中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste “onderrighandboek” oor outofagie nou beskikbaar
Outeur: Media (Faculty of Science)
Gepubliseer: 04/08/2025

'n Komplekse sellulêre proses genaamd outofagie is die onderwerp van 'n belangrike nuwe handboek wat  meer as 30 jaar se navorsing in hierdie groeiende studieveld saamvat.

Outofagie is 'n proses waardeur uitgediende, toksiese of beskadigde sellulêre komponente opgeneem en herwin word ten einde 'n gesonde lewende sel in stand te hou. Wanneer hierdie proses ontwrig word of nie reg funksioneer nie, kan dit lei tot neurodegeneratiewe siektes, kanker en hartsiektes.

Autophagy thumbnail.pngHierdie reusehandboek van 335 bladsye, getiteld: Autophagy – From Molecular Mechanisms to Flux Control in Health and Disease, is die breinkind van prof Ben Loos, hoof van die Departement Fisiologiese Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Hy sê dit is uiters moeilik om outofagie te onderrig en te leer vanwe? die kompleksiteit van die proses. Meer as 20 prote?ene is hierby betrokkke as deel van die kernmasjinerie, en minstens net so veel in ander aspekte van die proses.

“Binne 'n snel groeiende veld vind studente en dosente dit moeilik om geskikte studiemateriaal te kies. 'n Mens weet nie waar om te begin, of hoe om te onderskei tussen belangrik en onbelangrik nie," verduidelik hy.

Een van Loos se  PhD-studente, Nicola Heathcote, het 'n reusebydrae gelewer tot hul hoofstuk  oor die presisiemeting van outofagiebaan-tussengangers, gegrond op haar navorsing oor korrelatiewe lig- en elektronmikroskopie: “Deur middel van visualisering en kwantitatiewe beeldanalise, is hierdie hoofstuk daarop gemik om die leerproses te vergemaklik en meer 'tasbaar' te maak," voeg hy by.

Vir Loos is dié unieke boek 'n poging om navorsing by die vernuwing van onderrig te betrek: “Die boek is saamgestel om in die klaskamer gebruik te word. Dit sluit vrae en vasvrae in, en verwys na belangrike navorsingsartikels. Ons glo dit gaan 'n baie handige gids vir beide studente, sowel as wetenskaplikes wees," sê hy.

Maar die belangrikste is egter die belang van hierdie studieveld vir ouerwordende bevolkings in die globale Suide: “Dit is 'n ongelukkige realiteit dat ouderdomsverwante patologie? soos hartsiektes, kanker en neurodegenerasie (waarin outofagie-disfunksie 'n groot rol speel) 'n groter impak het op sosio-ekonomies kwesbare lande," sluit hy af.

Die boek is beskikbaar as 'n e-boek hier by Springer Nature.

Op die foto bo: Prof Ben Loos en PhD student Nicola Heathcote van die Universiteit Stellenbosch se Departement Fisiologiese Wetenskappe met die nuwe “onderrighandboek oor outofagie wat nou beskikbaar is. Agter hulle op die skerm is 'n beeld van 'n sell wat uit honderde seksies saamgevoeg is. Dit het 'n groot 3-dimensionele datastel geskep waarvandaan individuele autofagasome uitgesegemteer kan word. Dit was 'n uiters arbeidsintensiewe proses wat in samewerking met Dr Lucy Collinson van die Francis Crick Instituut in London vir Nicola se PhD navorsing aangepak is. Foto deur Wiida Fourie-Basson