?
'n Dekade gelede het die Universiteit Stellenbosch (US) se LaunchLab amptelik sy nuwe deure in wat eens 'n stowwerige meubelherstelgebou was, oopgemaak vir innovasie. Sedertdien het hierdie indrukwekkende besigheidsinkubator gehelp om meer as 35 afwentelmaatskappye op die been te bring, miljoene rande in beleggings te lok en tallose entrepreneurs gehelp om hul besighede te laat floreer. Die US LaunchLab het tereg sy titel as die top-universiteitsinkubator vanaf 2017 tot 2020 in Afrika verdien, 'n toekenning wat deur die Universal Business Incubator Global (UBI) gemaak is.
Hierdie mylpaal is onlangs gevier op 'n feestelike wyse toe meer as 'n honderd gaste kom luister het hoe alles begin het en saam die mense daaragter vereer het, terwyl hulle 'n kykie in die toekoms van LaunchLab se volgende dekade van innovasie gekry het.
Brandon Paschal, die US se Adjunkdirekteur van Afwentelmaatskappye en Fondse, en die Bestuurder van die US LaunchLab; Anita Nel, Hoofdirekteur Innovasie en Kommersialisering; Prof. Stan du Plessis, die US se voormalige Uitvoerende Bedryfshoof, en 'n lewendige paneel wat prof. Deresh Ramjugernath, die US se Rektor en Visekanselier, gemodireer het, het die LaunchLab se onstaan uit gesprekke oor 'n koppie koffie tot 'n volskaalse entrepreneuriese ekosisteem nagespeur. Die geleentheid het ook formeel die LaunchLab CERIBIO bekendgestel, 'n splinternuwe biotegnologielaboratorium wat gebou is om Afrika se volgende generasie biotegnologie-afwentelmaatskappye se oprigting te versnel.
Prof. du Plessis, die gasspreker, het die Universiteit se innovasiereis vertel. Hy het sedert die LaunchLab se ontstana ops die raad gedien het, het prof. du Plessis opgemerk en beklemtoon dat "ons in tien jaar meer bereik het as wat selfs by Wharton in hul vroe? jare moontlik was."
In sy laaste toespraak as Uitvoerende Hoof van die US, het prof. du Plessis vanuit 'n ekonomiese perspektief oor die tien-jaar-lange reis besin. Hy het voortgebou op idees van Thomas Hobbes en Karl Marx en die belangrikheid beklemtoon om ruimtes soos die LaunchLab te skep waar innovasie kan floreer deur struktuur, vryheid en kreatiewe ondernemingsgees. Hy het ook hulde gebring aan Paschal en erkenning gegee aan sy toewyding en praktiese leierskap in die vorming van die inkubator se kultuur en die rol wat hy in die toekoms gaan speel.
“Ons vier julle indrukwekkende eerste dekade, LaunchLab, en ons verwag dat die tweede een ons nog meer gaan verstom," het hy gesê. Prof. du Plessis se nalatenskap, soos dié van die incubator wat hy help stig het, is een van 'n dapper visie en stille vasberadenheid.
Nel en Paschal het saam die hoofrede gelewer wat die hart en die dryfkrag agter LaunchLab vasgevang het. Anita het vertel hoe hulle vir saadbefondsing gepleit het en hoe die inkubator op Facebook geadverteer is met die opskrif “Die Inkubator is oop, enigiemand kan kom". Brandon het die statistieke en uitkomste wat gevolg het, gewys en erkenning gegee aan die afwentelmaatskappye wat die LaunchLab se ruimtes begin vul het, die miljoene rande wat ingesamel is, die wêreldwye vennootskappe wat gevorm is, en die idees wat in beleggingsbare besighede verander het.
Nostalgie tersyde, het die duo baie onthul oor die doelbewuste keuses, die onsekere begin en hul ongelooflike vasberadenheid wat LaunchLab gevorm het tot wat dit vandag is.
