?Mikroklimate – in teenstelling met grootskaalse makro klimaatsmodelle op streeks- of selfs globale vlak – kan 'n oplossing bied om die negatiewe impakte van ekstreme weersomstandighede op reeds weerbare insekpopulasies te neutraliseer.
Dit is die gevolgtrekking van 'n oorsigartikel wat onlangs in Nature Reviews Biodiversity gepubliseer is. Die artikel, met die titel “Effects of microclimate variation on insect persistence under global change", is deur 'n interdissiplinêre span van wetenskaplikes vanuit Suid-Afrika, Kanada, Taiwan, Switserland en die Verenigde Koninkryk geskryf.
Mikroklimate, ook bekend as mikroskuilplekke, manifesteer op verskillende maniere, afhangende van die tipe van insek of die tipe habitat. In 'n stedelike omgewing kan dit 'n skaduryke en klammerige plekkies wees met verskillende topografie? wat insekte teen ho? temperature beskerm. In die re?nwoude van die Amasone, kan dit die hele kruin van die woud wees.
Maar sonder 'n beter begrip van hoe insekte, baie van hulle met komplekse lewensiklusse, van mikroklimate gebruik maak om in 'n veranderende klimaat te oorleef of aan te pas, mag selfs ons beste klimaatmodelle steeds verkeerd wees.
Vir prof John Terblanche, 'n evolusionêre fisioloog in die US se Departement van Bewaringsekologie en Entomologie en 'n mede-outeur van die artikel, is huidige makroklimaatsmodelle nie daartoe in staat om impakte op insekpopulasies te voorspel nie.
“Grondvlak waarnemings is noodsaaklik om toetsbare voorspellings te genereer," verduidelik hy. Indien ons byvoorbeeld waarneem dat daar tussen twee en drie-uur in die middag geen bye buite is, besig om vir kos te soek nie, kan hierdie inligting gebruik word om die geldigheid van die groter klimaatmodelle te bevestig. “Ons kan toetsbare modelle skep wat nie honderde ure van waarneming verg nie," voeg hy by.
Hierdie fynskaal modelle se voorspellings is dikwels meer akkuraat as die groter makroskaal modelle. Dit is omdat die groter modelle nie betekenisvolle variasies in klimaatstoestande, wat die insekgedrag direk be?nvloed, kan verreken nie. Die fyner skaal data word tipies as 'n gemiddelde bereken of selfs nie eens in ag geneem nie (soos byvoorbeeld waar insekte onder 'n blaar in die kruin van 'n boom leef).
Volgens Terblanche moet ons meer strategies wees en ho? resolusie data op fyner skaal verreken ten einde kragtiger voorspellingsmodelle te ontwikkel. Sodanige modelle kan byvoorbeeld ook in landbou gebruik word om ons insekpes beheerstrategie? te verbeter.
Dr Wendy Foden, navorsingsbestuurder by SANParke en verbonde aan die US se Skool vir Klimaatstudies, sê hulle is reeds besig om die konsep van mikroklimate te implimenteer om kwesbare diere te beskerm. In die Tankwa Karoo, byvoorbeeld, waar somer temperature dikwels bo 40 tot 50 grade Celsius styg, het SANParke saam met die World Wildlife Fund en die Universiteit van Kaapstad se FitzPatrick Instituut vir Afrika Ornitologie gewerk om die impak van ho? temperature op vo?l spesies te verminder deur houtskerms by watergate op te rig. Soortgelyke strategie? vir die skep van mikroklimate is in Suid-Afrika ontwikkel om pikkewyne by Simonstad en die Suidelike geelbekneushoringvo?l in die Kalahari te beskerm.
“Op 'n soortgelyk manier sal 'n beter begrip van die wêreld van insekte op 'n mikroskaal ons help om hulle beter te bestuur op die makroskaal in die geval van byvoorbeeld 'n langdurige hittegolf. Oor die langtermyn kan ons ook kunsmatige mikrohabitatte as stapklippe regoor 'n landskap skep ten einde spesies te help om geleidelik na 'n meer gepaste klimaat te beweeg," verduidelik sy.
Terwyl dit steeds moeilik is om te voorspel hoe insekte op 'n veranderende klimaat gaan reageer, is dit vir nou belangrik om 'n reeks van komplekse landskappe te skep wat met mekaar verbind kan word, met vele geleenthede in elke hoekie en gaatjie vir insekte om te kan wegkruip en die hitte te oorleef.
“Deur mikroklimate te bestuur, kan ons 'n balans handhaaf tussen uitwissing versus kolonalisering en sodoende die globale uitwissing van insekspesies as gevolg van klimaatsverandering vertraag," skryf hulle in die slot van die artikel.
Die sleutelwoord hier is egter “vertraag": “Indien ons sake soos gewoonlik bedryf, kan tot 'n derde van die aarde se spesies daaronder ly. Nuwe bewaringspraktyke moet 'n prioriteit wees. Die toekoms van die wêreld se mees diverse klas van spesies, and potensie?l die onvervangbare dienste en funksies wat hulle verrig, hang daarvan af," sluit hulle af.
Op die foto's bo: Hierdie vlieg (Pheilolece sp.) is 'n belangrike bestuiwer van endemiese blomme in Suid-Afrika, en die inheemse liewenheersbesie Cheilomenes lunata speel 'n belangrike role in die natuurlike voedselweb en word beskerm teen die impak van klimaatsverandering deur die gebruik van diverse mikroclimaatstoestande in hul natuurlike habitat. Die impakte van klimaatsverandering en landskapsverandering bedreig hierdie inheemse insekpopulasies. Foto's deur S. Clusella-Trullas