Dekades lank is Cynthia Lategan-Kriel al ’n hoeksteen van die Stellenbosch Besigheidskool (SBS) aan die Universiteit Stellenbosch (US). As programko?rdineerder vir die MBA, MPhil in Bestuursafrigting en MPhil in Toekomsstudie, is sy een van die langsdienende en mees gerespekteerde personeel in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Cynthia se reis het meer as 30 jaar gelede begin toe sy by die Skool vir Publieke Leierskap aangesluit het as persoonlike assistent vir prof Erwin Schwella. Destyds was sy ’n jong ma van twee, vasbeslote dat dit die begin van ’n stabiele en betekenisvolle loopbaan sou wees. Haar toewyding het nie net die grondslag gelê vir haar eie merkwaardige professionele ontwikkeling nie, maar ook vir haar kinders se toekoms. Haar dogter, ’n kleuterskoolonderwyseres, is die ma van haar 17-jarige kleinseun, terwyl haar seun ’n Meestersgraad in Biomediese Ingenieurswese (cum laude) aan US behaal het.
Binne drie jaar is Cynthia in ’n permanente pos by SBS aangestel. Dit was ’n bepalende oomblik wat haar lewe in ’n ander rigting gestuur het, reken sy. In daardie vormingsjare het sy verskeie rolle vervul: sy het ontvangspersoneel opgelei, die finansi?le span ondersteun, as operasionele bestuurder opgetree en gehelp waar dit ook al nodig was. Sy het ook die posisie van persoonlike assistent beklee vir die stigtingsdirekteur van Stellenbosch Besigheidskool Uitvoerende Ontwikkeling (SBS-ED). “Dit was nie altyd maklik nie,” sê sy terugskouend, “maar daardie verskeidenheid het my help vorm tot wie ek vandag is.”
Cynthia het altesaam agt verskillende posisies by SBS beklee, en elkeen het haar insig verdiep en haar leierskapskapasiteit uitgebou. Uiteindelik het sy haar roeping as programko?rdineerder gevind, aanvanklik vir beide die modulêre en voltydse MBA-kohorte, voordat sy haar later op die modulêre MBA-, asook die MPhil-grade in Bestuursafrigting en Toekomsstudie toegespits het.
Die praktiese rol wat sy in studente se lewens speel, het nog altyd ’n wye reeks take ingesluit, van die logistieke ko?rdinering vir nasionale studietoere tot die begeleiding van individuele studente op hul veeleisende akademiese reis. “Dié rolle het my in staat gestel om my begrip van akademiese programbestuur uit te brei en my verbintenis tot beide studente en fakulteitskollegas te versterk,” sê sy.
Saam met haar professionele groei, het Cynthia gesorg dat haar eie ontwikkeling nie agterwe? bly nie. Sy het onder meer sertifikate in projekbestuur en lewensafrigting voltooi wat haar leierskaps- en interpersoonlike vaardighede verbeter het. “Afrigting het my veral baie gehelp om ons studente beter te verstaan en te ondersteun,” merk sy op. “Ek het nog altyd geglo ek is gebore om te lei; nie in die tradisionele sin nie, maar deur diensbaarheid, nederigheid en om ander te help uitblink.”
Hierdie filosofie het ook aanleiding gegee tot haar bydraes op ander gebiede. As voorsitter van die sosiale impak-komitee vir vyf jaar, het sy haar beywer om betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheid by SBS-aktiwiteite te integreer. Haar professionele uitnemendheid is beloon met US se gesogte Kanseliersmedalje.
Oor die jare het die mentorskap van drie voormalige SBS-direkteure ’n wesenlike invloed op Cynthia gehad. Prof John Powell se egalistiese benadering het haar ge?nspireer en hy het haar aangemoedig om haar drome na te jaag. Prof Piet Naudé se onwrikbare toewyding aan studente het haar eie benadering onderskryf en versterk, en prof Mark Smith, wat haar aangemoedig het om te begin draf, het haar die selfvertroue gegee om grense te verskuif, persoonlik én professioneel.
Sy word hoog aangeskrewe deur haar kollegas. Marna Bothma van die Sentrum vir Akademiese Administrasie sê, “Cynthia reik na ander uit met opregtheid en deernis. Haar kalm teenwoordigheid en onwankelbare geloof het baie van ons deur moeilike tye gedra. Sy lééf haar waardes met ’n warm hart en oop hande – ’n ware voorbeeld van leierskap.”
Senior administratiewe beampte Samantha Diedericks voeg by: “Cynthia is warm, toeganklik en inklusief. Al is ek relatief nuut, het sy my onvoorwaardelik verwelkom. Sy werk ongelooflik hard, luister aandagtig en studente getuig konsekwent van hul positiewe ervaring met haar.”
Vanjaar is haar 33ste jaar by SBS en steeds verwelkom Cynthia verandering met energie en grasie. “Ek floreer op uitdagings en innovasie. Ek hou daarvan om elke dag iets nuuts te leer,” sê sy. Sy is veral trots op hoe SBS oor die jare meer gespesialiseerd geraak het en hoe die erkenning van vroue in akademiese leierskap toegeneem het – ’n verandering wat sy nie net waargeneem het nie, maar waartoe sy ’n aktiewe bydrae gemaak het.
Lang wandelings saam met haar man en stil oomblikke by die see stem Cynthia rustig wanneer sy nie by die werk is nie. Sy droom ook daarvan om eendag ’n passasier op die langafstandtreine in Europa te wees. Haar reis is nog lank nie verby nie en haar nalatenskap van diens en leierskap bly ’n inspirasie vir diegene rondom haar.
“Die mees bevredigende deel van my werk is die persoonlike interaksie met studente – om hulle te help om uitdagings te bowe te kom, hul suksesse te beleef en hulle op die pad na graduering te vergesel. Dít is my passie.”