat sedert 2017 as dekaan dien.