中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Boomplantseremonie simboliseer nuwe toekoms vir Wilgenhof
Outeur: Stellenbosch 中国体育彩票 / Universiteit Stellenbosch
Gepubliseer: 25/07/2025

'n Nuwe Kaapse Wilgerboom op die voorste grasperk van die Wilgenhof-manskoshuis op die hoek van Ryneveld- en Victoriastraat op Stellenbosch simboliseer 'n nuwe begin in 'n opgeknapte koshuis.

Wilgenhof het hul terugkeer na 'n gerestoureerde gebou en 'n herintegrasie in die studentegemeenskap gevier met 'n spesiale boomplantseremonie op Vrydagmiddag 25 Julie. Na aanleiding van 'n besluit deur die Universiteit Stellenbosch (US) Raad op 16 September 2024 om die Wilgenhof-koshuis te sluit – en die uitgebreide besprekings tussen die Universiteit, studente, ouers, alumni en voormalige Wilgenhof-inwoners wat gevolg het – is die koshuis vir die eerste semester van 2025 gesluit om in geheel opgeknap te word. Studente het aan die begin van die tweede semester teruggetrek nadat die gebou op Vrydag 18 Julie heropen het.

Die seremonie is bygewoon deur huiskomiteelede en inwoners van Wilgenhof; lede van die US Rektoraat; verteenwoordigers van die Wilgenhof Alumni-vereniging; verteenwoordigers van die Afdeling Studentesake, die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-verhoudinge, die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking, Fasiliteitsbestuur en die Primkomitee; studenteleiers; dr Wilhelm Verwoerd, 'n fasiliteerder in die Wilgenhof-vernuwingsproses; en oudregter Edwin Cameron, voormalige US Kanselier en primarius van Wilgenhof.

Prof Deresh Ramjugernath, Rektor en Visekanselier, het gesê die herintegrasie van die Wilgenhof-gemeenskap in die historiese gebou is gedoen “met 'n gedeelde doelgerigtheid, naamlik om sowel die verlede as die hede te erken en onsself te verbind tot 'n toekoms wat in respek, vernuwing en eenheid gewortel is".

“Om 'n boom te plant, is 'n gebaar van groei, herlewing en 'n langtermynverbintenis. Dit dui ook op die ontwikkelende verhouding tussen Wilgenhof, die US en die bre?r universiteitsgemeenskap. Wilgenhof het 'n proses van diep besinning en vernuwing ondergaan, en sal voortgaan met hierdie reis. Die woord 'vernuwing' is doelbewus kragtig, want dit is nie net struktureel nie. Dit is ook emosioneel en kultureel, en bied bowenal hoop.

“Die gebeure wat ons tot by vandag gelei het, was uitdagend. Dit het moeilike gesprekke, kritieke besluite en dapper leierskap van albei kante behels. Die vernuwende Wilgenhof is nou belyn met die waardes en beginsels wat ons bre?r koshuisgemeenskap rig. Dit is 'n ruimte waar waardigheid, leer, aanspreeklikheid en wedersydse respek nie onderhandelbaar is nie, maar fundamenteel.

“Wilgenhof tree nie terug na die verlede nie. Die koshuis tree vorentoe in 'n hernieude verbintenis tot transformasie en insluiting. Ons het nie vandag net 'n boom geplant nie, maar ook 'n belofte. Ons belofte, en ons hoop, is dat hierdie ruimte, en die mense wat dit bewoon, sal aanhou groei. Dit moet 'n herinnering wees dat transformasie nie 'n eindpunt is nie, maar 'n voortdurende proses. En wanneer dit in gedeelde waardes gewortel is, kan dit floreer. Mag hierdie boom, en hierdie oomblik, 'n lewende simbool wees van wat ons saam kan bereik," het Ramjugernath gesê.

Mnr Neil Botha, primarius van Wilgenhof, het gesê die reis tot nou toe was baie moeilik, maar hy is dankbaar om te wees waar hulle nou is. Hy het gesê die boom simboliseer 'n nuwe begin.

“Ek hoop werklik dit is die begin van die vriendskap met die Universiteit waarop ek gehoop het. Ek voel baie hoopvol. Dit was nie maklik om die afgelope 18 maande 'n Wilgenhoffer te wees nie, maar ons besef die twee vertrekke was 'n verleentheid vir die Universiteit. Dit was nie ons bedoeling nie, maar 'n deel daarvan om vorentoe te beweeg is om te erken wat gebeur het."

Mnr Nico de Waal, voorsitter van die Wilgenhof Alumni-vereniging, het gesê die boomplantseremonie is 'n bewys van 'n gemeenskaplike verbintenis tot vernuwing.

“Ek wil ons opregte verskoning herhaal vir die verleentheid waarin die US verkeer het. Die oorgrote meerderheid Wilgenhoffers het 'n ander ervaring gehad as wat in die media uitgebeeld is, maar ons as alumni ondersteun die fasiliteringsproses ten volle en ons is be?ndruk deur die fasiliteringspan."

Mnr Ashmind Daniels, inwonende hoof van Wilgenhof, het gesê die plant van 'n boom is 'n simboliese daad van vernuwing, groei en 'n blywende verbintenis van die Wilgenhof-gemeenskap.

“Net soos hierdie boom mettertyd wortel sal skiet en groei, moet ons as 'n gemeenskap ook gewortel wees in waardes wat onderhoudend en bevorderlik is. Mag hierdie boom as 'n lewende herinnering dien van ons sorg, aanspreeklikheid en trots vir Wilgenhof – nie net as 'n gebou nie, maar as 'n gedeelde tuiste. Die boom is 'n teken wat ons kan bereik indien ons saamwerk," het Daniels gesê.

Die Kaapse Wilgerboom (Salix mucronate) is 'n semi-bladwisselende, vinniggroeiende, inheemse boom wat tot 15 m hoog kan word. Om bome te plant, dra by tot die uitbreiding van die Universiteit se biodiversiteit en is deel van die US se plan vir omgewingsvolhoubaarheid om die koolstofvoetspoor op kampus te verminder. Die biodiversiteitsdeel van die plan is daarop gemik om alle terrein te onderhou en te ontwerp om veerkragtig te wees teen omgewingsverandering en om die biodiversiteit en volhoubaarheid van oop ruimtes te verbeter.

* Die studentgesentreerde, gefasiliteerde Wilgenhof-vernuwingsproses, onder leiding van prof Pumla Gobodo-Madikizela, het ten doel om 'n beslissende breuk met die verlede te maak en 'n nuwe koshuiskultuur te bevorder wat gegrond is op inklusiwiteit, deursigtigheid en gedeelde waardes. Hierdie deurlopende proses is nog nie afgehandel nie.?