“Wat het my die afgelope tien jaar die meeste verbaas?" het Nel gevra. “Dat dit nooit net oor prosesse of geld gegaan nie, maar altyd oor die mense. Mense is wat van alles 'n sukses gemaak het." Sy het na die entrepreneurs in die vertrek gewys en gesê: “Ons moet nooit ophou om hulle te ondersteun nie, want 'n hulle sukses is 'n oorwinning vir ons almal."
Paschal, wie se leierskap en visie sentraal gestaan het tot LaunchLab se ontstaan, het 'n openhartige besinning oor hul tien-jaar-lange reis gelewer en die gehoor daaraan herinner dat die hart van inkubasie nie in flitsende opskrifte gevind word nie, maar in die daaglikse geswoeg.
Hy het die tydlyn nagespoor vanaf die LaunchLab se vinnige opstel in 2015, met CubeSpace met hul eerste ingeboude “skoonkamer" (clean room), en ButtaNutt se gewaagde sprong na inkubasie, nadat hulle meer as R300 000 se neutbotter by die Slow Market verkoop het. Hy het ook vertel van die samewerkende innovasie met maatskappye soos Mercedes-Benz, ATTACQ en Santam.
Teen 2019 is LaunchLab vir die tweede keer deur UBI Global as Afrika se top universiteitsinkubator aangewys. Dit was ook die jaar toe die Stellenbosch-netwerk bekendgestel en LaunchLab se afwentelmaatskappy-portefeulje begin toeneem het. Toe kom die stilte van 2020–2023, na die COVID-19-pandemie, die bekendstelling van die Universiteitstegnologiefonds (UTF), en 'n verskuiwing van 'n private entiteit terug na die US se interne struktuur. Dit alles is strategies beplan sodat die fokus kon skuif na die sukses en groei van die US se portefeuljemaatskappye.
In die jare 2024 en 2025 het die LaunchLab 'n beduidende stap vorentoe gegee. Paschal het met trots gedeel hoe SU LaunchLab, in vennootskap met Stellenbosch Network, begin het om bedryfspesifieke innovasienetwerke te ontwikkel deur middel van geleenthede soos Cape Agritech Connect, wat afwentelmaatskappye help om kli?nte te werf en betekenisvolle vennootskappe te bou. Hy het aangekondig dat die Instant Startup, wat die eerste keer in 2021 geloods is, nou internasionaal gelisensieer is. Intussen is UTF II amptelik bekend gestel, na die suksesvolle ontplooiing van Fonds I, en is gereed om nuwe generasie afwentelmaatskappye met kritieke vroe?stadiumkapitaal aan te dryf.
"Tien jaar later leer ons steeds, herhaal ons steeds, maar die impak is onmiskenbaar," het Paschal gesê. "Die syfers spreek boekdele, met meer as 400 besighede ons ondersteun het, R857 miljoen wat deur afwentelmaatskappye ingesamel is, en 'n geraamde R1 miljard in inkomste wat deur afwentelmaatskappye alleen in 2024 gegenereer is. Maar die ware nalatenskap lê in die gemeenskap wat LaunchLab opgebou het," het hy afgesluit.
LaunchLab CERIBIO: Afrika se Biotegnologie-lanseerplatform
Die aand se tweede optrede het bewys dat LaunchLab se nie-amptelike mantra van "doen dit net" springlewendig is. Met 'n seremoni?le knip van 'n rooi lint het die US LaunchLab CERIBIO sy deure geopen: 'n biotegnologielaboratorium en inkubator wat in vennootskap met die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (CERI) geskep is.
Die LaunchLab CERIBIO is 'n moderne laboratorium en samewerkingsruimte wat toegerus is vir molekulêre biologie, ensiemproduksie en diagnostiese prototipering, tesame met LaunchLab se kenmerkende ondersteuning vir besigheidsbou.
Die laboratorium is nie slegs 'n wonderlike spasie om te besit nie; dit is ge?dentifiseer as 'n behoefte vir biotegnologie-ondernemings in die vroe? stadium wat tans twee kritieke hindernisse in die gesig staar: die ho? koste van laboratorium-infrastruktuur en die gebrek aan vaardighede om navorsing te kommersialiseer. Die US se indrukwekkende afwentelmaatskappye Fluorobiotech, Biocode Technologies en Phagoflux is die eerste inwoners wat toerusting en kundigheid hier deel terwyl hulle baanbrekerswerk doen in die vooruitgang in diagnostiek, ensiemvervaardiging en outofagie-terapie.
