中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Sport se verbeterde hokkiegeriewe is gasheer vir 2025 USSA Hokkietoernooi
Outeur: Jamie Wyngaardt
Gepubliseer: 25/06/2025

?Die Universiteit Stellenbosch is Suid-Afrika se enigste universiteitsportterrein wat kan spog met drie waterbasiskunsgrasvelde?

Die 2025 USSA Winterkampioenskap is om die draai en die opwinding loop hoog by Maties Sport. Maties se studente-atlete sal tussen 27 Junie en 9 Julie hul sportvernuf ten toon stel, hetsy op 'n tuiskunsgrasveld of elders in die land in Gqeberha, Pretoria of Johannesburg. Ons spanne wil voortbou op hul prestasies van verlede jaar, nuwe talent vier, en goud nastreef op elke baan of veld.

Die Universiteit Stellenbosch (US) en Maties Hokkie sal van 30 Junie tot 4 Julie meer as 20 universiteite van oral in Suid-Afrika verwelkom om aan die 2025 USSA Hokkiekampioenskap deel te neem. Te danke aan ons nuwe derde kunsgrasveld, sal dit die eerste keer wees dat die A-, B- én C-afdeling op een plek deelneem. Die US is die enigste universiteit in Suid-Afrika met drie waterbasiskunsgrasvelde, en die mans- én vrouespanne sal by Coetzenburg deelneem.

Alle wedstryde sal regstreeks via die SuperSport Schools-toepassing uitgesaai word. Ons nooi egter die gemeenskap in Stellenbosch en omliggende gebiede om die toernooi by te woon en Suid-Afrika se talentvolste studentehokkiespelers te ondersteun. Toegang is gratis en 'n ondersteunerstent sal deur die loop van die week beskikbaar wees met vermaak en versnaperings.

Netbal

Ons Maties Netbal-span, onder leiding van die nuut aangestelde hoofafrigter Sasha-Lee Petersen en haar assistentafrigter Jo Prins, sal van 30 Junie tot 4 Julie in Gqeberha deelneem. Sowel die Superliga-groep in die A-afdeling as die span in die B-afdeling spog met nuwe talent, juniors en ervare spanlede. Die eerste span het verlede jaar brons gewen, terwyl Maties se tweede span uitstekend gevaar het om die finaal te haal, waar hulle 33-42 teen NWU 2 verloor het om silwer te verower.

Rugby

Ons manspan vir die 15's-rugbytoernooi wil hul oorheersing voortsit en sal onder leiding van hoofafrigter Kabamba Floors en assistentafrigter Craig Barry streef na 'n vierde agtereenvolgende USSA- goue medalje. Maties se vrouespan het verlede jaar 'n bronsmedalje gewen by die 2024 USSA Rugby 10's-toernooi en sal hierdie jaar ook in die 15's-formaat deelneem. Die nuut aangestelde hoofafrigter Aneesah Abrahams het haar span vroe?r vanjaar na oorwinning in die Varsitybeker-kompetisie gelei – hul tweede Varsitybeker-titel in slegs drie seisoene. Die rugby-aksie sal van 30 Junie tot 4 Julie by UP-Tuks in Pretoria plaasvind.

Vlugbal en basketbal

Die vlugbalspan sal gelei word deur Antonio en Tersia Rossouw, en die groep sal baat by die ervaring wat hulle op nasionale vlak opgedoen het. Dit sal die span se eerste groot binnenshuise vlugbalkompetisie in 'n lang tyd wees, en aanhangers is opgewonde om hulle van 30 Junie af by die Universiteit van Kaapstad aan te spoor. Maties se mans- en vrouebasketbalspanne sal van 4-9 Julie by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg aan 'n 3x3-basketbaltoernooi deelneem.

Muurbal en pluimbal

Maties se muurbalspanne het verlede jaar uitstekend gevaar. Die A-span het 'n bronsmedalje in die A-afdeling gewen en die B-span het tot die finaal deurgedring en 'n silwermedalje verower. In pluimbal het Maties uitgeblink in die spankompetisie en silwer gewen in 'n naelbyteindstryd teen NWU. Die span het ook brons gewen in die mansdubbels en gemengde dubbels, en 'n silwermedalje verower in die mansenkelstryd. Ons sien uit na nóg sterk vertonings. Die muurbalkompetisie word by Nelson Mandela Universiteit aangebied, terwyl die pluimbalspan in Pretoria by UP-Tuks sal deelneem.

Bly ingeskakel vir wedstrydbepalings, regstreekse opdaterings en artikels oor ons topstudente-atlete. Volg ons hier:

Instagram: https://www.instagram.com/matiessport

Facebook: https://www.facebook.com/SUMatiesSport

Twitter: https://x.com/MatiesSport

SuperSport Schools-stroom: https://supersportschools.watch.pixellot.tv/