Prof. Tulio de Oliveira, Direkteur van CERI en die US se Skool vir Datawetenskap, het opgemerk dat terwyl Suid-Afrika die voortou geneem het in genomiese nasporing tydens die COVID-19-pandemie, het dit agterwe? gebly het in die toegang tot plaaslik vervaardigde diagnostiek en entstowwe. "CERIBIO is hoe ons daardie narratief gaan verander deur biotegnologie-IP op industri?le skaal as eiendom van Afrika te produseer."
Prof. de Oliveira het onthou hoe 'n onbeplande kantoorverskuiwing naby die SU LaunchLab 'n kettingreaksie veroorsaak het. "Wat begin het met koffie-koop by die LaunchLab, het die ontwikkeling van 'n hele ekosisteem tot gevolg gehad," het hy gesê en beskryf hoe vroe? gesprekke met dr. Richard Gordon gou ontwikkel het in 'n gedeelde ambisie om 'n biotegnologie-innovasie-enjin vir die vasteland te bou. “LaunchLab bied die perfekte omgewing vir waardevolle vennootskappe, lok befondsers en 'n vasberadenheid wat nie gaan wag vir die perfekte toestande voordat aksie geneem word nie."
Daardie bereidwilligheid om “net te doen", eerder as om slegs daaroor te gesel, word gedeel deur Este Burger, uitvoerende hoof van Biocode Technologies. Tydens die paneelbespreking onder leiding van prof. Ramjugernath, het Burger beskryf hoe sy gehelp het om 'n nuwe bloedtoets in die mark bekend te stel wat vaskulêre skade in langdurige COVID-pasi?nte opspoor, selfs wanneer dit deur standaarddiagnostiek gemis is.
“Ons kan baanbrekende US-navorsing kommersialiseer omdat LaunchLab en Innovus in ons geglo het lank voordat enigiemand anders dit gedoen het," het sy gesê. “Anita en Brandon het ons die netwerk, die laboratoriumbanke en die vertroue gegee om die globale gesondheidsimpak hier uit Stellenbosch te bevorder."
Chiedza Vushe, voorsitter van Matie Entrepreneurs en stigter van FineApple Pixels, het die tema van vertroue beklemtoon. Vushe het aan die gehoor vertel hoe 'n enkele e-pos wat sy gestuur het, nadat sy na 'n spreker van LaunchLab tydens Nywerheidsweek by die US geluister het, haar aspirasies 'n stewige hupstoot gegee het: “Ek het opgehou om myself as net 'n student te sien en het as 'n innoveerder begin optree."
Prof. Ramjugernath het opgemerk dat Vushe se getuienis die US se mandaat vir 'n "transformerende studente-ervaring" versinnebeeld deur jong talent die denkwyse, die mentors en die middele te gee om werk te skep en ongelykheid te oorkom.
Prof. Ramjugernath het die deelnemers daaraan herinner dat universiteite dikwels worstel met hul rol in ekonomiese ontwikkeling. "Sommige mag argumenteer dat dit nie ons werk is nie," het hy gesê, "maar vanaand bewys ons die teendeel. Wat ons hier bou, die maatskappye, loopbane en oplossings – dit gaan weergalm in die ekonomie en in ons gemeenskappe."
LaunchLab betree nou sy tweede dekade met twee duidelike bates: 'n bewese rekord in die koestering van diep tegnologie-ondernemings, en 'n splinternuwe biotegnologie-enjin wat gereed is om Afrika-wetenskap na die wêreldverhoog te neem.
Vir Anita Nel is die taak vandag net so gewaagd soos in 2014: "Ons het begin deur te vra: Waarom het ons nie 'n broeikas nie? Nou is die vraag: Hoe ver kan ons gaan?"